file Oktober mammies 2010

15 years 5 months ago #175705 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
More!

Ja, die weer is nogal lekker, nie te koud nie en nie te warm nie. Hoop net nie die wind begin waai nie, dit het gisteraand op die Drakensberg gesneeu, so as die wind van daar af waai gaan ons vrek van die koue hier in Jhb.

Ek dink ook 80's musiek is die beste!!

'n Kleuterskool in ons omgewing het vir ons skool 2 "baba" potbelly pigs geskenk. Hulle het vir ons gese hulle is nog klein babatjies wat nou net gespeen is. Maar toe hulle die goed gister hier kom aflaai, is dit HUGE varke!!! En dit lyk of die een dalk dragtig is!!! Ons het aanvanklik gedink ons sal hulle saam met ons hasies in 'n hok kan sit tot ons vir hulle hul eie hok gebou het, maar toe is die goed so groot, die arme hase sal vertrap word, en hulle sal die hasies se heining ook sommer maklik afbreek. Nou loop hulle maar hier rond tot ons vir hulle 'n hok kan bou.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #175633 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
mornings

hoe lekker is die weer nie he!

Shoe carmen, jy is lucky met die kleertjies ne.

Anina, dankie dat jy my reggehelp het! nou sal ek onthou. Ek lag lekker vir jou stoutgat wat alles in die kitaar gooi :) te cute man.

Melody, Kayla is ook lekker lank ne! Ja jong, die mans kan as hul wil maar as mamma terug is dan is hulle kamstig doodmoeg en moet rus :)

Henko se koors was gisteraand 38,5 en vanoggend 38,2. hy het nie hoes snotneus of niks nie, net koors. ek haat koors, ek worry so oor hom. Ruben het weer pragtig geslaap, wens dit kan vir altyd so wees :)

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #175552 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
so, Kayla weeg 8.2 en is 70cm lank - paed se dis perfek- hy se sy is nie te maar of te vet nie. hy se daar is net nog bietjie slympies op haar bors en het vir my n nuwe hoes stroop gegee om van die laaste bietjie slym ontslae te raak.

Christa eks n dag voor julle 2, eks die 15de....en ons huweliks herdenking die 11de so my man is bly want hy hoef net Oktober te onthou_ha-ha

julle ek het Sat vir Eddy net vir n klein rukkie by di huis gelos met Kayla, en toe ek terug kom toe se hy vir my net n ma kan so iets vol tyds doen - en dit was nie eers 2 ure nie. die beste deel is, hy is eintlik n baie hands on pappa - daar is niks waarmee hy nie sal help nie.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #175531 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Jy maak 'n fout Gerne, Ruben is net 'n week ouer as Claudia!! Hy is mos OP my due date gebore, en toe loop ek nog 'n week ekstra.

Stefan se klein karretjies en puzzle stukkies raak so met die tyd saam weg. Toe vang ek hom nou net dat hy goedjies in Johan se kitaar ingooi. Toe ek dit ondersoek vind ek 2 helikopters, 3 karretjies, 2 puzzle stukke en 'n klomp ander odd goedjies in die kitaar. Wat 'n mission om dit daar uit te kry!!! Johan gaan nie baie happy wees nie, maar ek het hom gese hy moet die kitare wegsit iewers waar Stefan dit nie in die hande kan kry nie...

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #175530 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Christa, my ma dink ek is so 07:00 die oggend se kant gebore!

Gerne, lekker lag ek nou vir daai klere wat nie pas nie, ek kan dit net imagine in my kop, hoe die beetjies nie kan reguit nie. :lol:

Riley pa nou in 3-6 maande, yippee!!!!

Ok, lekker aandjie, ek gaan nou oppak sodat ek betyds vir Riley kan optel.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago - 15 years 5 months ago #175529 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
LOL Anina, bly jy het nog nie 'n wurm ontmoet nie :) Claudia is 'n goeie gewig! sy is 2 wekies jonger as ruben en Riley 2 weke ouer, maklik om te onthou!

Agnee, so die kliniek dink ek gee nie vir my kind reg kos nie....omdat ek staatsinspuitings doen :angry: LOL

Ruben se 6-12mnde pakkies se knope spring onder by die bene oop, dis nie oor vet gyt nie, ek dink sy bene is te lank vir die goed. want as ek die knope probeer vasmaak dan kan hy nie sy bene reguit maak nie en as hy doen, skiet hulle oop :ohmy: Dalk moet ek sommer die 6-12mnde kas heeltemal skip en die 12-18m klere uitpak.

Christa, jy onthou goed LOL ek kan niks van my geboorte onthou nie :silly:
wonder op watse dag is ek gebore.

Carmen, klink my jy gaan groot makietie hou!

wel my man het gese hy soek iets KAASERIG vanaand so ek gaan maar regte mac & cheese maak (met bacon in), ek het dit nog nooit gemaak nie so ek gaan dit try vanaand!

lekker aandjie almal

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #175523 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi daar!

Melody, jy en Kayla het pragtig gelyk!! Baie geluk met die inseening!!

Ja, ek is verbaas met hoe goed Johan gecope het, nou wil hy sommer 'n stay at home dad word... hoe hy dink ons sal op MY salarissie oorleef weet ek nie.

Dankie vir die idees Gerne, ek het gelukkig nog tot Augustus om dit uit te dink.

Claudia het laas week toe ek haar vir inentings gevat het (laat...) 7 kg geweeg, dit was op net oor 4 en 'n half maande. Sy is gister 5 maande oud gewees!!

Christa, ek wil ook sommer net huil as ek sulke dinge sien. Dit ontstel my vreeslik, en soos Gerne se, hulle moet by 'n kerk aansluit, dan kan hulle gehelp word.

Die 6 maande vitamien A druppels is net druppeltjies wat hulle vir baba gee. Dit is net vir mense wat die staatsinentings doen, en is ook nie nodig nie. Dit word vir staatspasiente aangebied omdat hulle aanneem dat mense wat privaat inentings kan bekostig seker ook kan bekostig om vir hul kids 'n gebalanseerde dieet te voer. Ek sal vir Claudia daarvoor vat, maar eintlik meer om haar te laat weeg en meet as vir die druppels.

Daar het darem nog niks te rof by my kind uitgekom na die ontwurmings meds nie, of niks wat ek kon sien nie, maar ek vee ook sommer so met die bokant van die doek af en druk dit dadelik toe sonder om te kyk... ek gril my dood as dit doek ruil tyd is, eks so bang daar is 'n vieslike wurm daarin!!

Lekker middag!!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account