file Oktober mammies 2010

15 years 10 months ago #140647 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Altwee slaap nou, ek kon actually gebad kry sonder om een keer uit te spring om 'n dummy in te druk!!!

Stefan is baie cute as hy vir sussie probeer troos maar hy is nie baie effektief nie. Hy gryp sommer haar dummy en probeer dit hardhandig in haar mond in forseer of hy pat haar op die rug maar sy pat is meer soos klap en val sommer partykeer in haar gesiggie ook. Shame, hy is self nog so klein. Dis nogal moeilik om hom van haar af weg te hou want hy klouter oral op en ek kan nie die heeldag se nee vir alles wat hy probeer doen nie.

Hy was vanoggend vrek kwaad toe Johan werk toe is. Hy het aanhou tantrums gooi tot na 8 en Johan is al voor 6 hier uit. Ek het hom later in sy kot gesit en hom vir 10min alleen daar laat le en skree want ek kon dit net nie meer uithou nie. Ek voel soms ek is nie opgewasse daarvoor om 2 kids wat so naby aan mekaar is groot te maak nie. Maar die Here gee my darem krag en geduld om na 10min se time out terug te gaan en hom op te tel en van voor af nice te wees asof hy nie al vir 'n uur lank moeilik was nie. Ek wens net partykeer Johan kon ook 4maande verlof gehad het!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #140607 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Goeiemore

Ja die weer is lekker vir cuddle, R gaan nou weer slaap maar ek het so baie om te doen voor die vakansie begin dat ek nie nou kan le nie, moet in die kaste invaar.

Ekt vanoggend so lap stoeltjie met draad vir R opgeslaan en wie spring toe eerste daarin... Henko LOL. En hy wil nie daaruit nie. Die stoeltjie is baie oud en hy is regtig te swaar vir hom maar ek los maar eers, hy sit so lekker. Sal maar vir homm n klein poef gaan koop.

My sny pyn vreeslik vandag.

Julle maak my so jaloers as julle praat van bv! Maar ekt ook gehoor as mens op jou sy le sluk hul die minste winde.

Carmen, bly die troue was lekker.

Anina, H is dieselfde, hy hou niks daarvan as R huil nie

Elaine christie klink so oulik!

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #140598 by Elaine
Replied by Elaine on topic Re: Oktober mammies 2010
Anina, dit klink so bekend. As Nadia huil dan hardloop Christie ook altyd eerste om haar te troos en sy roep my dan dadelik. "mamma, Nania huil" Sy noem haar Nania en nie Nadia.

Nadia is vanoggend weer bietjie kriewelrig, sy is van 7uur nog wakker en raak nie vas aan die slaap nie.

Sy huil nou weer, moet gou hardloop.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #140593 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi daar!

Elaine, dit is heerlike weer om net te cuddle, maar my kids laat dit glad nie toe vandag nie. Stefan is in 'n besonderse slegte bui en Claudia is maar 'n maand oue baba wat aandag benodig...

Ek le ook en borsvoed in die aande, maar deur die dag doen ek dit waar en wanneer die tyd kom. Claudia sluk gelukkig amper nooit winde nie.

Chat later weer, baba huil en boetie is oppad om haar te probeer troos!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #140577 by Elaine
Replied by Elaine on topic Re: Oktober mammies 2010
Dit is vandag lekker weer om in die bed te bly en cuddle met baba, net jammer ek moet vandag huis skoon maak.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #140556 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re: Oktober mammies 2010
Elain en borsvoed in die nag op my sy en deur die dag op enige plek op enige manier..lol. Ek ht nog nooit so daaraan gedink nie, maar jys reg, in die nag ht stefan omtrent nie winde nie! Ek sal nou meer gaan le met hom.
Gister aand ht hy nie wakker geword vir sy 2uur voeding nie. Ek ht 4uur wakker geskirk van my oorvol boobs, toe tel ek hom op voed hom en sit hom neer, hyt nie eens wakker geword nie. Net daai oulike lyfie wat so strek met sy arms langs sy kop, en dan slaap hy weer verder.

O kry julle koud daar bo, ons ht heerlike sonskyn dae. Was vanoggend see toe met lance en sy niggie en neef. Heerlik gewees.

Lekker week vir almal.

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.


[/link]


[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #140547 by Elaine
Replied by Elaine on topic Re: Oktober mammies 2010
Die van julle wat borsvoed, watse posisie drink julle kleintjies.

Ek le op my sy met Nadia langs my. Dit is nie altyd moontlik dat sy so drink nie, maar ek is gelukkig meeste van die tyd by die huis.
Ek het met Christie agtergekom dat as ek haar so borsvoed sluk sy min of glad nie winde nie. Dit is so met Nadia ook, sodra sy anders drink, dan sluk sy winde. Dis ook lekker in die aande, want dan raak ek partykeer aan die slaap terwyl sy drink.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account