file Oktober mammies 2010

15 years 10 months ago #139856 by Elaine
Replied by Elaine on topic Re: Oktober mammies 2010
Madelaine met haar doop en haar doopkoek

Ons het nie baie fotos van haar nie, het nog nie 'n digitale kamera gehad nie en sy het omtrent heeldag geskreeu met haar doop, sy was maar 'n moeilike baba.



Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #139855 by Elaine
Replied by Elaine on topic Re: Oktober mammies 2010
Madelaine met geboorte 3,92kg, 52cm


Jane met geboorte 3.19kg, 55cm


Christie met geboorte 2.59kg, 49cm


Nadia met geboorte 2.85kg, 49cm

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #139852 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Elaine, ek hoop 30 is dan nog 'n rukkie weg... Ek word vlg jaar 30, ek is nie seker of ek uitsien daarna of bang is daarvoor nie.

Ek het ook anderdag op die skaal geklim, en ek is terug op wat ek was voor ek vir Stefan verwag het. Maar na Stefan en voor Claudia was ek nog 4 kg ligter. Ek dink nie ek wil nog 4 kg verloor nie, ek was baie maer gewees.

Christa, jy sien kans vir baie. 30 kg in 10 maande is nie 'n grappie nie! Hoop jy kry daai doop pakkie klaar. Claudia word in my dooprok gedoop, dis nou as sy nie teen Januarie te groot is daarvoor nie.

Gerne, ek dink dit word suur. Dit is mos maar melk. As baba drink kom daar van sy spoeggies in die bottel in. En spoeg het ensieme in wat die stysels en suikers in die melk begin verteer. Dis ook die rede hoekom mens die baba kos moet weggooi as jy baba uit die botteltjie uit gevoer het, al is daar nog 'n halwe ete oor.

Ek het vannaand die advertensie vir die Nutcracker ballet op TV gesien en toe se ek vir Johan ek is lus om dit te gaan kyk. Ek het nooit ballet gedoen nie, maar ek het die Nutcracker gekyk toe ek 'n klein dogtertjie was en sal dit graag weer wil sien. Toe se my man actually hy sal saam gaan!!! Ek het nou gekyk, die kaartjies is maar R80 pp. Ek gaan net eers my vriendin vra of sy wil saam gaan, want ek dink nie my man wil regtig gaan nie... of miskien wil hy sectrely baie graag gaan ballet kyk. Miskien wil hy net die girls se mooi bene uitcheck. My skoonma het ook geballet, maar ek kan haar nie vra nie, sy moet die babas oppas!

Lekker aand julle!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #139850 by Elaine
Replied by Elaine on topic Re: Oktober mammies 2010
Christa, ek het darem nog so 17 maande voor ek 30 is. Wil eintlik meer as 30 verloor, maar wil dit nie vir myself te moeilik maak nie.

So gepraat van doop. Ek wou vir Nadia Januarie doop, maar ML werk weer weg begin Jan en hulle ry gewoonlik Sondae al, sal dan in Feb doop. Nadia gaan die dooprok aantrek waarin ML gedoop was. Die rok is amper 100 jaar oud as ek reg onthou.

Ek is vanaand bietjie tranerig, mis vir ML. Sal nou nou as al die kids slaap bietjie fotos kom deel.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #139839 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Lol Elaine! Dis wat ek ook wil verloor hoewel 30 baie ver terug le! Ek sal voor ek 40 is as doel stel en dis 10 mnde van nou af! Ek stoei nog met die dooppakkie! Moes eers vir vandag ophou. Het Maré gaan haal en wag vir Piet. Vanaand koop ons sommer vis en tjips. Maré sou more weer na ouma toe dat ek kan klaar maak, maar sy het vergeet en ander planne gemaak. Sug! Siestog sy is darem al 72, so ek verstaan. Nou sal ek rondom voedings en speel moet werk! Gerne so bly vir jou goeie nagrus! Nou sal alles sommer beter gaan! Jy kan van my DD's kry! Yay vir die laggies! Elaine ek het ñ maklike mikrogolf melktert, sal netnou resep vir jou opsit.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #139836 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Elaine, dis great! Wens ek was al da!

Wil gou vra, hoekom moet mens die nan wat oorbly weggooi?

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #139833 by Elaine
Replied by Elaine on topic Re: Oktober mammies 2010
Wou nog se, ek het vir die eerste keer op 'n skaal geklim na die geboorte toe ek nou by my ma hulle was. Ek het nog net 2kg om te verloor dan weeg ek wat ek voor swangerskap geweeg het, maar dan het ek nog so 30kg om te verloor wat ek oorgewig was voor die swangerskap. :blush:
Ek het nog elke keer na my swangerskappe al die gewig verloor wat ek opgetel het met die swangerskap, maar dan het ek maar net weer gewig opgetel sonder om swanger te wees.
Ek het nou 'n doel vir myself, ek wil ten minste 30kg verloor voor ek 30 is.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account