file Oktober mammies 2010

15 years 8 months ago #156895 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
En laastens, Pappa en Riley:
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #156894 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Aaai, hier is hy:
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #156891 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Nog enetjie vir Photo Friday!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #156882 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Nog enetjie:
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #156878 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Anina, ja sy suig nou en dan dummy, dis 'n goeie idee, ek gaan dit probeer!!

Riley pas nog nie in meeste van haar 3-6 maande klere nie, en sy is al 4 maande, inteendeel sy het nog nie eers al haar 0-3 maande aangetrek nie, en natuurlik het ek ook ALLES somers gekry, so ekke gaan maar omruil wat ek kan eers en dan koop, ek wonder wanneer gaan sy in haar groter klere begin pas? :laugh:

Hier is daai einste foto waarvan jy praat :-)
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #156745 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Carmen, suig sy dummy? Ek sit die kossies diep in C se mond en as sy dit uitstoot druk ek die dummy in, dan suig sy die kos van die dummy af en sluk. Ek het dit net met die eerste paar etes gedoen, nou sluk sy self. En sy is GULSIG! Ek moet vinnig wees met die lepel anders skree sy vir nog. En as sy genoeg gehad het, spoeg sy uit no matter what, dan kan die dummy nie eers help nie.

Ek gaan seker so teen Woensdag vlg week inkopies doen, dan sal ek begin met patats en butternut. Ek wil die ryspap sommer heeltemal vervang daarmee. Sy kan weer begin pap eet as sy ouer is. Pap maak maklik vet, en ek soek nie 'n vet dogtertjie nie... Net 'n gesonde dogtertjie!!

Ek kyk nou so na Riley se fototjie op fb waar sy in haar bumbo seat sit en eet, ek dink ek moet vir Claudia afneem in haar bumbo seat, dan kan jy sien hoe vettie is sy al klaar. Maar dis niks teen Stefan nie, sy beentjies het so uitgepeul!

Ek het vanoggend die 3-6 maande klere uitgepak. Sy het so baie cute pakkies, maar dis alles somers klere. Ek het niks winter goed gekry op my ooievaars nie. Ek sal moet begin koop...

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #156690 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle

Helene, sterkte met die trek!

Riley het ook nie regtig 'n roetine nie, sy drink nogsteeds 3 x 180ml, eintlik 200ml, ek meet nie altyd so lekker af nie :blush: , in die dag en nag, en sy is happy! Sy drink meeste van haar bottels in een slag op.

Helene, ek het butternu gekook en fyn gemash en soos jy gese het, dit fyn gemaak met die blender is in blokkies gevries, en dit werk so vreeslik lekker!

Maar julle sy eet dit nog nie, sy druk dit dadelik weer uit, dan druk ek dit weer terug! Sy sal seker eventaully leer sluk, ne? Sal fototjie opsit!

Ek gee een keer 'n dag die butternut, so 2 teelepels. En dis maar dit. Dalk hier en daar 2 teelepels ryspap.

Ons het 'n besige naweek wat voorle! Het vanaand my ouma se 70ste verjaarsdag ete, ons gaan by Stone Cradle by Rietvleidam eet, blykbaar heerlike buffet etes! So ek gaan nou weer lekker en vreeslik kroek op my diet!! Ag wat! Het darem al 9kg in die maand verloor, elke bietjie help!

Moreaand gaan skoonsus bietjie vir R babysit, want 'n groot klomp vriende gaan bietjie uit en en lekker kuier vir 'n slag! My een vriendin trek ook einde van die maand Richardsbaai toe, so ons gaan vir haar ook baai se!

Ok, sal later weer inloer!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account