file Oktober mammies 2010

15 years 6 months ago #169464 by Lily
Replied by Lily on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi da!

Ag maar so afdaggie elke nou en dan is darem heerlik ne! Het sommer net lekker ontspan, gebraai en gekuier die naweek. Was vandag natuurlik nie lus om weer te moet werk nie, maar nou ja, April het sommer 'n hele paar rondlê en niks doen dae! :)

Carmen en Anina, julle ou lyfies is te dierbaar met die boude in die lug! En Xander en Ruben sit ook al so mooi!

Geluk met die 6mnde Christa!!! Kan nie dink die 1e jaar gaan al so vinnig verby nie.

En wraggies amper 'n BFP Melody! Kan goed glo jy't gemengde gevoelens na die tyd.

Dankie Petro, sal bietjie by Game loer. Slaap Xander beter nou met die co-sleeping?

En oumatjie Gerne, wanneer kan ons bestellings begin plaas?

Als goed die kant, Ilse oefen te heerlik haar deskant toonlere as sy frusteerd raak. :laugh: Omtrent 'n high pitch. En tandvleise ook erg aan die jeuk, dis net spoegbekkie en enige ding binne vat afstand gaan dadelik mond toe. Maar soos jy sê Anina, die actual tand kan nog lank vat...

Julle moet almal 'n heerlike aand hê!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago #169413 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
lekker middag vir julle

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago #169352 by stella
Replied by stella on topic Re: Oktober mammies 2010
hallo julle

sjo Gerne - ruben is sowaar pragtig met daai blou oe - hy sit ook lekker

ek het mou net gelunch - provitas is my voorland - ek moet nou die laaste kg afskud en baie vinnig ook - ek nou moeg vir my dik en pap lyf

christa - bly julle naweek was lekker

so melody - ampetjies join jy n nuwe groepie vir 2011 - ag wat hoekom het julle dan maar nie sommer die 2de enetjie nie - hahahahah

anina - daai foto van claudia is kostelik - sy is wild sterk

lyk my die dogtertjies gaan die boetas se gat skop

waar is al die ander mammas ?

o ja ilse ek het daai ring by GAME gekoop

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago #169345 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
Lol, ja Gerne, dis noggal snaaks as ek nou daaraan dink- ek het dit glad nie consider tot die toets positief gewys het en snaaks genoeg nou wens ek dit was positief...

Anina dis te oulik hoe Claudia haarself op trek vir kruip- kayla is nog nie daar nie so Gerne jy hoef nie sleg te voel nie...

Ek dink die vetties vat bietjie langer!

Eks in training vandag...dit suck..

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago #169343 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Melody, skoon vergeet toe ek post van jou amper verassingkie! Dis seker maar omdat dit 'n ou toets is wat dit 'n vals posetief gegee het, die toetsies het 'n verval datum op. Maar as ek jy is koop ek maar nog een en maak seker hoor. Mens kry maklik 'n vals negatief maar nie so maklik 'n vals postief nie... Maar soos ek se, die toetsie was obviously oud.

Carmen, die tande kom nie noodwendig uit nie, hulle kry net sulke simptome van tande wat in die kaste in beweeg. Claudia het nog so 'n lippie velletjie aan die bo kant van haar tandvleis so effe aan die buitekant. My ma se solank daai lippie daar is, is daar nie 'n tand naby nie. Almal het met Stefan vir my gese hy kry tande van 3 maande af, ek het tande poeier gegee dat dit bars en toe kry die arme kind eers op 11 maande sy eerste tandjie. En teen daai tyd het ek opgegee met tande poeier en geen simptome meer geglo nie, want ek was seker daar was al van 5 maande af tande doeke!

Nou weet ek hoe hy reageer as daar 'n tand kom, en hoe sy tande doeke lyk. So wat ek probeer se, is wag tot die eerste tandjie sy verskyning maak tot jy afleidings maak van jou kind se tande doeke en gedrag. Anders sal jy jouself mal maak want mens skryf later alles toe aan tande en mis dan maklik iets wat eintlik moet aandag kry.

Christa, bly julle het lekker gekuier, jy's reg, Mare sal doen wat hy moet wanneer hy moet. Net soos babas nie almal OP hul due date gebore word nie, doen hulle ook nie almal op dieselfde tye alles nie. Lekker dat hy sit, dit help al so baie as mens hulle net bietjie kan neersit iewers, veral as jy toilet toe moet gaan of so...

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago #169338 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle!

Wow, wat 'n lekker UITPUTTENDE naweek! Ons het 'n hele 1700km gery! Darem lekker by my pa-hulle gekuier!

Mensig maar die meisiekinders is haastig! Mare is nog maar lui, maar ek het vrede in my hart. Hy sal alles doen wanneer hy gereed is daarvoor. Hy sit darem al mooi sterk, kom net nog nie self regop nie. En met die omrol is hy maar lui. Ag maar hy is die vriendelikste kind! Hy lag vir absoluut almal wat in sy rigting kyk! En hy is sowaar al ses maande oud vandag!

Julle kiddies is pragtig!

Anina my man wil hom doodlag vir my! Ek kyk al lankal na verjaardag koeke vir Mare. Want ek wil self bak en versier. Gaan nie 'n vreeslike gedoente he nie, maar hy moet darem 'n spesiale koek kry. En ek moenie vergeet pappa verjaar dieselfde dag nie! Dit sal baie lelik wees van my!

Melody , hahahahahaha! Het so lekker gelag vir jou vals alarm! Ai tog die hormone van ons veroorsaak lekker konsternasie!

Gerne die mussies is pragtig! Ek soek vir Mare ook een van die vir seuntjies! Die een wat so op die twee hande gehou word, maar in blou. Dis so cute! Jy is baie fluks om so te hekel en brei en dis 'n lekker ekstra inkomste! Geniet dit!

Ek kan nie onthou wat almal verder gese het nie! :blush: Hoop dit gaan goed! En dat julle die naweek geniet het!

Lekker dag!

PS Mare het 'n erge jeuk op sy agterkoppie waar hy 'n geboortemerk het. Ons vat hom vandag dokter toe, want hy krap dit stukkend en is skoon betjoings van ongemak. En hy het 'n aaklige hoes, nou is dit sommer twee vliee met een klap.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago #169305 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle

Ag julle almal se babsies is te pragtig!

Anina, ja nee daai foto van Claudia waar die boude so in die lug is, Riley maak net so! :woohoo: :laugh:

Riley se tandvleise het van Sat af weer erg beginne pla en jeuk, sy kou alles wat sy sien....en daar soos klokslag begin die geel suur doeke gisteroggend!! So dis beslis haar tanne doeke!!

Maar ek sien nog niks tande nie??? Is dit maar die tande wat in die kaste beweeg wat hulle so jeuk?

Melody, sjoe wat 'n ampere groot surprise!! :woohoo:

Wat sou die false positive veroorsaak het?

Gaan goed verder, net moer besig by die werk en darm is dit payday Vrydag want ek is heeltemal en al arm en bankrot!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account