file Oktober mammies 2010

15 years 5 months ago #175522 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Carmen ek stem saam, die 80's musiek is van die beste nog! Sommer interessantheidshalwe, hoe laat en op watter dag van die week is jy gebore? Ons 2 verjaar mos saam, toe wonder ek net. Ek is op Saterdag 16 Oktober 1971 om 19:30 gebore. Hoop jy kry een van jou keuses as venue vir jou verjaardag! Of dan een wat selfs beter is!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #175490 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
hi julle

Melody, Kayla en jy het pragtig gelyk met die inseening :)

My man cope weer vreeslik goed alleen met Riley, inteendeel dink ek partykeer hy cope beter as ek. Ek was mos so ruk na die geboorte in die hospitaal vir 3 dae en hy het alles gesort, van bad tot melk tot aantrek. Hy en Riley is regtig soos 2 "peas in 'n pod".
Sy slaap selfs vinniger as sy op sy bors le ens. ens. ens. :laugh:

Dis ook my 30ste hierdie jaar en ek wil lekker braai met 80's theme ook hou, maar ek sukkel my GAT af om either die Zwartkop Lapa of Rooihuiskraal Feesterrien in die hande te kry. Dis regtig lekker plekker om geleenthede te hou waar bietjie meer as jou usual mense gaan wees.

Of al doen ons maar net 'n gewone braai sal daar nogsteeds baie 80's musiek wees, want ek is versot op dit!

Riley gaan volgende week vir haar 6 maande peadiater afspraak, ek wonder ook hoeveel weeg sy nou!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #175313 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
Christa, jy het my nou sommer ook amper in trane gehad...
ek het nie eers geweet van die 6 maande spuite of druppels nie.
Het Kayla se 6 maande paed afspraak vanmiddag, sal dan sien hoeveel sy weeg.

Julle syt geslaap van 6 gestraand tot 6 vanoggend.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #175312 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Shoe Christa, dis baie sad jong. ja mens kan nie regtig veel doen nie. ek wens altyd sulke mense wil by 'n kerk aansluit, mens kry mos hulp daar?!

ek is ook bietjie agter met R, moes hom al 3 weke terug gevat het maar ja, ek is by die werk. so dis moeilik.

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #175285 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle

Melody Kayla het so sweet gelyk! Die rok is pragtig! Hoop sy voel beter vandag! Dis nie lekker as hulle so huil en mens weet nie wat is fout nie. Siestog, arme ou dingetjie!

Sarah, hat off to you! 3 kids will be too much for me! I can imagine the toys all over the place, but you do need a break at times. Hope they give you some more "all 3 asleep" time!

Anina, bly Johan kon so mooi cope met die kinders! Ek wonder ook altyd of Piet sal cope met Mare as ek skielik moet hospitaal toe of so iets. Hy sal seker maar vir ouma gaan haal om te kom help. En saam-saam sal hulle dit uitwerk. (ouma is al 72).

Dis 40 vir my die jaar! Ek hou gelukkig nie van groot stories met my verjaardag nie, so ons sal seker sommer gaan uiteet en die naweek vir my ma, skoonma en sussie-hulle koek gee. Lekker rustig!

Gerne ek hou van jou "A" vir Anina idee! Ek is net so nuuskierig oor Mare se gewig! Hulle moet mos op 6 maande vitamien A spuit of druppels kry en hierdie mamma slip nog op! Ek sal 'n afspraak moet maak en hom vat! :huh:

Ai julle ek het netnou so gehuil! Ek het giister 'n man en vrou gesien wat met 'n baba in 'n waentjie hike. Vanoggend toe ons werk toe ry, was hulle nie daar nie. Maar toe ek terugkom na ek vir Mare gaan aflaai het, toe sien ek hulle uit die dorp stap. En toe begin dit reen! Die man en vrou het 'n keuse gemaak om so te leef, maar die ou babatjie verdien dit mos nie! Ai sulke dinge is vir my verskriklik! Hoe help mens sulke mense?! Ons leef almal met 'n begroting en kan nie net geld uitdeel nie. Al wat ek kon doen was bid. Ek glo en vertrou God sal hulle help!

Lekker dag julle!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago - 15 years 5 months ago #175263 by Elaine
Replied by Elaine on topic Re: Oktober mammies 2010
Ok julle, hopelik het ek nou al my varkies op hok.

Ek het gisteraand die slaapsakkie gemaak van coral fleece en om die waarheid te se, wil ek dit nie weer daarvan maak nie, dit is die aakligste lap om mee te werk, dit skeur as jy hom nie dadelik afgewerk het nie. Vir komberse is die lap reg, maar om sulke klomp stukkies lap aanmekaar te werk, werk net nie.

Die wat regtig belangstel in 'n coral fleece pakkie, moet maar net se, ek sal dit dan nogsteeds maak.

Die groottes is as volg.

Vir die slaapsakkies en ook slaappakkies

Small 6-6.5kg (Polar fleece R120 Coral Fleece R220)
Medium 7-8kg (Polar fleece R120 Coral Fleece R220)
Large 9-9.5kg (Polar fleece R150 Coral Fleece R250)
X Large 10-11kg (Polar fleece R150 Coral Fleece R250)

Dan maak ek ook slaappakkies in die volgende groottes
2 jaar (Polar Fleece R150 Coral Fleece R250)
3 jaar (Polar Fleece R150 Coral Fleece R250)
4 jaar (Polar Fleece R150 Coral Fleece R250)
5 jaar (Polar Fleece R170 Coral Fleece R270)
6 jaar (Polar Fleece R170 Coral Fleece R270)

Hier is ook 'n foto van die coral fleece



Close up

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #175244 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Goeiemore

Melody, Kayla het so pragtig gelyk, love haar rokkie. julle lyk sommer mooi saam man :)

Anina, hier is 'n paar idees: Cowboy. Drag (ag ek kan nou nie onthou wat noem hul dit nie, wat die mans soos hookers moet aantrek en die vrouens soos pimps). Enige iets wat met 'n "A" begin - vir Anina :) Soos Aap, Aspoestertjie, Appel LOL kan nie aan baie dink nie. Skoolklere aantrek. Voortrekker tyd tema :)

Sarah, well done with the potty training. you are lucky that you have your whole day with Skye

Wat weeg jul kiddies nou? ek moet vir Ruben vat vir sy ente en is baie nuuskierig om te sien wat hy weeg.

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account