file Oktober mammies 2010

15 years 8 months ago #156340 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re: Oktober mammies 2010
ek het nou net so van die posts gelees. en Gerne ek sien jy wil aartappel gee.

aartappel is n baie swaar stysel en moeilik verteerbaar vir hulle kleine stelseltjies. Patat is n baie beter opsie. Aartappel kan ook hardlywig maak, waar patat weer die spyvertering aan help. Patat is ook n stysel, maar n goeie stysel en maklik verteerbaar. Los die aartappel vir wanneer jy stews begin maak.

Ek wil nie soos n doemprofeet klink nie, maar dis die raad wat ek van dieetkundige gekry het.

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.


[/link]


[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #156331 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re: Oktober mammies 2010
hallo julle. shoe ek was lanklaas hier. ons trek einde van die maand na n nuwe huis toe en ons werk die maand aan die huis voor ons kan intrek. so tussen die rowwe roetine deur is dit nog die bouery ook.

ai julle. ek kry net nie vir stefan op die bottel nie. ek probeer nou nie elke dag nie. hy spoeg die tiete uit en as hy formule proe maak hy homself naer.

hoe lyk dit met die etes?? wie eet al almal en kook julle self?? ek hoop so!!

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.


[/link]


[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #156299 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
syt 130ml gedrink, dis beter as niks.....

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #156249 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
gelukkige muis...

ek sien uit na die vakansietjie, ek sal n baie goeie son room moet kry, sal Kayla graag die see wil wys.

Anina eks seker waar okal julle gaan,dit sal lekker wees - mens moet partymaal weg kom, dit maak jou jou huis meer waardeur.
Dis n mooi gewig vir haar ouderdom.....

ek voel vandag n bietjie moedeloos, weet nie of dit is want ek weet ek moet binnekort terug werk toe gaan nie...Kayla was ook moeilik vanoggend. sy het 150ml gedrink en dit toe opgebring....toe drink sy daarna net n 100ml - en wou niks verder weet van haar bottel nie.....ekt toe vir haar n paar happies peer purity gegee en verder gesukkel om haar te kry om haar bottel te drink maar sy het nou aan die slaap geraak, sal maar sien as sy wakker word of sy haar bottel dan wil he.

wel, sy word nou wakker, sal maar gou sien....

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #156199 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi daar!

En toe gaan ons krag af gisteraand, geen manier wat ek in die donker muisvalle stel waarin ek dalk self kan trap nie... So die muis is gespaar vir nog 'n dag.

Julle vakansies klink lekker, ons gaan dalk die naweek weg saam met my niggie en haar gesinnetjie. Maar hulle het bietjie laat gewag om die plek te bespreek waarheen hulle ons wou vat, nou is dit vol. So nou kyk hulle of hulle iets anders kan kry.

Ek het gister vir Claudia gevat vir haar inentings. Sy weeg nou 6,37kg en is 60cm lank. Sy voel vir my so klein en fyn, maar sy is groter as wat Stefan op 12 weke was. Ek gaan haar vandag deur die dag in haar kot, in hulle kamer laat slaap en dan miskien van volgende week af in die aande ook.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #156174 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
ons gaan die 18de na die Suid kus vir Familie en vriende kuier en Kayla bietjie wys, maar net vir 4 aande......n lang naweek.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #156160 by stella
Replied by stella on topic Re: Oktober mammies 2010
Allo julle

Klink my dit gaan goed met almal

Ons was vandag vir ente !! Shame hy het so gehuil en was heelmiddag nie lekker ! Gelukkig doedoe hy nou

Hy weeg nou 6.9 en is 64cm lank

Hy ook nie regtig in roetine nie - maak maar soos hy wil. Drink bedags so elke 3-4ure. Drink 11 uur in aand en word een keer wakker in nad vir bottie , slaap gewoonlik tot 5/6 en gesels dan heerlik

Ek gaan volgende week met pappies begin en die week daarna met groente

Ons ry vrydag vir n week na my hulle by die see aan die natasle suidkus - sien so uit. Moet langs pad in bloem en bethlehem stop op Xander te gaan wys vir oumas en oupa !!

Lekker aandjie - ek gaan gou bad ek wag vir elfuur voeding

Cheers h

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account