file Oktober mammies 2010

15 years 8 months ago #153578 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
O net n vinnige vraag< eks seker julle het dit al van te vore genoem, maar jul weet mos ek sukkel met die internet ding.

Wie het al begin vir hul babas solids gee, en wanneer?

Melody.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #153576 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
o, ek het gedog ek gee vir julle almal my flop vrye, baie maklik om te maak malva pudding resep net ingeval julle dit nie het nie. Spesiaal vir Carmen want sy is op n diet:

Preheat oven to 180'C
Pudding:
250ml cake flour
5ml Apricot jam
250ml milk
250ml sugar
5ml Bicarbonate of soda
15ml margarine
1 egg
5ml lemon juice

Mix butter, sugar,egg. Add lemon juice, bicarb & apricot jam mix. Then add flour & milk and bake for 1 hour.

Syrup:
250ml cream
250ml sugar
125ml margarine
125ml boiling water
Mix all together and pour over pudding once out oven. Serve with cream or custard.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #153573 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
Hello almal, en hoe gaan dit met julle almal.

Anina, dit gebeur, Kayla slaap ook deur maar as ek dit noem dan Boom crash en ja, jy ken die gevolge.

Sy het guster geslaap van 20 voor 9 tot 6:30 vanoggend en die beste is sy word wakker en begin met haarself praat in die kot, kla glad nie. Dan gaan ek haar help op my eie tyd....natuurlik so gou as moontlik. Sy wil nie veel van eet weet in die oggend nie though - nie haar ma se kind in daai geval nie...lol

christa, die foto met oupa en seun is te kosbaar...i love it en Anina jy is reg, oupas en oumas is mal daar oor. Kayla se 2de naam is Gale, selfde as my ma sin en dit alleen is asof hulle n bond share.

Ek wil ook nie terug gaan werk toe nie. Net n ou kort maand oor....ek desperately oorweeg n half day job, maar waar kry n mens so iets?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #153564 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi daar!

Dit kom nou seker daarvan as ek brag oor Claudia wat deurslaap, toe is daar een of ander iets wat haar pla gisteraand en sy is elke 10min wakker. Die langste wat sy aaneen geslaap het was 'n uur en 'n half! Dit voel of 'n trein oor my geloop het.

Gerne, eks bly jou uif is uitgesort, dit was nou darem 'n helse shlep

Christa, ek stem saam, Mare lyk nes sy oupa. Dis vir die oupas so lekker as die kiddies soos hulle lyk.

Ek is ook erg senuwee agtig as ek dink aan werk, ek wil niks daarvan weet nie en bid dat my man een of ander moerse pos kry sodat ek net deeltyds hoef te werk of glad nie.

Lekker daggie almal.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #153557 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Ek soek asseblief bietjie facebook hulp! Ek het my e-mail adres verander maar fb weier dat ek die ou een delete. Sal die e-mails nou na die nuwe adres gaan? Of moet ek my account deactivate en ñ nuwe een opstel? Anina lekker vir Claudia se skielike deurslaap! Ek hoop dit hou! Gerné bly jou uif is eindelik reg! Nou kan jy darem ontspan! Shame Henko gaan ook jul saamwees mis! Ek wil ook nie terug werk toe nie! Maré raak al ouliker nou gaan iemand anders 1ste die spesiale goedjies beleef! Ek huil sommer! Vir die hoeveelste keer! Julle Maré lyk nes sy oupa. Kyk bietjie die foto. Pappa glo vas hy gaan ook predikant word. Lol!
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #153549 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle, eks alweer op my selfoon. My man is op sy rekenaar met sy 3g kaart besig so ek kry nie vannaand 'n kansie nie.

Ek was die heeldag besig met ons rally club se admin, hulle het my onder druk gesit en nou is ek die jaar sekretarsse en treasurer vir die klub. Dis 'n helse job maar iemand moet dit seker doen en die jaar is daai iemand se naam anina... My skoonsus het dit nou vir 2jaar gedoen en ek moet se sy het dinge nogal goed bestuur, behalwe die treasurer gedeelte. Sy is 'n bedryfs ingeneur en goed met admin maar haar boekhou skills suck. Ek het sommer 'n klomp goed reggemaak en selfs in die admin gedeelte het sy dinge op 'n vreeslike lang manier gedoen. Ek het my rekenaar geprogrammeer om meeste van die shlep self te doen, nou is dit baie makliker. Dit help om 'n mamma te he wat 'n rekenaar juffrou is! As ek sien iets moet op 'n makliker manier gedoen kan word, bel ek haar en dan leer sy my gou hoe. Nou moet sy my net nog 'n crash course gee op databasisse dan is ek gewax!

Christa, Claudia slaap skielik van Donderdag aand af "deur". Ons bad haar so 7uur, dan drink sy en slaap tot 4uur, drink weer en slaap tot 6 of 7uur. Sy het Donderdag aand so 12 uur bietjie gekerm toe sit ek net haar dummy in want sy drink gewoonlik eers 2uur. Toe klim ek ewe braaf terug in die bed terwyl ek WEET ek gaan nou weer moet opstaan, en toe verbaas sy my en slaap tot 4uur. Dit was great behalwe dat Stefan Donderdag aand koors gehad het en ons van 1 tot 5 wakker gehou het. Maar sederdien slaap sussie deur.

Ons het 'n muis in die huis!! Infact daar is meer as een. Hulle kom deur die skoorsteen in en kom eet die kossies wat stefan op die vloer gooi. Ek het nou van daai verimark plugs ingeprop want ons kan nie gif gebruik met al die uile en slange op die plot nie. Ek hoop dit werk! Hier is ook net so bietjie te veel spinnekoppe. Ek love spinnekoppe en hulle eet muskiete maar genoeg is genoeg! Die plugs behoort hulle ook weg te jaag sonder om hulle dood te maak.

Ek sal more weer kom chat. Lekker aand!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #153547 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi

Jammer ek is so stil. Het nou die dag so lank geskryf toe fries my foon toe ek moet post :(

Gaan goed hier, het vandag uiteindelik my uif geld gekry :) en toe gou alles gaan betaal wat moes en groceries en krag gaan koop. Ek gaan nou slaap. Ek is pootuit.

R slaap die laaste paar aande net so sleg, sommer 3 keer wakker en dan moan hy vreeslik. Ek weet regtig nie wat is fout nie. En hy word sommer al half 12 die 1ste keer wakker waar hy gewoonlik eers half 3 of later wakker geword het.

Petro, ek het so rukkie terug vir hom sy eerste wakker word tee gegee en dan sy 2de wakker word melk. Toe het hy so mooi deurgeslaap. Ek gaan van vanaand af dit weer doen want die laaste paar aande het ek vir hom n vet bottel gemaak dan drink hy heelnag bietjie bietjie aan hom. Anders gee net water, baie keer soek hul net iets om aan te suig dan slaap hul weer. As hy honger is sal hy die tee of waterbottel uitspoeg.
Ek glo baie aan dat as hul gewoond is om melk te kry deur die nag word hul wakker net daarvoor maar as hul water kry gaan hul nie wakker word vir dit nie - want hul weet wat wag LOL. Maar dis nou nog bietjie baie vroeg om die bottel in die nag weg te vat.

Hul se dat mens die nagbottel kan wegvat na 6mnde wanneer hul goed eet, weet jul hoeveel van my vriendinne/familie se kids is al oor 1 en drink steeds in die nag. Ek het vir H op 8mnde van die nagbottel afgehaal maar hy het steeds nie deurgeslaap nie want ons moes heelnag die dummy insit. Toe ons die dummy wegvat het hy vas deurgeslaap!

Julle, dis my (ons) laaste mnd van verlof :( ek huil sommer. H iis so bederf, ons swem elke dag - of net hy. Ons kyk fliek saam en jol met die bal. Ek gaan dit so mis.
Henko swem nou so mooi, hy was van baie klein af vreeslik lief vir swem en laas week het hy sommer vanself my hande gelos. Nou spring hy in (met sy vlerkies natuurlik) en swem so vinnig die swembad op en af. En hy love dit om op sy rug te druif.

R rol nog glad nie om nie en haat dit om op sy maag te le

Okay genoeg van my af. Lekker aandjie

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account