Hallo!
Na ek nou al my vreeslike goeie raad gegee het oor slaap het ons laas nag 'n nagmerrie nag of note gehad met Stefan. Hy het tussen ons kom slaap en kort kort "wakker" geword en geskree 'mamma, mammie, mamma" of later weer "pappa, pappatjie, pappa" en maak nie saak hoeveel keer ons hom verseker het dat ons by hom is nie, hy hou net aan skree. Geen idee wat in die arme ding se koppie aangegaan het nie.
En vanoggend is hy maar moeilik.
Maar ek het hom vanoggend buitentoe gebanish, Paulina staan onder die afdak buite en stryk want dis die koelste plek, en toe het ek vir Stefan een van sy sandput skulpe vol water gemaak en hy het heel dag daarin gespeel. Hy het net vir so 'n uur ingekom en uitgepass, toe weer so 11 uur wakker geword, toe is Claudia ook wakker so toe gooi ek hulle sommer altwee uit. Toe sit ek lekker buite en boek lees terwyl die twee in die water speel. Claudia het so net na 2 weer gaan slaap en Stefan het nou net ingekom. Hulle het heerlik gespeel. Ek sal bietjie fotos opsit later.
Bollie, bly die uiteet was so lekker. Ek wil nog altyd soontoe gaan, sal een of ander tyd 'n plan maak. Sterkte met die partytjie, ek hoop saam met jou dat die nie reen nie.
Dragonfly, go met daai tissue soute!! Die goed werk regtig uitstekend met my kinders.
Lekker naweek almal!!!