file Oktober mammies 2010

14 years 10 months ago #213835 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Ja, jy het 'n punt beet, Stefantjie gaan dit niks like om lee hande te sit nie. Ek gee nie om as ons elkeen vir ons eie kiddie iets koop nie.

En ek wonder ook oor die kleintjies se presentjies, moet ons nie dalk se wie moet seuntjie goed koop en wie moet dogtertjie goed koop nie?

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 10 months ago #213832 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hasie en Ralmarie, ek en Grenaat het nou net gewonder wat van geskenkies vir die groter kids? (Ludwig, Stefan en Henko) Dit gaan mos nie vir hulle lekker wees as die ander geskenke kry en hulle nie!

Enige voorstelle of idees? Wil julle elkeen self vir hulle ietsie koop, of wil julle elkeen vir een van die ander se kiddie iets koop?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 10 months ago #213820 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Ek sal met liefde my helikopter stuur om vir Pampoenpit en Stella te gaan oplaai... wishful thinking!!! Sorry julle outjies, ek wens julle kon dit ook bywoon. Ons sal maar 'n glasie op julle klink.

Ek stem, Voetjies, loop so rukkie weg by die ander party dan kom jy net vir 'n halfuur van tussen 1 en 2. Ag toe man!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 10 months ago #213816 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Nou kort ons nog net vir Pampoenpit en Stella ook by ons kuier! :cry: Is daar nie dalk iemand wat sy / haar privaat straler vir julle wil leen nie? ;)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 10 months ago #213812 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Cool, dan as HV en Kwaaitjie kan kuier tot 16:00 is meer as genoeg tyd! Ek sal direk vanaf die konsert ry, sal my so 30 minute maks vat tot by die plek :)

Voetjies, ek wou nog se Mia se koek was pragtig en bly julle het lekker partytjie gehou!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 10 months ago #213782 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
More more!

Yay vir die 26ste dan! Voetjies jy sal minstens net moet kom hallo se! Ons wil jou graag ontmoet! Kan mos darem 'n koeldrank saam met ons drink?

Hasie soos HV gese het is ons bereid om tot so 16:00 te kuier. En ons kan dit 13:00 maak.

Ja ek dink dis net Nadia wat oor is na Claudia. Kan net nie die datum onthou nie.

Julle dis sooooooo warm hier! Dit was gister 32 grade C in ons huis! Van die humiditeit praat ek nie eers nie! Ons kook!

Bollie jy hoef nie verskoning te vra nie! Ek is seker almal van ons verstaan! Ons is mos nou al mooi groot en weet van onvoorsiene omstandighede. Ons is net bly jy en Voetjies kan ook daar wees, al is dit bietjie later en bietjie korter! Dit maak nie saak nie! Ek is in elk geval sommer jaloers op Riley se konsert! Jy moet dit geniet!

Lekker dag julle! :rock:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 10 months ago #213772 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Ai Voetjies, dit sal nou jammer wees as jy die kuiertjie mis. Kyk maar hoe werk jou stories uit, miskien kan jy net vir 'n klein rukkie kom.

Ja ek weet nie wat met my kop aangaan nie, die 23ste het niks met 'n kuiertjie te doen nie, dit was net 'n tikfoutjie...

Ons hou Claudia se partytjie Sondag middag, dit werk makliker uit so vir die res van die familie, almal het kleuterskool konsert of ander goed aan die Saterdag.

Lekker daggie almal!!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account