Melody, die name ding doen nogal iets vir die oumas en oupas ne! Stefan is Gerhardus Stefanus, vernoem na my skoonpa, en sal jy glo hy LYK soos my skoonpa!! Dis oupa se enigste kleinseun en hy love hom.
Claudia is weer vernoem na my ma, met my ma se volle name (Anna Claudina) en my ma het sommer snot en trane gehuil toe ek vir haar 'n foto van die geboorte sertifikaat stuur. Alby my sussies het ook hulle dogtertjies na my ma "vernoem", maar hulle kiddies is Anel en Nadine, weet nog nie so lekker hoe hulle by Anna Claudina uitkom daarmee nie en hulle het nie die volle name gebruik nie. So my dogtertjie is die enigste een wat die regte name het, en dit maak 'n verskil. Sy word vreeslik deur ouma bederf. Ek is ook na my ma vernoem, en ons het die name Anna Claudina terug getrek tot in die 1700's 'n ononderbroke lyn, so ek het toe maar besluit om nie die een te wees wat die lyn verbreek nie!
Bly dit gaan goed met jou! Jy moet meer gereeld kom inloer!!