Melody, dis regtig tragies! Ek sal die families in my gebede opdra aan die Here! My vriendin was Saterdag 'n jaar terug oorlede. Dit was maar 'n bitter dag vir ons, maar ons weet sy is by ons Vader!
Helene, ek het net anderdag fototjies op gesit, ek sal nou weer enetjie post...
Christa, hoop julle het 'n heerlike naweek gehad in Klein Kariba! Ons het amper ook die naweek soontoe gegaan! Maar ons planne het deur die mat geval.
Carmen, my dogtertjie het 'n baie lang kruis area, dis seker oorerflik want ek en my ma het dit ook. Dit maak dit baie moeilik om broeke te koop want hipsters sit omtrent op my koekie. Maar met is die nr 2 doekies wat ek gekoop het lankal te klein, dit kom nie vas nie, nie omdat sy te vettie is nie, maar omdat dit te kort is. So ons het vir die naweek nr 3 gekoop en dit het baie goed gewerk. Ek moet net die strappies amper oor mekaar laat vasplak want sy is nog te maer vir nr 3...
Julle ek moet nou eers oor 2 goed brag! My ma se neef het hulle familie stamboek saamgestel en my ma het dit geleen. Toe kyk ons die naweek bietjie daarin en Claudia is die 10 de geslag "Anna Claudina" in Suid-Afrika. Ons familie stamvader is met 'n Anna Claudina getroud en van daar af is die naam aangegee tot deur by haar. Dis vir my nogal iets spesiaal. En dit maak my baie bly dat ek besluit het om vir haar die volle name te gee.
En tweedens, ons was Saterdag by my vriendin se 30ste verjaarsdag. Toe sit haar ma en gesels met 'n paar mense, en ek hoor sy se, sy is nie een van daai oumas wat met haar kleinkinders brag nie. Sy haat dit as mense vir haar vertel hoe vreeslik oulik is hulle kiddies, sy kan mos sien as hulle oulik is... Claudia het op 'n kombersie op die gras gele, op haar rug. En die tannie se woorde was nog nie koud nie, toe dop daai poppie van my om en rol tot op haar maag! Die tannie se oe het amper uitgepop!!! (myne ook!) sy vra toe vir my of Claudia nou net omgedraai het, en ek se toe baie terloops, "Ja, sy doen sulke goed..." Julle my moeder hart was darem baie trots!! En ek hoef nie eers te gebrag het nie, sy wys hulle sommer!
Sederdien het sy al weer die hele Sondag lekker op die mat omgerol, sy draai nou sommer maklik van haar maag na haar rug en weer tot op haar maag, altwee kante toe. Dis so cute!
Hier kom die fototjie Helene...