file Oktober mammies 2010

15 years 6 months ago #179725 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi mammies

ek het net vanoggend aan dieselfde ding gedink, ons is nou so min oor :(

Maar ten minste is ons nog ne :woohoo:

Ruben het ook gisteraand 2keer wakkeer geword, ek het sy roetine met bottels bietjie probeer verander maar dit het nie gewerk nie.

Petro, moet jy nie dalk probeer vir X langer in die dag wakker hou nie? dalk is hy nie moeg nie?

Gelukkig sal dit ook oorgaan (glo ek), maar ja, party kiddies slaap vir jare nie deur nie :blink:

Christa, baie sterkte met die onderhoud, ek hou vir jou styf duime vas.

Anina, hoop jou oog voel gou beter.

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago #179710 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
hi dames

Shame, Anina, hoop daai oog word gou beter!

Christa, sterkte met die onderhoud, vertel ons asb. goeie nuus! :woohoo: Anina, hoe gaan dinge met daai ander pos waarin jy belangstel?

Aaai, hoop almal kan vir 'n slag bietjie ordentlike slaap inkry! Riley was rustiger gisteraand, sy het vas geslaap net so 3:00 begin kerm en toe sit ons haar in ons bed, en daar slaap sy toe lekker vas.

Ja nee, ons word by die dag stiller. Dis net 'n handjievol van ons wat nog gesels. Janine is ook baie stil :( Ag wat, ons klompie gesels darem heerlik, dis al wat saakmaak B)

Dankie oor die eier, ek het self gewonder! Sal dit ook een of ander tyd probeer. Gee julle dan scrambled eggs vir hulle?

Gaan nou aansoek doen vir lening, maar die bond originator se die banke is maar vol stront! Soos bv. hulle doen nie eers aasoek by Absa nie, want Absa verlnag standaard 20% deposito.

Dit maak my vies, dis my bamk en hulle bied nooit niks vir iemand nie! Toe ek my kar gekoop het, het hulle ook die slegste rentekoers gegee, weet nie hoekom mens by jou eie bak bly nie.

Blykbaar is Nedbank heel ok, kom ons hou maar duim vas alles werk uit soos dit moet! :huh:

Ek moet nou amper Menlyn aanpak, het goed vir die werk om te gaan koop en ander goed, en moet by die bank uitkom, sien nie uit nie, ek HAAT Menlyn!

Anyway, chat later!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago #179649 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Dankie Anina!

Ek dink jy kan chocolate fountain chocolate gebruik. Dit set ook mos soos moulding chocolate. Ek het nou die dag gesien Fruit & Veg verkoop ook groot plakke moulding chocolate. Het ongelukkig nie die prys gekyk nie, maar dis nie die duur soort nie. Ek dink dis omtrent 400g en dis in wit, melk en karamel sjokolade beskikbaar. Kan nie regtig aan iets anders dink nie. Toets maar 'n klein bietjie van die fountain sjokolade.

Ek mis ook al die baie gesels!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago #179644 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Christa, sterkte vir die onderhoud!! En kom vertel ons meer.

Die dame in ons kantoor het vir my allergex oogdruppels gegee, dit help baie.

Ek mis ook die ander, geen idee hoekom Elise nie meer hier uitkom nie en as Ralmarie kan fb is haar internet seker ook weer reg. Hopelik kom join hulle en die ander ons weer. Ons groepie was altyd so bedrywig maar raak nou vreeslik stil.

Kan mens chocolate fountain chocolate gebruik om chocolate moulds van te maak? Ek koop altyd melting chocolate by 'n winkeltjie in Pretoria, maar ek kry nie dieselfde goed teen billike pryse in Johannesburg nie. En ek moet vanmiddag chokkies maak wat die kids vir moedersdag verkoop more. Ek kan nie vanmiddag deur ry pta toe om te gaan koop nie, maar ek sukkel my vrek om hier te kry. Enige idees??

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago #179624 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Oe Anina, EINA vir jou oog! Hoop dit voel sommer gou-gou beter! Het jy darem iets wat jy kan aanwend? Bly die kids was vir mamma genadig laasnag! As ek ook net so een goeie nag in het, voel ek ook weer beter.

:woohoo: Ek het so pas gehoor van 'n werks-onderhoud waarvoor ek more gaan! Sal later kom vertel, dis 'n admin pos. Sal maar sien wat bied hulle aan! :woohoo:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago #179596 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle, ek sien ons klompie raak daagliks stiller! :huh: Wat het van almal geword? Elise en Ralmarie fb net, Helene en Nelita is skoon van die map af, Annalize het heeltemal verdwyn.

Petro ek raak ook elke dag meer knorrig met hierdie min slaap! Mare het nie weer gesels nie, hy het die hele nag so gekerm-huil. Ek is sommer raadop! Hy is die vriendelikste gaafste baba-seuntjie deur die dag, maar die nagte . . . . Hy sukkel bietjie met hardlywigheid, maar nie te ernstig nie. Kan dit dalk dit wees? Sy tandjies pla ook bietjie, maar is nie koorsig of siekerig nie. Ai tog! Van "sleeptraining" praat ek liewers glad nie. :blink:

Anina Stefan het gedink hy help vir Mamma eiers oopbreek vir ete! :woohoo: En hy kan mos nog nie tel nie. toe breek hy maar almal oop! :laugh: Is Claudia ook nie lus vir slaap nie? Wat gaan met die kleingoed van ons aan?! :S

Ag nee Melody, jy ook! Ons moet ons thread se naam verander na die "minslaap mammas Oktober 2010". Het jy al probeer om vir Kayla kossies in haar handjie te gee dat sy self eet? Iets soos 'n aartappel wedge of 'n wortel? Is daar enige kossies waarvan sy hou wat sy maklik eet? Meng dit dan met van die ander wat jy vir haar gee. Omtrent so 2 derdes van dit waarvan sy hou, met een derde van die ander. Jy gee nie dalk kossies wat gas opbou nie? Blomkool is byvoorbeeld uit tot hulle groter is. En dan uie en so aan. Ek lees oral dat dit reg is om op 8 maande met eier te begin. Die eerste 3 dae eers net die geel, daarna kan jy die wit ook begin gee. Dis om te toets vir allergie. Mare het al eiergeel gehad, en ek is lus om maar dit vir hom te begin gee. Glo nie dit kan kwaad doen nie.

Hoop julle loer darem iewers in, al is julle moeg en besig.

Lekker dag! :)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago #179590 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi daar!

Petro, hoe was jou nag? My kiddies was my weereens genadig, Claudia het so 11uur gedrink en toe weer geslaap tot 6 uur vanoggend. En Stefan het deurgeslaap nadat ons hom net een keer moes terug vat bed toe.

Ek het 'n lelike infeksie in my een oog, die ding is amper toe geswel en ek voel of ek soos "the bride of chucky" lyk. Ek het nogsteeds ekseem op my ooglede en ek dink van die velletjies het in my oog ingekom toe ek hom gevryf het, nou lyk dit asof Johan my katswink geslaan het!!

Melody, as ek reg onthou begin mens op 9 maande met eier geel en na 'n jaar met eier wit. Die masels inspuiting is gekweek op eiergeel so jy hoef net dit te intruduce voor die inenting om te sien of die kind daarop reageer. So ek sou se begin met eier geel rondom 9 maande en gaan so 'n week later vir die inenting. Inentings hoef nie op die dag en datum wat die kind 9 maande oud word gegee te word nie, dis sleg 'n guide sodat mens 'n idee het van wanneer wat kan gebeur.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account