file Oktober mammies 2010

15 years 8 months ago #153499 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle!

Petro dit gaan goed met Maré. Ek dink net hy word daagliks groter! Dit word nou ñ geveg om hom rond te dra. Hy slaap goed. Raak 7uur se kant aan die slaap, dan gee ek so 10uur ñ bottel sommer so in die slaap en dan trek hy deur tot so half4. As ek die 10uur bottel skip, word hy half2 wakker. En dan is hy in elk geval elke oggend halfvyf wakker. Dis sy en pappa se geselstyd. Maar hy drink eers 7uur weer. Drink Xander rooibostee? Dalk moet jy dit probeer wanneer hy halfvier so kerm. Met sy voetjies wat so sweet word hy dalk dors. Ek weet nie. Maré rol nog net van sy maag na sy rug en dan draai hy soos ñ kompasnaald op sy rug in die rondte. En hy kan vreeslik kerm van frustasie omdat hy nie kan regop sit nie! Begin darem nou sekonde vir sekonde langer sit. Lol! Carmen by ons dreig die weer ook, ek wens net dit wil bietjie reën! Dis omtrent stil hier! Ralmarie se router het gegroet, maar dit gaan nog goed. Sy sê André is gesond en soet en haar pedigree alsation is darem weer gesond. Hoop dit gaan goed met almal wat so stil is! Lekker aand!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #153480 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle

Aaai Anina, jammer om te hoor oor jou man se werk! Dis darem aaklig as hulle mens so dreig dreig! Maar ek is seker daar sal iets opkom wat reg sal wees vir julle!

Petro, ek sit vir Riley in die playgym dan doen sy 360's daarbinne! Ek sit haar neer op haar rug, dan rol sy om op haar maag en dan later le sy weer op haar rug en so gaan ons aan en dan is sy moeg en slaap bietjie :laugh:

Nie veel nuus hier nie!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #153181 by stella
Replied by stella on topic Re: Oktober mammies 2010
more mammas

hoe gaan dit vanoggend met julle almal

ons het die laaste 2 aande snaakse weer gehad - eergisteraand een helse elektriese strorm - nogal scary gewees en gisteraand groot rukwinde met reen

ai julle ek is raadop met my seuntjie ! hy drink bedags so tussen 3 - 4 uurliks , is dood happy , slaap goed ens. In die aand word hy 11 wakker vir feed, slaap vinnig en dan weer 2 uur vir feed en slaap weer vinnig ! DAN word hy 3H30 wakker en moan en kerm en huil - elke liewe aand tot 5 uur. HY is nie dan honger nie en het ook nie winde nie - hy slaap tien minute kerm tien minute kern ens ens. enige raad van iemand van julle asb ?

as hy 5uur dan weer drink - dop hy soos 'n lyk om en slaap tot 6H30 !! ek het gisteraand vir hom water gegee tussenin en dit het tog gelyk of hy dors was ! hy sweet verskriklik onder sy voetjies - dalk is hy net dors ????

andersins is hy die cuteste blerrie kind - hy maak die cuteste geluide en lag elke dag meer en meer ! sy hande is sy favourite toy op die oomblik

carmen - jy se riley rol al ? wow - xander rol net van sy sy na sy maag en dis al - niks meer niks minder

christa - bly dit gaan goed - hoe slaap daai bulletjie van jou in die aande

en waar is almal ? het ralmarie verdwyn ?

helene, gerne, janine, elize, anina waar is julle almal - lyk my ons skeep almal moomie so bietjie af

die res wat ek nie noem nie - hallo hoop dit gaan goed !

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #153044 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo daar! Ag nee Anina! Jou man se werk neuk hom regtig nou rond! Bly Saterdag het goed afgeloop! Die mans raak natuurlik gespanne en Claudia voel dit aan. Janine bly dit gaan goed! Ek mis my ononderbroke slaap! Haha vir jou man! Nelita geniet die vakansie! Lekker! Ai Gerné hoop als is nou reg met jou uif! Dat jy nou alles moes oordoen! Hoop dit gaan verder goed met almal! Lekker dag!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #152880 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hier gaan ons alweer...

Julle sal seker onthou hulle het laas jaar vir my man gese hulle gaan geretrench word. Nou ja, hulle het dit al 'n paar keer gese, maar nou het hulle weer vandag die retrenchment kaart gespeel. Hulle het nou actually vir hulle gese hulle moet aansoek doen vir ander beskikbare poste in die company of hulle gaan geretrench word. Dis aaklig! Dit voel asof hulle dit elke 2 maande doen. Maar die dreigemente raak elke keer meer en meer legit met meer redes en prosedures. Hulle het ook nou vandag die retrenchment policy weer aan hom gestuur. So ons soek maar weer ander werk.

Hy was darem laas week vir 'n onderhoud, maar die aansoeke vir daai job het nog nie gesluit nie, so ons het nog niks gehoor nie. Darem beteken dit daar IS werk daar buite in hulle veld. So hopelik sal hy 'n werkie iewers kry... en dit moet maar net wees waarookal, ek trek maklik, solank daar kos op die tafel is!

Lekker dag!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #152779 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle!

My man se data card werk weer, myne wil nog nie so lekke werk nie, ek moet hom nog invat. Maar ek kan darem in die tussen tyd bietjie op my man sin werk...

Carmen, R is so cute!! Daai smiles is dierbaar.

Ek het toe darem die hele Saterdag die kursus bygewoon, my ma se my kiddies is die soetste goedjies op aarde. Lyk my dis net die manlike geslag wat met hulle sukkel. Vrydag wou sy niks drink nie, maar saterdag het sy 3 bottels opgedrink by my ma.

Nelitia, bly dit gaan goed met jou en Stefan. Sit bietjie 'n fototjie op.

Janine, shame dat jy al weer werk jong. Het jy net 3 maande kraamverlof gehad? Ek sien glad nie uit na 1 Maart nie, ek wens ek kon net van die huis af werk soos nou.

Lekker week almal!!!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #152593 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Nog enetjie van my blou oog doddertjie
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account