file Oktober mammies 2010

15 years 10 months ago #140749 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Geniet jul lapdoeke! Ek is maar ñ weggooidoeke mamma. Werk net vir my makliker. Maar ek brag baie met julle mammas wat lapdoeke gebruik! Ons 'groen' mammas! Anina ek gebruik Echinaforce en daarmee saam Biostrath tablette. Glo maar in die natuurlike middels. Het net besluit ek soek glad nie ñ aircon in my huis nie! Claudia lyk te pragtig! Elaine hoe was die melktert toe? Of hou jy nie van daai tipe melktert nie?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #140746 by Elaine
Replied by Elaine on topic Re: Oktober mammies 2010
Ek gaan nou net vir jou iets vra, gebruik jy sta soft vir jou doeke?

Ek gebruik Earthbabies se waterproofs. Dit word van ingevoerde PUL materiaal gemaak. Ek help hulle partykeer uit en maak dan van hulle goed vir hulle.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #140739 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Elaine, ek gebruik gewoonlik stegi waterproofs maar het nou 'n bambinomio een gekoop vir die aande, dan sit ek ook deesdae 'n fleese insert in in die aand. My doeke is van dik glodina tipe handoekstof gemaak. Enige raad sal op die stadium waardeer word!!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #140720 by Elaine
Replied by Elaine on topic Re: Oktober mammies 2010
Claudia is te pragtig. Ek kan nie wag om vir Nadia ook bietjie op te dress nie. Sy het nie vreeslik baie newborn klere nie en dit is al wat op die stadium pas, sy versuip in 0-3 maande en ek het tonne 0-3 maande kleertjies gekry en die oulikste klere.

Anina, Christie het nog nooit haar self so nat gepiepie dat haar klere ook nat is nie. Ek dink dit is 'n seuntjie ding, seuntjies piepie mos maar anders as dogtertjies. Watse tipe waterproofs gebruik jy?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #140713 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Ek onthou nou Elaine. Ek is het net nooit my geheu terug gekry na die swangerskap nie... Ek maak ook mos die doeke self. Hoe werk dit vir jou met Christie deur die nag? Ek sukkel deesdae met Stefan, nes ek 'n aanpassing maak en dink dit werk dat pieps hy weer deur die doek. Ek het al weggooi doeke ook probeer in die nag maar dit werk ook nie, hy word sopnat wakker!!!

Janine, bly jy het die groot dors oorleef! Gaan dit goed verder?

Christa, jy moet jouself maar dokter, ek glo mos in echinaforce. Ek maak dit aan in 'n waterbottel, dan vat ek elke 10min 'n sluk.

Hier is bietjie 'n foto van Claudia, ek het dit Vrydag geneem vir foto friday maar nooit sover gekom om dit te post nie.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #140700 by Elaine
Replied by Elaine on topic Re: Oktober mammies 2010
Anina, ek is al lank deel van die lapdoek brigade....lol. Het vir Christie van geboorte af op lap en nou vir Nadia ook. Ek love my lapdoeke. Ek maak dit self, het nou die dag 'n foto van Nadia opgesit met 'n lapdoek aan wat ek vir haar gemaak het. Ek gebruik ook washable wipes saam met die lapdoeke. Dit spaar my regtig 'n hele paar rand.
Christie is nou 2jaar en 4 maande.

Hier is die foto weer, dan hoef jy nie te gaan soek nie.


Lily, baie dankie. Die Cornwall Hill Clicks is die naaste aan ons. Bly in Pierre van Ryneveld, hoef net oor die snelweg te ry dan is ons daar. Bly om te hoor dit is hulle wat die staat ente doen. Nadia is darem eers in Januarie 6 weke, maar sal wel voor af bel.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #140686 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Carmen, jou make up sessie klink interessant. Ek sukkel ook met moomie vandag.

Elaine, hoe oud is Christie nou? En hoe het ek dit gemis dat jy ook lap doeke doen? Jitte maar ons is 'n hele spul hier wat lap gebruik!!!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account