Dankie Voetjies, waardeer! Ja dit is jammer ek gaan jou mis, maar ek sien jou darem so elke nou en dan as daar 'n Crous gathering is of iets
Sterkte met die kamer toe skuif, alles gaan fine wees!! Riley wil nou nie meer in haar kot ook wees nie, die kind raak verstrengel in die gate, sy slaap so rof haar bene haak vas in die openinge
Maar as sy op 'n bed gaan slaap, gaan sy verseker afval, sal maar een van daai goeters moet kry wat langs die bed opsit.
Shame, Riley is die target van 2 kinders wat byt by die skool, die kind is fyn en flenters gebyt. Die een dogtertjie het haar gister stukkend gebyt op 2 plekke laat die bloed loop!
Gelukkig steek hulle dit nie weg nie, die juffrou se my dadelik wat gebeur het en wie dit was ens. en daaroor voel ek gerus. Hulle het hulle handevol met die 2 wat so byt. Hulle probeer hulle nou leer as hulle wil byt, dan kry hulle so ding wat hulle op moet byt, en hulle gaan ook begin asyn en dinge gee in die mond om hulle te leer. Ek weet dit gebeur so vinnig, hulle sukkel om dit te keer.
So julle moet nou imagine, Riley skryf haarself eerstens af deur soos 'n malding te speel. (sy klim mos nou self van onder af na bo op die glyplank).
So Riley het nou 'n geel kol op haar kop van 'n bloukol wat geson word, sy het skrape op haar voorkop waar sy self in die baksteen muur vashardloop by die huis as y nie kyk nie, dan het sy bytmerke op die rug en bene en het haar arm nou die dag seergemaak, so sy is af armpie

Madam het "ge-geronimo" van die bank af
Nee kyk, sy is 'n wille wragtag en dan target die groter kinders haar oor sy baie kleiner is
Maar sy sal leef en sy sal leer om hulle regtesien!!
Hoe voel julle oor daai leibande vir kinders? Ek oorweeg dit om vir haar te kry, want sy wil alleen loop in die winkels en mall en wil nie jou hand vashou nie, so dan kan ek haar darem beheer