file Oktober mammies 2010

15 years 10 months ago #140040 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo, glo dit gaan goed met almal. Carmen bly jou man is beter! Ek is darem amper klaar met Maré se dooppakkie. Nog net moue insit, knoopsgate maak en dan die knopies, press studs en handsoompies. En die handwerk is die tydrowendste van alles. Ek kan nie wag op dit vir hom aan te trek nie! Hy gaan so mooi lyk! Hoop julle het ñ lekker dag!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #139917 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle

Het vinnig deur almal se posts gescan om op te vang!

Elaine, die foto's is pragtig!

Gerne, ek is bly die massering werk darem! Hopelik hou die rustigheid!

Helene, bly Lance is nou terug!

Manlief is darem nou wee beter!

Het gisteraand bietjie sushi gaan eet! Njammie, dit was lekker!

Riley was gister pediater toe vir 6 weke afspraak, en alles lyk 100% sy is reg soos 'n roer

Sy het gisteraand besluit om 1 uur wakker te word en vir 'n uur en 'n half te le en smile en te "gesels" en geluidjies te maak die heeltyd! het seker gedink dis 'n gelee tyd :laugh:

Ok, lekker dag vir julle, ekke het mak-up trial vanmiddag wat ek moet doen

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #139899 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
More!

Gerne ek hoop jy het toe n rustige nag gehad. Ek het een van ons min onrustige nagte gehad. Sussie het bietjie krampies gehad maar ek dink in vergelyking met meeste ander babas was dit nogsteeds rustig.

Christa sterkte met daai doop pakkie vandag.

Ek dink ek en sussie gaan probeer om nog so 'n uurtjie se slaap in te kry.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #139866 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Elaine al die fotos is so pragtig! Die dogtertjies se doop rokkies is darem spesiaal ne!

Julle - R was vandag so soet, ek dink hy het ingehaal vir die laaste 4weke se slaap wat hy gemis het :). Hy was so rustig vandag, as hy wakker was het hy gele en skop en was so happy. Hy slaap nou al...kan dit nie glo nie, gewoonlik slaap hy eers half 12. Ek hoop dit gaan so goed vir n rukkie!

Lekker slapies almal

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #139859 by Elaine
Replied by Elaine on topic Re: Oktober mammies 2010
Christie met haar doop en doopkoek

Ons moes vir haar 'n ander rok maak, want sy het versuip in haar sussies se rok.



Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #139858 by Elaine
Replied by Elaine on topic Re: Oktober mammies 2010
Jane met haar doop en doopkoek
Sy het dieslefde rokkie as Madelaine aangehad.



Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #139857 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Anina jy is reg dis rof, maar nie onmoontlik nie. Net 3kg per mnd! Ai Elaine dis sleg met jou man wat weg werk! Huil maar bietjie dan voel jy beter. Hier is die mikrogolf melktert: 3 e meel, 3 e maizena, half t sout, 1 kop suiker, 3 eiers geklits, 4 kop melk, 1 e margarien, 1 t vanielje, fyn kaneel. Kook 4 kop melk en 1 e marg in mikro, so 10min op hoog. Hou dop vir oorkook! Meng meel, maizena, sout, suiker en eiers goed. Roer met draadklitser by gekookte melk in. Meng baie goed! Voeg vanielje by. Sit in mikro vir 3min op hoog. Klits goed. Weer 3min op hoog. Klits weer goed. Giet in 4kantige tertbord wat met tenniskoekies uitgevoer is. Sit weer in mikro vir 7 of 8 min op med hoog. Strooi kaneel oor, laat afkoel en geniet. Ek gebruik tertbord wat 30 by 30cm is, vat 9 koekies. Ek dink jy kan marg met olie vervang. Dis lekker maklik en vinnig! Lekker aand vir almal! Ek sit met ñ seuntjie wat bietjie olik is van sy ente. Darem nie te erg nie, hy soek net mamma se arms. Ai en die muskiete vreet hom op! Lekker slaap!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account