file Oktober mammies 2010

14 years 10 months ago #213712 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re: Oktober mammies 2010
Ek is oop die 19de ook. Het nie veel wat nou gebeur op Saterdae nie, alles gebeur nou op Vrydae aande. En hier en daar iets in die week.

Andersins moet ons maar eet van 1 uur af en dan later die koek ding doen as Hasie by is. Ek het nog nie begin met Weigh Less nie :blush: so ek sal 'n ete en koek kan inpas. :P

Kwaatjie ek hoor jou oor die tyd ding. Ek kan ry in 2 ure Potch toe, maar ons is anderkant die dorp weer 7km uit so ja ek dink 2 1/2 ure is goeie tyd. En dis as daar nie 'n ongeluk of iets op die pad is of verkeer nie. So ek stem, niks later as 4 uur op die laaste nie.
Ons gaan 5 ure op die pad wees en jy 6 ure vir die dag.

Laat weet jul ander wat jul dink.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 10 months ago #213703 by Voetjies
Replied by Voetjies on topic Re: Oktober mammies 2010





DF baie sterkte, klink nie na n maklike situasie nie!
Bollie - good for you om te begin ten minste!
Hou baie van die website, het nou net so vinnig kon loer, sal later weer meer in detail gaan rondkyk!

Ek kan nie onthou wat die res van julle gese het nie....sorry!

Gaan bietjie besig hier. En tussen deur probeer ek Mia se bday foto's op facebook laai. Dalk moet die van julle wat wil, my eerder op facebook invite (m.a.r.s.a.d.u.p.l.e.s.s.i.s) dan kan julle die foto's daar sien. Ek sal later probeer so foto of 2 hier kom laai. Dit was mos maar net die family wat daar was, maar sjoe Mia is lekker bederf met pressies. Die dag was vir ons lekker en spesiaal gewees.

Ek volg julle boodskappe op email en sien julle wil dalk die datum verander...ek is maklik, sal inpas by wat julle besluit. So count me in by wat ook al die meeste "votes" het.

Gesels weer wanneer ek n kansie kry. Lekker dag vir almal!
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 10 months ago #213701 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hasie ek weet nie hoe Handjievol daaroor voel nie maar die tyd faktor maak dit vir ons bietjie moeilik. Onthou van Pretoria af is dit minstens 2 en 'n half uur se ry vir ons tot in Potch en dan nog 40 minute vir my tot by die huis. So as ons tot 4uur kuier, kom ek eers 7uur tuis. :huh:

Bollie is jy vas die 19de? Of kan ons dit dalk dan maak?

Ons klomp wil so graag saam kuier, iewers moet ons regkom! Waar is Dragonfly, Voetjies en Grenaat? Wat dink julle?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 10 months ago #213686 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
My goed het toe weer verander, die 19de is ek oop, my kursus het geskuif na die 3de toe...

Maar wat daarvan as ons dit 'n middag koek en tee maak en nie middag ete daar eet nie. Dan kuier ons van 2 uur af tot so 4 uur? Wat dink julle?

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 10 months ago #213676 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re: Oktober mammies 2010
Goeie Middag almal hier onder die stof uit. :lol:

Die 3de is reg met my ook, laat weet jul ander maar.

Hasie ek neem aan dis 12,2 kg? En dalk so bietjie aan die ligte kant. ;)
Jys eintlik gelukkig, jys nou nog so klein. :)

Bollie ons kan dalk 1 uur ook begin as dit beter sal werk of soos Kwaadjie se 'n ander naweek. Wat se jul ander? Styf is 'n goeie teken ne! :P

DF hoop jy het vandag sommer 'n wonderlike dag om op te maak vir gister. :woohoo:

Janine, waar is jy? :side:

Hoop almal se dag is verder baie lekker en minder stog belaaid (as daar so iets is)
Ek sal my sitkamer stel moet laat was of iewers 'n masjien huur. Dit het nou so ekstra bruin/grys lagie oor. Wonder waaarvan? :whistle:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 10 months ago #213668 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Bollie dis nie vir my 'n probleem nie. Wil jy he ons moet na 'n ander naweek kyk? Ek weet Hasie is vas die 19de en ek dink jy ook, maar ons kan altyd na die 3de Desember kyk? Wat dink julle?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 10 months ago #213663 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi

Lyk my die konsert is nou dalk eers 13:00 klaar die 26ste. Die klomp maak my mal!!!!! Admin by kleuterskool is nie van die beste nie!!

So ek gaan eers dalk half 2 daar aankom, gaan dit nog reg wees met julle? laat weet maar!! :angry:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account