More julle!
Petro Xander is so mooi ou seuntjie! Ek sal daai bekkie sommer op soen! Dis lekker as hy so vroeg al gaan slaap, dan kry jy en pappa bietjie tyd saam! Geniet dit!
Melody hoop jy het die movies geniet! Oor moedersdag gaan ek liewer NIKS se nie! Ek het al beter Sondae beleef! Bly Kayla eet beter! Dis blykbaar nou Mare se beurt om sleg te eet! (SUG) Hy peusel net aan sy kos, eet nie eers die helfte van wat hy gewoonlik eet nie.

Drink ook nie vreeslik melk nie. Hoop hulle maak jou 'n goeie aanbod vir daai pos!
Dankie vir die gebede Anina! Ek bid baie hard vir hierdie pos! Hoop jou moedersdag was beter as my en Melody sin! Sterkte met jou onderhoud Woensdag as ons dalk vergeet! Ek dink ek het nou 'n erger "mushy" brein as met my sangerskap!
Gerne klink of julle 'n heerlike naweek so almal saam gehad het! Hoop al die mammas is bederf!
Dames ek gaan beslis die pruime probeer! Sy magie is darem beter, maar nog nie 100% nie. En sommer probiotics ook.
Geniet die dag! Ek hoop die week is nie te lank nie!