file Oktober mammies 2010

15 years 10 months ago #140222 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re: Oktober mammies 2010
Anina, lance is nou 2jr, 3mnde. Van 2 af ht hy beter begin verstaan. Voor dit ht ek nie regtig gestraf of reward nie, hyt maar net nie verstaan nie.

Lance ht vandag so baie stickers gekry... Hy het vir eerste keer in toilet gepiepie!! Sommer 2 keer. En toe bollie hy nog in potjie ook!! Sommer so sonder dat ek vir hom gevra ht om te gaan. Ek ht vroeer die week vir hom gese hy kry 2 stickers as hy in potjie bollie. Toe hy klaar was , was hy so opgewonde oor sy stickers. Moeder mammie, ek kan hom opvreet! Ek is so trots op hom.

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.


[/link]


[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #140157 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Ai Elaine, huurders kan erg wees!! Ek weet, ons het 'n meenthuis in Pretoria met huurders daarin. Gelukkig is die girl wat nou daarin is great maar die 2 vorige stelle huurders was aaklig. Na die laaste mense uit is moes ons die matte vervang en die hele plek uitverf omdat hulle dit so verniel het. Dit het my 3 dae gevat om die VUIL af te was van alles af. En hulle het katte gehad wat die wereld vol gepiepie het, die gaste toilet het woes geruik van die katpiepie. Dit was 'n stryd.

Hoop jy en manlief geniet daai tert, ek was ook vanoggend lus om dit te maak. Sal kyk of ek more nog so lus is, melktert is darem lekker.

En jou fototjies is oulik, ons gee nie om nie dis mos lekker om te kyk na al die ou gesiggies. Jou kids het darem baie verskil in gewig ne? Ek dink as my eerste 3,9kg was sou ek te bang gewees het om weer normaal te kraam!!

Carmen, ek sukkel self met die slaap vandag. Ek gaan le saam met Claudia en dan wil sy net wakker wees. Teen die tyd wat ek haar wel kry om te slaap moet ek gou iets gaan doen, en dan as ek weer wil gaan le, word sy wakker!

Christa bly jy vorder so goed met die doop pakkie! Dis darem spesiaal om selfgemaakte goedjies vir die kiddies aan te trek ne. Ons het Sondag na my ma se 60ste toe vir Claudia die mooiste ou rokkie aangetrek wat my ma vir haar gemaak het. Sy het soos 'n prinses gelyk. Ek het nie tyd gehad vir fotos neem nie, maar sal die die naweek weer aantrek en bietjie fotos neem.

Geluk met die nuwe karre Gerne, dis altyd lekker om 'n nuwe kar te ry. Hoe se hulle, a change is as good as a holiday!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #140130 by Elaine
Replied by Elaine on topic Re: Oktober mammies 2010
Na ons troue het ons in Standerton gebly, dit is waar ML gebly het en hy het daar 'n huis gekoop waarin ons toe gebly het. Dit is nogal 'n groot huis met 'n BAIE groot erf. Daar is ook 'n woonstel agter in die erf. Die erf is 3600 vierkante meter.

Ons het toe Mooinooi toe getrek agter werk vir ML, ons het toe die Standerton huis net laat verhuur en ons het toe 'n huis in Mooinooi gekoop. Dinge het nie daar uitgewerk nie en ons is toe Nigerie toe, het daar vir 7 maande gebly en nou is ons in Pretoria in 'n huurhuis. Dit is vir my aaklig om nie meer my eie plek te he nie, maar hopelik sal dit beter wees as ons eers na 'n ander plek toe trek, ons het in die huis ingetrek net vir 6 maande, ons trek einde Januarie en as dinge uitwerk gaan ons ML se broer se huis huur en dan gaan dit lang termyn wees.

Ek hardloop nou 'n hele draai met wat ek eintlik wil kom se. Dit is vandag al die 9de en die huurgeld van die Standerton huurders is nog nie inbetaal nie. Dit maak my so boos, ons debietorders word terug gestuur en ons moet bankkostes betaal agv daarvan. Ons het al paar keer met die agente gepraat, dan se hulle dat volgens wet die mense tot die 7de het om te betaal, maar dit is dan vandag al die 9de. Ons is moeg gesukkel. Ons het huurders in ons Mooinooi huis ook, hulle betaal darem altyd op tyd.

Ons het altwee huise nou in die mark, ons kan nie meer so voort sukkel nie. Maar dit lyk ook nie of die agent in Standerton veel moeite doen om die huis te verkoop. Ons het die Mooinooi huis nou eers in die mark gesit.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #140129 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Gerne geniet jul bakkie! Bly Ruben slaap soveel beter! Elaine ons is mal oor fotos, so sit hulle op. Geluk met Nadia se 2wke! Bly jou man kom bietjie huistoe, nou sal jy ook sommer beter voel! Ek en Maré gaan bietjie by my sus kuier. Moet net ñ slag uit die huis kom! Bure maak my gek! Dis ñ kompressor aan die 1 kant en ñ aircon aan die ander kant! Die gedreun maak my mal!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #140126 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
hi

Mensig, maar ekke is vrek moeg vandag...ek sukkel om my oe op te hou en nou wil R so wakker as moontlik bly!

Gerne, baie geluk met die karre!!! Watter Corolla ry jy dan nou, ek neem aan dit was voorheen Tim se kar?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago - 15 years 10 months ago #140104 by Elaine
Replied by Elaine on topic Re: Oktober mammies 2010
Christa, baie dankie vir die resep. Vriendin het toe bietjie vroeer gekom as wat sy sou, toe het ek nie eers tyd om iets vinnig aan mekaar te slaan. Maar ek het inelkgeval die tert nou net gemaak, want ek is lekker belustig en ML kom vanaand huis toe, dan is hier ietsie lekkers vir hom ook.

Ek hoop nie julle gee om oor al die fotos wat ek opgesit het nie, ek was net verveeld gisteraand.

Ek het weer fotos van Nadia geneem, maar ek sal dit bere vir more se foto Vrydag. Sy is vandag al 2 weke.

Vriendin wat hier was se kleintjie is nou 4 maande en sy weeg nou maar 4.8kg. Sy was 2.5kg met geboorte.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #140094 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi

Ons nag was baie goed, R het ook so halfuur wakker gele en geskop en smile maar darem weer maklik geslaap.

My man het gister by die werk n bakkie gekry. Toyota hilux raider 2009 double cab. Dis n pragtige bakkie! Ons is so bly. :) my boetie koop nou my citroen c3 dan vat ek die corolla. Dis n lekker familie kar. Maar ek gaan my c3 vreeslik mis, hy is so klein en cute en ry ongelooflik lekker. Hy is ook vreeslik lig op diesel! Ek love n diesel kar. We'll ten minste bly sy in die familie.

Ekt my boet se meisie se verloofring gesien, dis so pragtig. Klein en fyn maar stunning. Hy kan nie wag om haar te vra nie, se hy gaan sommer die eerste aand as hy by die see is :)

Christa, sterkte met die laaste afwerkings aan die pakkie

Carmen, bly j man is beter, hoop nie die sushi krap hom weer om nie ;)

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account