file Oktober mammies 2010

15 years 4 months ago #180462 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Ja anina, die skool gaan R1200 ekstra wees wat ons mos nou nie gewoont is nie. dit sluit darem alles in.

my man wou ook net he hy moet 3dae per week gaan maar die skole waarna ons kyk doen dit nie. dis net halfdag (wat R100 minder is as voldag) of voldag. Ek dink ook dis beter as hy skool toe gaan want as ruben begin kruip gaan regina nog meer sukkel want dan is dit bedrywig en as hy loop moet sy mooi kyk dat hy nie seer kry nie. so ja, dit is maar vir die beste.

Carmen, ek sweer sy gaan die kind wees wat ek nog ooit geken het wat so vroeg loop (jy weet dit gaan binnekort wees)

Anina, jou girly ook, shoe man sy is so klein en staan al op!

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 4 months ago #180448 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Petro, jy't 'n oulike man!! Hoop daai haartjies groei vinnig weer! Sit bietjie 'n foto op van die kaalkoppie.

Christa, shaim man, ek dink jy moet vlg jaar vir jouself 'n voucher vir 'n spa koop vir moedersdag en dan vlug jy net die dag en laat al die res sien kom klaar!!

Carmen, die laat los is die normale volgende stap in ontwikkeling. Sy gaan een van die dae tussen meubels begin stap!! Claudia het ook gisteraand begin om om die koffie tafel te skuifel. Lyk my ons ou dogtertjies is vreeslik haastig!

Gerne, ek verstaan jou probleem!! Die twee kids en al die wasgoed en huiswerk is net te veel vir een bediende. Ons het dieselfde probleem. Ek wil graag vir Stefan van volgende jaar af 3 keer 'n week na 'n skooltjie toe stuur. Maar in die tussentyd het ek een van Paulina se vriendinne gekry om op Vrydae te kom help. Paulina was deur die week alles, en dan kom Louisa op Vrydae en stryk vir die eerste span. Die ekstra paar hande help baie, hulle kry die hele huis spotless voor die naweek. En dit kos heelwat minder as kleuterskool.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 4 months ago #180430 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Ag moeder Petro! Ek kan dit nog nie oor my hart kry om aan Mare se haartjies te raak nie! Daar is nie veel nie, maar dit maak nou sulke sagte "ducktail" krulletjies op sy agterkop. Siestog dis dan hierdie wild vreemde ding op sy koppie! Waardeer jou man! Die herinner is niks! Minstens het hy darem iets gedoen!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 4 months ago #180429 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Ag te lekker Petro, klink of jy 'n baie lekker Sondag gehad het!

Christa, toemaar, mans kan partykeer baie onsensitief wees...het hulle almal vergeet jy is ook 'n moeder? :S

Ek was darem heel verbaas, my man het boggerol gedoen vir M-dag, maar ek het baie sms'e gekry van soos my swaer en my skoonsus en vriendinne om my geluk te wens B) so dit het darem gehelp om my meer spesiaal te laat voel B)


Gerne, ek dink ook Henko het dalk die rekkies uitgekies, maar as Tim het, good for him :laugh:

Anina, ja nee, ek wag ook maar eerder nou net geduldig vir daai tand om te verskyn, miskien kry Riley hom voor sy 1 is :laugh:

Riley het haar 6 maande vorderings verslag by die skool gekry en dit lyk baie goed.

Ag dis baie basic, maar het al die soorte mylpale op 6 maade en dan verduidelik dit hoe ver sy is met elk. My poppie is effens voor :P

Die rakker het nou 'n nuwe ding begin doen die naweek. Sy staan mos op teen alles en dan loop sy so skuins langs ie bank af bv. Maar nou begin sy net die goed los, en dan staan sy alleen vir so 2 sekondes en dan ploeter sy neer :laugh:

sy dink seker sy kan haarself balanseer!

O mense, sy val lekker rond, het nou die dag in die kot neergeslaan en toe so lekker rooi kol op haar voorkop gehad soos sy die kant van die kot geslaan het, was so funny, want ek sien hoe slaan sy neer, ek dog daar gaan 'n groot huil kom, want dit was DOEF! Maar daar kom sy weer op en lag net en smile te breed! :laugh:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 4 months ago #180428 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
ag julle, ek wil eers vertel. my hartjie is sommer seer :(

Ek en Regina het vanoggend gepraat en sy sukkel bietjie met die 2 kiddies en die groot huis so ons moet.... either die helfte van die huiswerk oorneem of Henko skool toe stuur :( :( :(

ek weet skool is 'n goeie ding en henko het dit beslis nou nodig maar... hy en sy ou boetietjie sou saam groot geword het by die huis, heeldag lekker gespeel het en en. Nou moet hy dalk skool toe gaan. ek wil net huil as ek daaraan dink. EN ek sal seker 'n maand moet afvat net om hom in die skool te kry want hy is so skaam kind en klou vas aan sy ouers. ai tog

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 4 months ago #180423 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
christa, dit is darem nie lekker om so te wag om te hoor nie ne.

petro. lol vir die knip ekspedisie. shame man ou x. maar nou gaan jy LANK wag vir 'n nuwe bos hare hoor. die haartjies vat gewoonlik baie lank om uit te groei.

Henko was so VET gewees op 8mnde toe ons sy hare gesny het, jis hy het funny gelyk. ek sal dit ook nie sommer weer doen nie.

ruben se hare groei net op een patch bo op sy kop. kan dit al met 'n strikkie vas maak maar die res groei nie!

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 4 months ago #180388 by stella
Replied by stella on topic Re: Oktober mammies 2010
hallo julle

Gerne - geluk met Ruben se tand - ek het net so aan gegaan oor Xander se tamdjies

ek het gisteraand sy hare bietjie gesny. want van die punte is lank. maar agterop sy kop is n kaal kol van uitslaap - toe se pappa ons moet sommer knipper deursit dans alles mooi kort en kan weer groei - toe gaan die knipper halfpad dood. SO nou ja - xander lyk snaaks - het darem nou nou klaar gesny - maar hy huil vreeslik vir die geraas - my hart sommer seer - hou nie van die kort hare nie - hy lyk soos n kankerkoppie !! maar dit sal seker nou darem mooi uitgroei

my man moet dan seker punte kry vir sy efforts - choclates, magazines en badgoed weggesteek in die bed toe ek badkamer toe is. Koffie in die bed en lekker middag buffet by eetplek - ek sal ophou moan. moet byse ek het hom vroeer die week herinner dis moedersdag

ok julle ek moet bietjie werk

lkr dag almal

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account