Sjoe Anina! Amper ontaard jul avontuur in 'n nagmerrie! Baie bly julle is darem veilig tuis, al is dit nou nie heeltemal in een stuk nie! Dalk moet jy maar dat die dokter kyk dat alles reg is met jou knie. Onthou jou knie moet nog sowat 50 jaar jou lyf ronddra. Dis darem swak kommunikasie van die mountain club se kant af! Dis mos lewensgevaarlik! O ja, ek het vergeet, mens se lewe is mos nie veel werd in die ou landjie van ons nie.
Bly die kids het die waterpokkies geskip! Sou nie lekker wees om met jou seer lyf nog twee kleingoed ook te versorg nie! Dankie tog vir klein genadetjies!
Manlief het aanvanklik na die Solarhart sisteem gekyk. Dis klaarblyklik die "rolce royce" van die goed, maar dis bietjie DUUR! Ons praat van sowat R 38000 (ja jy het reg gelees agt en dertigduisend rand) minus die Eskom rebate wat op die spesifieke sisteem R 12000 is. Dus R26 000. Die rebate word bereken volgens die effektiewe besparing wat die tipe sisteem gaan gee, so elke sisteem verskil. Ironie is, die rebate verlaag op die 1ste Mei. So ons moet more besluit en koop. Maar die goedkoopste sisteem wat nie "scrap" is nie, is sowat R 18 000. En dan is die rebate daarop in die omgewing van R 4000. Die Solarhart het glo 'n bespraing van 50%, dus is dit baie goed. Die Switsers vervaardigde sisteme is die beste. Die Solarhart word in Australie gemaak. Ek sal jou later laat weet wat ons ingesit het en dan sommer enige inligting wat ek het e-mail. Piet het omtrent huiswerk gedoen oor die goed, hy dreig nou al 2 jaar om so sisteem in te sit, maar wou dit ook nie onnodig doen nie. Nou is ons geforseerd! Ons probeer ook so groen as moontlik leef. Bespaar om elke hoek en draai waar ons kan. En met die dat krag nou so buitensporig duur word, het mens geen ander keuse nie!
Van vroeg uitglip is daar ongelukkig geen sprake nie! Ek moet vir Piet wag en hy gaan eers so 16:30 (huistoegaantyd) hier wees, so ja . . . .