file Oktober mammies 2010

15 years 10 months ago #139831 by Elaine
Replied by Elaine on topic Re: Oktober mammies 2010
Ek kan nie glo my poppelief is more al 2 weke nie.

Ek is nogal skrikkerig om een ding te doen met al 4 meisiekinders en dit is dorp toe gaan, selfs net om spar toe te gaan om brood te koop lyk vir my na 'n groot missie. Ek het nog nie nodig gehad om dit te doen nie. Maar nou dat dit skool vakansie is en al 4 heeldag by die huis is gaan ek dit moet doen.

'n Vriendin kom more vir my kuier en ek het nou niks eers lekkers om vir haar te gee saam met koffie nie en ek sien nie kans om winkels toe te gaan en iets te gaan koop nie. Sal moet kyk wat ek het en dan iets daarvan maak. Ek kan altyd 'n melktert maak, maar ek dink nie ek het margarien vir die kors nie.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #139795 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Helene, eks bly dinge is terug na normaal toe by jou. Dis lekker om 'n sisteem te he wat werk. Hoe oud is Lance nou? Ek dink nie my Stefan is al oud genoeg om vir sterretjies te werk nie...

Gerne, wow vir die lank slaap!! Ek hoop dit hou so aan. En geniet daai smiles, ek is seker Claudia smile ook soms vir my.

Elaine, bly jou kuier was lekker. Geniet die paar daggies wat ML terug is. En ek dink ook wees maar net dankbaar oor die baie slaap!!! My ma se altyd hulle word hier teen 3 weke wakker... ek dink Claudia het die week begin wakker word! Maar sy slaap darem ook nog goed in die aande.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #139738 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Anina, geluk met die omrol! Wow ne! Sy is lekker sterk, nou gaan jy haar mooi moet dophou :). Ek kan ongelukkig nie die video van my foon af kyk nie.

Helene, die chiro het gehelp, hy is maar steeds arms-baba maar hy slaap baie beter. Hy het gisternag van 10uur tot 4uur geslaap! Kon dit nie glo nie, ek was so uitgerus :)

Christa, sterkte met die dooppak maak. Kan nie wag om dit te sien nie.

Elaine ek sou ook net dankbaar gewees het LOL

Julle ek en DH het nou n ruk gekyk na Rubentjie se 'smile' en gisteraand finaal besluit dis nie krampies nie, hy smile! En dis ook net as pappa met hom koer, dan smile hy sommer dat sy ogies sulke skrefies trek, dis so cute. Ek sit nou met die kamera reg! En hy het al begin geluide maak, nie vreeslik nie maar so 2keer! Ek is so bly om te sien hy smile, ek was so bang sy lewetjie is so onaangenaam dat hy glad nie sal smile nie.

My boobsies is al bietjie afgesak, goeie ding want hul is nie meer so seer nie maar het ek so gehoop hulle bly so mooi groot :). Lyk my ek gaan maar weer met n -A oorsit :(

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #139722 by Elaine
Replied by Elaine on topic Re: Oktober mammies 2010
Ek is weer terug by die huis. Ek het Sondag op die ingewing van die oomblik besluit om my ma hulle te gaan verras met 'n kuiertjie.
Dit was lekker om bietjie uit te kom. Sou langer wou kuier, maar my bediende kom more in en ML kom more aand huis toe....jipppie.

My moeder was so dierbaar en het vir my beskuit en gemmerkoekies saam gestuur huis toe, tuisgebak soos net my ma kan. Sit nou juis en geniet 'n koppie tee met koekies en beskuit.

Ek weet nie of ek moet dankbaar of bekommerde moet wees omdat Nadia so baie slaap nie. Sy het Maandag aand van 9uur tot 4uur geslaap en dan slaap sy deur die dag ook baie en gisteraand van 8uur tot 3uur. As sy wakker word drink sy net en slaap verder, dit is selde dat sy winde het wat haar pla. Ek moet seker maar net dankbaar wees. Sy drink goed as sy wakker is en sy lyk verder gesond.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #139672 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re: Oktober mammies 2010
Christa jy klink heel bekwaam met die naaldwerk! Stefan trek lance se pakkie aan. Ons gaan doier 26ste des doop. Somme na chrismas terwyl die hele familiy saam is!

Ons is vandag weer terug op ons reward sisteem, nou gaan alles sommer baie beter met lance! Hy kry sticker vir luister na mamma, of as hy iets goeds doen, of toilet piepie of bollie! Dit werk soos 'n bom julle! Hy gaan staan elke keer voor sy plakaat en vra vir 'n plakkie, dan verduidelik ek en dan se hy baie opgewonde "JA". Hy verstaan nou so mooi!

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.


[/link]


[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #139619 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Sarah, that massaging is easy: You start with the letter I, start a little above the navel and draw an I down to the bottom of the tummy. You can press firmly.
Then you do an inverted L: Start at the top of the tummy at the right hand side, draw the long leg of the L down, then the foot of the L accros the tummy at the bottom towards the left.
Lastly the U: Start at the left top of tummy. Draw down, then across at the bottom then up again to the top right.
There you have it, I L U.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #139588 by neln
Replied by neln on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi almal

Sal netnou bietjie kom oplees - dis botteltyd vir Stefan.

Gerne onthou om die 0-6mnde SMALL hole te koop as jy die NUK tiete wil gebruik - ek gebruik dit met Stefan - hy weier al die ander tiete!!! Die medium hole sluk hulle vreeslik winde.

Praat later - boeta roep!

Stefan Johan Nel - 06/10/10, 4.225kg, 53cm
11 weke - 6.4kg

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account