file Oktober mammies 2010

15 years 4 months ago #179857 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo julle oukies

Riley het baie beter gisteraand gedoen, sy het al half 7 aan die slaap geraak, toe word sy kermrig so 12 uur, het bottel verslind en daar slaap die dametjie tot 6 uur vanoggend. Ek begin al meer glo dat daai snaaksigehid van haar wel night terrors is.

Dankie julle, daar is bond originator wat vir ons gaan aansoek doen by die banke, so ons gaan maar duim vashou! Sal julle op hoogte hou!

Het more my niggie se seuntjie se 3 de bday part by Jingle Jange in Moreletta Park. Het toe vir Brother Bear dvd gekoop, dis wat hy wil he.

Petro, bly Xander is so mooi gesond! B)

Julle moet almal geseende daggie he, ek loer nou nou weer in x

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 4 months ago #179840 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
hi

Ons het ook 'n beter nag gehad!!! Ruben het soos altyd sy bottel 8uur gekry toe hy gaan slaap het, nie eers 'n kwart daarvan uitgedrink nie. half drie wakker toe gee ek sommer vir hom die ou bottel en toe weer geslaap tot vanoggend. so sy nag bottel het nog op die bedkassie gestaan vanoggend :)

ag en hy was so vriendelik gisteraand. hy kan homself kraak vir sy ouboet hoor. dis te koslik. lyk sommer asof hy opkyk na sy boetie.
en Henko geniet dit vreeslik as hy so vir boetie laat lag want dis mos lekker aandag van orals af :lol:

Petro, ek is so bly jy het 'n beter nagrus gehad. ja jong, van my vriendinne se kids wat so oud is soos henko drink nou nog 2 of drie bottels per nag. So moet nie te haastig wees nie. hulle word mos maar honger in die nag. en veral nou dat dit winter is... ons almal eet meer in die winter.
Bly alles het goed afgeloop by die dr.

Melody, dink jy sy is nie honger nie of hou net nie van die kos nie? kry sy baie melk?

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 4 months ago #179832 by stella
Replied by stella on topic Re: Oktober mammies 2010
hallo julle


ons het darem n beter nag gehad ! boeta geslaap van 10 - 2 , vinnig gedrink en toe geslaap tot 5 in sy eie bed

voel beter vanoggend

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 4 months ago #179802 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
My dae is nou weer so besig dat ek net tyd in die aande het om vinnig in te loer.

Ek het gestraand gedroom dat Kayla deur geslaap het en toe maak sy my wakker 2:30r...lol en weer 4:30

Christa, sy maak haar mond toe vir alles-selfs die kossies wat sy vantevore van gehou het...ek gee nog skaars enige groen groente-bly maar ng by die basics- het sover net eintlik ertjies by gegee en nou ook hoeder...maar dit maak nie saak wat ek gee of wanneer nie-sy hou haar montjie dig toe.

Aai julle-kom ons hoop vir n beter aand vannaand-eks gedaan!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 4 months ago #179767 by stella
Replied by stella on topic Re: Oktober mammies 2010
hallo julle

ons het darem beter geslaap - nog nie goed nie maar beter

carmen ek ook by absa en my man by nedbank. ons het laasjaar n kar gekoop en nedbank het ons toe gehelp met rentekoers van 8 . dit was baie beter as enige ander plek

xander was vandag vir sy 6 maande checkup !! hy was gister 28 weke. so bietjie laat. hy weeg 8.75kg en is mamma se kortgat van 69cm. dokter se hy is perdfris en gesond - se ruggie is baie mooi sterk en se dis doodnormaal dat hy nog 2 bottels in die aand drin k- so die 10uur en 2 uur feed is reg. hy se ek moet glad nie probeer minder, flouer en water gee nie. hy verwag dag dinge op 9 maande def sal verander , maar kan selfs to 12 maande nog normaal wees vir party babas om in die aand te drink. hy se party babas het vinnige metabolisme en het baie keer minder melk nodig. want xander drink nooit meer as 1200 - 140 ml op n feed nie.
sso ja hier gaan ons - ek gee ni om oor die melk gee nie - hy moe4t net doodslaap tussenin

ek is vir die 3de aand alleen - dit suck - manlief slaap darem by die huis - maar kom eers so 12uur in

lekker dag vir julle - sal later vir elkeen n boodskap stuur

p

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 4 months ago #179750 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
o ja, Ruben het al eier geeet. kan nie onthou wat ons gedoen het nie maar iets vreeslik lekker en henko het toe geeet - en hy is nie lief vir eiers nie - toe gee ons vir Ruben en hy het geeet. na die tyd se ek eers vir my man, o gatta moes ons hom nie eers getoets het nie toe se hy wel dis nou sommer sy toets. en ja hy het nie uitgeslaan of iets nie so hy is okay!

Carmen, wat van fnb? ons het reg gekom daar met 100%

nou dat ek daaraan dink... ons het almal te lekker gesmul (die kids ook en Ruben het omtrent gesuig) aan 'n vet stuk biltong. Henko het paar keer wakker geword en gevra vir water - nou wonder ek of Ruben nie ook dors was van al die sout nie? !

lekker aandjie almal. hoop jul kry bietjie gerus vanaand

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 4 months ago #179742 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Dankie julle! Sal kom vertel wanneer ek more daar was.

Carmen al my simpatie met Absa! Ek het groot geword met Volkskas wat toe mos later Absa geword het. Was nog al die tyd daar tot 2009. My bank-koste het al meer en meer geword toe begin ek bietjie navors. Ek is nou 'n baie gelukkige FNB klient! Hulle bied puik pakette aan. Al wat by hulle duur is, is die kredietkaart fooie. Die het ek by Absa behou, maar die kredietkaarte word mos deur 'n onafhanklike instansie gedra en het eintlik niks met die bank self te doen nie. My man is weer 'n baie tevrede Standard bank klient, maar hulle kon vir my nie FNB fooie troef nie. O ja, twee van die mans wat hier by ons werk het deur SA Home loans huise gekoop. Hulle was baie gelukkig met die diens en pakette wat hulle gekry het. Besluite besluite!!! Sterkte! Alles sal uitwerk soos wat dit moet! Jy het mos self gese kyk op na bo en glo!

Ek sal na die aanvanklike eiergeel sessie oorslaan na roer-eiers. As jy dit met 'n spaan omroer en nie met 'n vurk nie, is die eier redelike groot stukkies en behoort hul handjies dit ook maklik te kan vat. Baie mense roer dit met 'n vurk, dan is dit omtrent soos krummels. Ek sal te bang wees vir verstik. Bly Riley slaap bietjie beter! En sterkte vir Menlyn!

Hi Anina ja, ons het almal skoon vergeet van jou onderhoud!
:blush: Wat het toe gebeur?

Gerne bly dit gaan nog goed met julle! Ja, die klitse hou nie van veranderde roetines nie!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account