file Oktober mammies 2010

15 years 10 months ago #140685 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Carmen, jou make up sessie klink interessant. Ek sukkel ook met moomie vandag.

Elaine, hoe oud is Christie nou? En hoe het ek dit gemis dat jy ook lap doeke doen? Jitte maar ons is 'n hele spul hier wat lap gebruik!!!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #140684 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle! Ek sukkel met moomie vandag. En dan het ek nog een of ander pes ook opgedoen. Voel om in die bed te klim, my kop met die duvet toe te trek en net te slaap. Maar wie sal dan my ou seuntjie versorg?! En ek het nog soveel goed om voor die naweek te doen! Ons braai was toe heel lekker Vrydag. Dis waar my vrot siek vandaan kom. Het reg onder ñ yskoue aircon beland. En nou sit ek met die resultate. Anina dalk voel Stefan nie lekker nie. Hierdie weer van ons wat dan koel en dan warm is, is net moeilikheid! Ek haal my hoed af vir julle wat met ñ baba en nog kleingoed sit! Ek kan glo dit gaan soms rof! Hoop julle het almal ñ lekker dag!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #140683 by Lily
Replied by Lily on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle almal!

Sjoe, nou omtrent gelees om weer op te vang!

Elaine, sien jy't laasweek gevra oor die Clicks - dis die een by Cornwall Hill in Elarduspark wat die staatsente doen, bel net vooraf om seker te maak hulle het al die ente in voorraad maar dit klink my sy kry redelik gereeld nuwe voorraad in.

Bly dit gaan goed met almal so tussendeur al die voedings en min slaap.

Gaan goed met ons ook, Ilse het begin agterkom daar's nog 'n tietie met melk, so nou los sy darem al vinniger om weer aan die ander kant te drink. :laugh: Was laasweek op die GROOOOT dors vir so 3 dae, het omtrent leeg getap gevoel, maar hopelik het sy sommer mooi gegroei van al die melk. Juis môre ons 6 weke gynae en pediater afspraak - dis darem lekker om elke keer te sien hoeveel hulle opgetel het intussen ne.

Ai, gedog sy gaan nou lank slaap, maar duty calls - chat ander dag weer!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #140677 by Elaine
Replied by Elaine on topic Re: Oktober mammies 2010
Anina, ek is ook so bang dat Christie se persoonlikheid heeltemal gaan verander agv die babatjie. Sy was altyd so gelukkig tevrede kind en sy gooi deesdae vreeslik tantrums en doen stoute goed en is ook vreeslik ongehoorsaam. Ek hoop maar dit waai oor as sy eers meer gewoond is aan die nuwe kleinding. Ek is ook veronderstel om haar te potty train. Altwee my oudste is gepotty train voor 2, ek het net nie kans gesien om haar te potty train voor Nadia hier was, want ek was bang sy kry 'n terugval en nou weet ek nie of ek lus is daarvoor nie. Ek weet dit is baie sleg van my, maar ek moet dit seker begin. Sy het al baie keer op die potjie of toilet gepiepie, gewoonlik as ek haar doek afhaal wil sy gou gaan piepie. Ek sou dit seker vroeer begin doen het as sy op weggooidoeke was, want ek sou nie kon uithou met die prys van doeke om twee op doeke te he, maar aangesien altwee op lapdoeke is, pla daai gedeelte nie.

Ek is so gelukkig hierdie week. Woensdag kom my beste vriendin hier kuier, ons is al maatjies vandat ons 11 jaar oud was. Haar dogtertjie word Maart 2 en sy en Christie speel lekker saam, maar ons sien mekaar min, want hulle bly in Vanderbijlpark.

Vrydag kom twee ander vriendinne kuier. Die een is 'n fotograaf en sy gaan fotos van Nadia neem en die ander een brei beanies en ander foto props en wil dan vir Nadia gebruik as 'n model.

Nou sit ek net met een dilemma, ek wil vir Woensdag en Vrydag 'n tert maak, nou moet ek besluit watse tert maak ek wanneer. Ek gaan 'n cremora tert maak en 'n melktert.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #140675 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle

Het vreeslik gesukkel om op die site te kom, genade!!

Gaan goed hier, het make-up gedoen vandag, 5 Indier girls wat Indian Classical dancing doen. Hulle het darem maar pragtige outfits en haar pieces en the works!

Riley le ne slaap hier langs my op die bank, so niks nuus juis aan my kant nie.

Lyk asof dit darem goed gaan met almal! :)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #140674 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Elise se laptop is stukkend en Ralmarie sukkel met haar internet, ek hoop hulle sort hul goedjies uit voor hule leer om sonder moomie te lewe.

Ek sien wel Christa is nou aanlyn, hopelik is jy besig om te post.

Ek het vanoggend baie gesukkel om op moomie te kom, die site het seker ietsie fout gehad want al die ander websites waarop ek was het gewerk.

Elaine, ek hoop as hierdie tyd verby is onthou ek net die goeie goed. En ek hoop nie ek doen in die proses skade aan my seuntjie nie, hy is so 'n wonderlike happy kind ek hoop nie ek krenk hom nie. Maar hy is vandag nie lekker nie, selfs toe claudia nou lank geslaap het en ek net aan hom aandag gegee het was hy maar kermrig. Dis seker maar nog die aaklige kiestande wat hom pla ek het hom nou nou bietjie nurofen ingejaag en nou is hy heelwat vriendeliker.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #140650 by Elaine
Replied by Elaine on topic Re: Oktober mammies 2010
Anina, dit is nogal rof met 2 wat so naby mekaar is. My oudste twee verskil 18 maande, ek dink dit was rof, maar kan nie regtig onthou nie. Dit wys jou, mens sukkel dalk daai tyd, maar vergeet gou daarvan.
Ek onthou net dat Madelaine altyd in die kot ingeklim het en het eendag sommer Jane se doek afgehaal. :laugh:

Vandag is nie 'n baie produktiewe dag nie. Nadia het vanoggend bietjie lank gevat om te gaan slaap en was kriewelrig, toe moes ek gou ry en die dvd'd terug vat wat kinders gister gekyk het, terug gekom by die huis het ons gou ietsie saam met tee ge eet en toe moet ek sorg dat Christie in die bed kom vir haar middagslapie. Nou is ek veronderstel om gou die skottelgoed te gaan was en die vloere te was, maar ek weet ek gaan seker net begin dan is dit weer tyd vir Nadia om te drink. Dae soos vandag is nogal 'n challenge. Gelukkig weet ek dat niemand vandag hierheen sal kom en my deurmekaar huis sien nie, maar dit pla my wel.

Waar is al die ander mammas? Elise, Ralmarie en wie is daar nog? Julle is stil, hou die kleingoed julle besig?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account