file Oktober mammies 2010

15 years 5 months ago #175944 by stella
Replied by stella on topic Re: Oktober mammies 2010
hallo julle

so jammer ek is so skaars, dis net vrek besiog by die werk en ek hol rond

dit gaan goed - het sondag xander gedoop - was baie special - sal later vertel

hoop dit gaan sommer baie goed met julle almal

[link=http://lilypie.com] [/link]
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #175916 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Carmen, my een vriendin se babatjie het dit sommer gereeld gekry! Dit is darem nie so erg nie. Masels het ook mos 'n tydperk van aansteek - dink 3 dae voor die uitstlag - ek is nou glad nie bekend met baba masels nie maar dalk is dit dieselfde en dan is die skade klaar gedoen, so stuur haar maar weer :) Gee maar vir haar pynstropies jong, en sterkte vir jou!

ek sal net bid dat niemand se babas (veral klein) gewone masels kry nie. Ek het nou nog nie met waterpokkies te doen gekry nie maar 'n 9mnde oue baba wat masels het is GEEN grap nie. my oe raak sommer tranerig nou nog as ek dink hoe hy gelyk het, saggies gehuil het van pyn en gesukkel het om asem te haal. :( ai mamma dis nie lekker nie.

Anina, ek kan nie glo van die varke nie. dis skreeu snaaks. sherbet man sterkte met die goed :silly:

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #175848 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Jip, dis blykbaar aansteeklik, maar ag wat kom ons check maar wat gebeur!

Ek het nog nooit eers remotely probeer om 'n instrument te kan speel nie! Verwonder my altyd aan mense wat kan!

Gaan bietjie vroeer loop vandag...net omdat ek lus is :laugh:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #175809 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Ek dink die goedjies is meestal maar aansteeklik, nie seker nie... maar dit beteken natuurlik dat sy reeds vandag aansteeklik is, en by die skool is... oops.

Jip hy het vrek baie kitare. Hy het 2 gewone klassieke kitare, 1 accoustic bas (baie skaars item), 'n gewone elektriese kitaar, 'n elektriese bas kitaar, nog 'n accoustic wat dubbel snare het en een of ander famous musician se ou elektriese kitaar wat nie meer werk nie, maar mooi lyk in die bar en baie kos om te verseker!!!

Ek het 'n probleem met een van my vingers op my linkerhand, ek het die senuwees en ligamente geskeur as kind, nou het ek nie beheer oor die laaste lid nie. Dit maak dat ek nie akkoorde op 'n kitaar kan druk met my linkerhand nie, en Johan belowe my al van ons ontmoet het, hy sal een kitaar vir my anders om string sodat ek met my regterhand akkoorde kan druk en my dan leer speel. Maar ja, ek wag nog daarvoor... Die kitaar waarin Stefan al sy karretjies wegsteek is die een wat eintlik blykbaar myne moet wees, maar sy G-string is al vir die laaste jaar af...

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #175797 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Ok, maar as sy dit het, kan ek haar seker nie skool toe vat nie... :(

Genade, maar Johan het baie kitare!

Ek is nie lus vir werk nie, ek dink dis die weer...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #175723 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Carmen, sover ek weet is baba masels, maar net 'n term vir uitslag wat babas kry wat nie regtig 'n defnitiewe oorsprong het nie. Dit gaan gewoonlik met 'n ligte of meer ernstige koors gepaard, maar kan ook geen koors tot gevolg he nie. So as ek jy was, worry ek nie daaroor nie, hou haar maar net dop en check haar koors gereeld. As sy koors het, gee vir haar iets daarvoor, as dit erg raak, vat haar dokter toe.

Ek wag nogsteeds vir die waterpokkie uitslag om te arriveer. Hulle behoort teen die naweek uit te slaan, Stefan is effe moeilik, maar hy sny ook alweer 'n oogtand so dit kan maar daarvan ook wees.

Ek het selfs 'n paar muntstukke en skroewe in daai kitaar gekry. Johan het 7 kitare en het daai een lanklaas gebruik, so hy gooi seker al maande lank goed daarin.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #175706 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle

Oraaitie, vanoggend notice ek klein rooi kolletjies op haar magie, maar ek steur my nie veel daaraan nie, want dit kan maar net 'n uitslaggie wees. Sy was gisteraand redelik onrustig en geirriteerd.

Die juffrou by die skool het my gebel en gese die kolletjies is nou meer en op haar ruggie ook, maar dis nog nie by haar oortjies of nekkie op nie. Maar sy voel glad nie koorsig nie??

Het my dr. gebel en hy het gese dit kan Baba masels wees , maar daar sal 'n koorsigheid wees en dit sal op versprei na die nekkie.

Die juffrou se sy sal haar daar hou en monitor hoe maak die kolletjies, maar vir nou speel sy 'n hond uit 'n bos uit???

Dink julle dis regtig dalk baba masels? Die dr. het gese as ek worry, dan bring ek haar met liefde in en ons check net?

Blykbaar behandel hulle dit met Pnado en Ponstan, dit gaan eintlik maar net vansself oor binne so 3 dae.

Lekker lag en vir die goeters wat alles in die kitaar beland :laugh: Hulle i sdarem ook maar slim!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account