file Oktober mammies 2010

14 years 10 months ago #212344 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle

Genugtig maar dis warm vandag, goeie wetter! :tmi:

Ons uiteet gisteraand was uit die boeke! Julle dit was Franse kos, maar die kos was absoluut hemels!! probeer gerus La Madeleine in Lynnwood Ridge.

My een vriendin se babatjie is vanoggend gebore, Ruben en hy is 4kg! Ek is soooo bly vir hulle! Hulle is die paartjie wat soveel jare gesukkel het. Sy het 4 miskrame gehad en In vitro en uiteindelik het hulle reggekom!

So more is Riley se partytjie! Hou asb. styf duim vas dat dit nie reen nie!!! :ohmy: :dry:

Ek sal bitter hartseer was as dit reen! Dit kan vanaand reen of Sondag, maar NIE more nie!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 10 months ago #212266 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi,

Stelle dis wraggies adorable en daai koek lyk vrek lekker.

Voetjies, Mia is ook kostelik...ek simpatiseur met die slegte slaap patroon. Raak ook nou desperaat. Aai die moomie monster steel maar gereeld posts-dis veiliger om te copy voor jy submit-nie altyd moontlik van die foon af nie!

OK hasie- so ek gaan nou wraggies tissue soute 1, 4 en 8 sommer saam probeur en wie weet...eks desperaat.Hell meskien sommer 6 ook. Why not?

Dabkie vir die raad!

Bollie geniet julle aand.
In
Hasie sterkte vir die hypnobirthing, ek ken ongelukkig niemand in Pretoria nie.
The following user(s) said Thank You: Bollie

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 10 months ago #212260 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle, almal wat in Pretoria is, of swanger vriendinne in Pretoria ken, ek hou 'n hypnobirth info sessie in Pretoria Donderdag aand 3 Nov. Stuur asb vir my mense se details aan wat dalk sal belangstel. Dankie!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 10 months ago #212229 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Stella, pragtige koek!! En dit lyk of hy lekker was ook. Bly julle het die partytjie geniet. Hoop dit gaan nog goed met julle.

Ja ek gee soms vir Stefan melatonien as hy erg uit roetine uit is, dan slaap hy baie goed. Ek gee dit so 3 aande in 'n ry om die roetine te hervestig en dan het hy dit gewoonlik daarna nie weer nodig nie. Aan die begin het ons dit vir 2 weke aanmekaar gegee om die roetine te stig. Nou gebruik ons dit net as hy vir 'n naweek by ouma was en alles is weer holderstebolder.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 10 months ago #212224 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Ek gebruik nou weer nie die tissue soute nie, het klomp in die kas, maar vergeet om dit te gebruik :P

Voetjies aai man, ek het baie simpatie met jou en die min slaap! Ek sou bietjie van my kop af geraak het :unsure:

Sterkte met dit en ek hoop dit raak bietjie beter! Ek dink Hasie gee melatonien wat die kindertjies so lekker laat slaap???

Stelaa, ag Xander se koek was te pragtig!!! En lyk asof hy baie lekker daaraan geknibbel het!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 10 months ago #212215 by stella
Replied by stella on topic Re: Oktober mammies 2010
ek loer net vinnig in - ek gaan later vanaand al die post lees

Xander se verjaarsdag was heerlik - hier is so paar fototjies








hallo julle

[link=http://lilypie.com] [/link]
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 10 months ago #212205 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi almal

Dit gaan redelik goed met ons geen bottie seuntjie, hy drink nou maar partykeer uit 'n sippy cup uit want hy wil nie alles uit 'n glasie drink nie. Hy is bietjie kwaai, maar ek dink dis meer agv die slapie wat verlore gaan as agv die bottel wat weg is. Hy het vanoggend vir Paulina die bottels gegee, so hy verstaan nou mooi dat dit weg is. En die nag was actually nie so bad nie. Alhoewel ons tog 'n doek aangesit het deur die nag.

Met die potty training gaan dit nie so great nie, hy is te kwaai en wil nie heeltyd op die potty piepie nie. Dan pieps hy sommer op die vloer. Maar hy wil ook niks weet van doek nie, so dis darem posetief. Dis seker maar net bietjie baie vir die outjie om op eenslag op te gee. Maar hy cope eintlik verbasend goed.

Bollie, baie geluk met julle huweliks herdenking. Hoop julle geniet die ete sommer baie! Een van my vriende was lank terug die chef by La Madeleine, en hy was baie bekend in die kulinary wereld, so ek neem aan hulle standaarde is baie hoog.

Ek weet ook nie wanneer ons weer by die see sal uitkom nie, ek was mos nou net daar met die kursus, maar het nie eers tyd gehad om my voete op die strand te sit nie. Ek het darem wel 'n pragtige see uitsig gehad van die plekkie waar ek gebly het af.

Voetjies en Dragonfly, nr 4 tissue soute help baie vir enige ontsteking, so dit sal help vir die ore. Natura het Ostitis druppels ook wat great werk, dit en die nr 4 sout saam het Stefan se oor infeksie binne 'n dag gesond gemaak.

Jy kan ook nr 1 probeer Voetjies, vir die nag probleempie, veral as sy met toe oe ontstuimig raak. Dit help vir night terrors. Nr 6 help vir nag merries. Die twee verskil in die sin van 'n night terror maak hulle nie wakker nie (tensy jy hulle wakker maak) en hulle kan dit nie onthou die volgende dag nie, maar 'n nagmerrie is 'n droom waarvan hulle wakker skrik en dan eers huil terwyl hulle wakker is. As 'n kind night terrors kry, skop en baklei hulle in hulle slaap en wil nie gecomfort word nie. Met 'n nagmerrie word hulle wakker en wil gecomfort word.

Oor grommets kan ek nie veel se nie, net dat ek dit nie sou doen as dit nie nodig is nie. Maar as 'n kind herhaaldelik oor infeksie kry is dit seker beter. Ek weet my een sussie se kind het grommets gekry en dit het geen verskil aan hom gemaak nie, so dis nie altyd suksesvol nie. Maar ek het weer by ander mense gehoor dit maak 'n reuse verskil.

Dragonfly, probeer dalk om die tissue soute direk in haar mond te sit. Dit word die beste in die mond opgeneem en hoe langer dit in die mond bly hoe beter.

Lekker dag vir julle almal!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account