file Oktober mammies 2010

15 years 4 months ago #180520 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Carmen vertel my van die klere frustrasie! Mare is 'n lang baba, maar sy goed se moue is ook altyd te lank en die voetjies van die babygrows sit onder sy voete! Jet sin is die ergste van almal! Hulle goed is vir baie lang, BAIE maer babas gemaak! Het jy al Pep probeer? Hulle goed is vir my half kort vir die grootte. En hulle het pragtige kleertjies vir die ou kleintjies. Lol vir die Benoni pony! Geeg kans die res sal nog bykom! ;)

Mare het gister bietjie malvapoeding en vla geproe! Hy like dit! Pappa laat hom mos aan alles proe! :laugh:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 4 months ago #180511 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Petro, Xander lyk nogsteeds hunky :-)

Riley se hare het nou begin groei, maar dis baie ligter as wat dit voorheen was...so ligte goue blond kleur. Sy het wel nogsteeds so 'n dun gordyntjie hare agter in haar nek van geboorte af, haar Benoni pony... :laugh: lyk my dit wil net daar bly! :P Anders is die hare maar vir eers redelik dun gesaai :P

Het die naweek paar stukkies klere vir Riley gekoop, maar die kinderklere frustreer my baie! Die 3-6 maande pakkies se toppies is dalk hier en daar bietjie groot, mens moet alewig die moutjies omvou, maar die flippen broekies is myle te lank...skies maar party van die broekies belaglik lank... :angry: Ek moet dit soos 3 keer bo omdraai laat dit nie afval nie. Het by Edgars die mees in proporsie broekies gekry wat actually pas :)

Riley het te lekker gesmul aan 'n tjomp die naweek, maar sy was letterlik van kop tot tome vol chocolate toe sy klaar is. Haar hele gesig was vol gesmeer!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 4 months ago #180497 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Aag jinne Petro! Hy lyk so cute! Voor jy weet is die haartjies weer langer! :P

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 4 months ago #180492 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Shame Gerne, gelukkig het Regina die vrymoedigheid om met jou te praat. Moenie oor Henko bekommer nie, dit sal hom goed doen om tussen maatjies te wees. As jy jou oe uitvee, het hy al sy skaamheid verloor. Ek het juis nou die dag gewonder hoe kom jou Regina en Anina se Paulina by alles uit! Dis rof om na twee kleintjies om te sien en nog 'n hele huishouding te doen ook!

Carmen, Yay vir die president! :woohoo: Baie geluk met haar mooi vorderings-verslag! Haastige dogtertjie! Genade ek kan nie glo sy loop al amper nie!!! Eina vir daai kopstamp! Die ouma's het darem geluk gese vir m'dag.

Ek het ook 'n huishulp eenmaal 'n week. Tot dusver cope ons nog goed so. Sy maak net huis skoon en stryk, ons was self die wasgoed.

Carmen die klomp swanger vroue moet iets met al die reenweer te doen he! 'n Vriendin is nou op amper 37 die eerste keer swanger. Siestog, sy ly aan erge skok! Het lekker vir haar gelag! :P

YAY vir die vakansiedag! Ag ek het soveel goed wat ek daardie dag wil doen! :ohmy:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 4 months ago #180489 by stella
Replied by stella on topic Re: Oktober mammies 2010
:(((((

[link=http://lilypie.com] [/link]
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 4 months ago #180485 by stella
Replied by stella on topic Re: Oktober mammies 2010
my hart is baie seer oor die af koppie - gelukkig groei sy hare baie vinnig . het dit al twee kere van te vore gesny - nie so kort nie

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 4 months ago #180473 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Gerne, dankie, sy gaan dalk eendag President ook wees :-) Grappie net! ;)

Aai Gerne, dis 'n moeilike ding, maar dis seker maar vir vir 'n doel! Ten minste is Regina eerlik genoeg met jou en skeep sy nie net haar werk af omdat sy nie by alles kan uitkom nie :) R1200 'n maand is ongelooflik billik!! Henko gaan fine wees, inteendeel ek dink hy gaan soveel pret he! Alles sal uitwerk soos dit moet vriendin :kiss:

Ons het 'n bediende een maal per week, maar, ek moet haar maar meer gereeld kry een of ander tyd...

Die mense raak alweer swanger hier by die werk asof dit uit die mode gaan :blink:

So daar is vlg Woensdag nou nog 'n vakansiedag :woohoo:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account