More julle
Ja nee Gerne, ek weet nie waar kom hierdie koue dag en winderigheid vandaan nie, hy sny sommer so deur mens!
Ek het het lekker my selfoon op charge by die huis vergeet

NIE baie slim van my nie!
Werk tot so 11:30 dan gaan ons mos vanmiddag troue toe!
Riley het ook meestal by die skool geleer eet, sy eet elke dag pap in die oggend en van volg week af gee hulle haar groente ook. Die skool is weer erg oor die 6 maande ding, so ek het dit maar so gelos. So ek weet ook nie eintlik hoe R gaan reageer op groente nie...ek het mos net voor ek begin werk het vir haar 1 of 2 keer gegee, maar toe het sy mos nie nie van sluk verstaan nie, so ek sien uit om te sien wat maak sy met die groente noudat sy kan sluk en eet.
Met Riley gaan dit baie goed, sy is besig, besig, besig! Dis iets vreesliks interresants om haar aan te trek in die oggend, want sy draai heeltyd om, dan probeer ek maar alles doen van agter af
Het mos die camp cot laat sak tot onder, nou geniet sy dit om half daar binne te speel, asof sy in 'n speelhokkie is

EN sy kan nie uitklim nie!
Sy het Maltabella pap gister geeet en goeie genugtig, maar haar doek het gestink vanoggend en was sommer die kleur en die tekstuur van Maltabellla pap
Ek kan nie glo dis al amper weer tyd vir die 6 maande besoek by die pedaiter nie...die tyd gaan te vinnig verby vir my...voor ek my oe uitvee, gaan sy universiteit toe
Lekker daggie julle, sal nounou weer inloer!
O ja, geniet die tenpin bowling Gerne!