file Oktober mammies 2010

15 years 10 months ago #140294 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Elaine sy is pragtig!!! Ek sal vanmiddag bietjie fotos opsit.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #140287 by Elaine
Replied by Elaine on topic Re: Oktober mammies 2010
Foto Vrydag

Nadia op 2 weke

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #140268 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle

Christa, ek gebruik So Pure Baby se muskiet spray. Dit is great, dit ruik glad nie sleg of skerp nie en werk regtig baie goed. Ek het dit by baby city gekoop vir R25.

Carmen ek weet ook nie hoe mense so sleg na 'n plek kan kyk nie. Ons huur ook die huis waarin ons nou bly en ek onderhou dit asof dit my eie huis is. Dis mos ek wat hier bly so ek sorg dat ek myself nie hoef te skaam vir my blyplek nie. My landlord bly langs ons ek kom kuier partykeer hier en sy dink ons is huurders uit die hemel uit.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #140263 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
More

Ekke moet ook nog wipes kry vir die muskiete! Ons het van daai inplug goete in die kamers vir die muskiete, dis mos veilig sover ek weet, ne?

Elaine, is ons nou weer huurders vir 9 jaar en ek moet se ek kannie verstaan hoe mense sulke slegte huurders kan wees nie!! Ons betaal altyd op tyd, eintlik vroeg, elke maand, breek nie goed nie, pas alles baie mooi op! Dan as mens gaan kyk na party plekke dan het huurders stukke van die muur uitgebreek, die kaste is alles stukkend....ek kan dit net nie verstaan nie?? :blink:

My swaer hulle het so ruk terug ingetrek by 'n plek waar die vorige huurders selfs die lightbulbs gevat het voor hulle loop en die lightfittings gesteel het? Nee kyk...

Ekke het vanmiddag 'n pedi en mani, het nog 'n voucher van my babayshower, so ek sien ui daarna!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #140251 by neln
Replied by neln on topic Re: Oktober mammies 2010
More Almal

Hoop dit gaan goed met almal.

Christa mens kry 'n wipe vir die kleingoed ek dink dis pigeon wat dit maak vir die muskiete.

Lekker dag.

Stefan Johan Nel - 06/10/10, 4.225kg, 53cm
11 weke - 6.4kg

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #140250 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
More almal! Hoop julle en die kleingoed het lekker geslaap! Maré het nou 2 aande van 8uur tot halfvyf geslaap. Dis te lekker! Ons gaan netnou dept. Arbeid toe om die vorm vir die maand se uif in te gee. Julle moet ñ lekker dag he!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #140223 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Elaine sterkte met die huurders! Hoop julle kry gou kopers en julle prys! Elaine geniet manlief by die huis! Help asseblief? Kan ek vir Maré Peaceful Sleep of Tabard aansmeer vir die muskiete? Of is daar iets anders wat sal help? Ons gaan more aand na ñ braai en ek wil nie he hulle moet hom toetakel nie. Lekker slaap!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account