file Oktober mammies 2010

15 years 4 weeks ago #212194 by Voetjies
Replied by Voetjies on topic Re: Oktober mammies 2010
Ag genade, ek het nou al 5 keer try post, en elke keer is my boodskap weg en ek’t terug op home page! Ek try nou vir die laaste keer, anders gee ek moed op!
Thanx Hasie! Jip, die vakansie was tog lekker gewees. Sterkte met die tandjies wat uikom en nog moet kom! Ai tog, mens wil nie graag die middag-slapie verloor nie, veral as dit beteken mamma kan dan ook bietjie rus of iets gedoen kry! Bly die potty training gaan sovêr goed, hoop dit hou so aan.
Dragonfly ek’t simpatie met die slaap situasie! Ek wil ook maar ASAP Mia se 1jr ondersoek maak. Ek weet niks van grommets, so kan nie raad gee nie. Ek moet sê, Mia is al van kleins af heeltyd met haar vinger in die oor, ek’t maar gedink dis net iets wat sy doen (soos party kids wat mos met ’n haar lok speel of so), maar ek begin wonder of die ore nie dalk pla nie en dit is dalk hoekom sy altyd met die vinger in die oor is en dis dalk hoekom sy sleg slaap? Maar ja, ek hoop die pediater gaan my gou kan help. Ek gaan hom ook vra vir ’n ietsie om Mia te laat slaap, sodat sy in die regte roetine kan kom. Ek’t gehoor Vallergan Forte is baie goed, maar is skedule 5...ken iemand dit of het iemand raad daaroor?
Kwaaitjie waarvoor gebruik jy die verskillende soute, vir watter rede by elkeen? Ek het my boekie van waarvoor elke sout is en het ook die hele reeks soute, maar wonder nou vir wat jy watter een gebruik... Gooi jy almal saam en gee dit dan? Help dit?
Funny hoe ons almal se kids op die soute is nè!
Dankie, Bollie, daar’s ’n hele paar foto’s wat vir my baie special is. Geluk met julle herdenking. Ek’t self nog nooit by LaMadeleine geëet nie, maar nog altyd goeie dinge van die plek gehoor en elke Sondag is daai straat vol geparkeer! Ons bly ’n blok weg van LaMad! Julle moet die ete baie geniet! Julle beurt sal kom om see toe te gaan. Ons is ook te arm vir die trippie gewees, maar toe kry ek n tik-saak om te doen en toe besluit ons, dit betaal die vakansie. Ons het ook vakansie punte, so dit help baie! Hou moed, julle sal binnekort die see sien ek's sommer seker daarvan!
So gisteraand was weer ’n nagmerrie met Mia. Ons het vroeg gebad, want sy’t haar voete in die swembad gesit en alles pap nat geskop, so toe moes ons bad, aangesien sy nog siekerig ook is! Toe na bad lekker gespeel en aand ete gehad (which, sy het nie geëet nie! en blykbaar ook die hele dag geweier om haar melk te drink, net water heeldag gehad, maar darem goed ontbyt en middag ete geëet), nog gespeel en toe gaan ons bed toe. Sy het toe haar bottel gedrink en dadelik aan die slaap geraak, so mamma was baie opgewonde dat dit ’n great nag se rus gaan wees en tot my spyt raak madam toe wakker en hou ons wakker vir seker 3 ure! Ek verstaan nie, sy is regtig aan die slaap, oë toe, dood stil vir 10 of 20 minute en dan op en af, heen en weer, skop en slaap en huil (oë toe) vir 20 minute en so gaan dit aan en aan tot sy vas slaap. Doek word droog gemaak, sy kry bottel, ons try alles, niks help nie!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 4 weeks ago #212174 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle

Voetjies, die fototjies van Mia is te pragtig!! Ek wil so graag bietjie see toe gaan!!

Maar dit sal maar erens vlg jaar moet wees, ons is te arm!!

Ek wil ook weet van grommets, Riley het al 2 keer oorontsteking gehad, so ek wonder of sy nie eventually ook gaan moet kry nie.

Vandag is ons huweliksherdenking, so ons gaan bietjie uiteet vanaand. Gaan vir iets heeltemal anders, gaan so bietjie Franse kos eet by La Madeleine in Lynnwood, sien vreeslik uit!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 4 weeks ago #212152 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
Hello almal,

Hasie hoe het dit toe gegaan met geen bottie en geen nappy vir Stephan?

Julle dogtertjies se ponies is oulik, ekt vanoggend n halfhartige pony vir Kayla gemaak maar het nie n foto geneem nie. Sy baklei lelik.

julle kayla is baie moeilik in die aande ook. Wil nie slaap,maar sy sukkel baie erg met einde en krampe...en ek is raadop - dit vat partykeur tussen 45 min tot een en n half uur om haar weer gesettle te kry en dan word sy weer wakker na n uur of 2. slaap is baie min.

Ek het ook nou eers haar jaar inenting afspraak gemaak vir colgende week Donderdag. Ek het haar laas Vrydag by die Paed gehad vir haar check up toe tel hy op dat sy middel oor ontsteking het, hy se sy gaan meskien moet grommets kry - eks nie so seker of dit n goeie idee is as sit nou maar die eerste keur is dat sy oor infeksie het....

het julle raad oor grommets en dan ook die slegte slaap. ek sit reegd nommer 8 tissue sout in elke bottel wat sy drink....

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #212117 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Voetjies, dis baie mooi fototjies, lyk tog of die vakansie nie te bad was nie al was die weer so sleg. Pappa lyk lekker ontspanne...

Claudia het nog net 3 tande, eintlik 2 en 'n puntjie... die 4de een is oppad uit, mens kan hom al duidelik sien deur die tandvleis maar die 3de een het vir 2 weke so wit gesit onder die vleis tot hy deur gekom het. Maar mensig sy is maar moeilik, en dis net 'n voortand, wil nie weet hoe gaan die kiestande wees nie.

Stefan kort self nog die 4 agterste kiestande, ek dink een is dalk amper uit of is uit, maar ek kan nie sien nie. Van hy die tandjies gebreek het voor is sy ou mondjie so seer hy wil niks weet daarvan dat ek moet voel nie.

So far so good met die botties, hy het al 2 keer gevra vir tee en dan se ek: In 'n koppie, dan se hy nee. Dan verduidelik ek vir hom hy het mos nou al sy botties gewas en in die sak gepak vir Paulina se baba. Dan bly hy net stil. Nou nou het hy actually koeldrank in 'n glasie gedrink sonder om te moan. Maar ek is bevrees die verlies van die bottie beteken dalk ook 'n verlies van die middagslapie. Hy wou niks weet van slaap sonder die bottie nie, ek het saam met hom op my bed gaan le, maar die kerel spring net op die bed soos 'n trampolien. Sal maar sien of ek gereed is om die middag slapie prys te gee.

En sover het hy vandag net een glipsie gehad in sy onderbroek. Groot seun!!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #212076 by Voetjies
Replied by Voetjies on topic Re: Oktober mammies 2010
Oops sorry Bollie, jy't gevra vir n foto'tjie van Mia en toe gaan ek nou sommer bos met die foto's! ;)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #212074 by Voetjies
Replied by Voetjies on topic Re: Oktober mammies 2010

Die weer hier by die see is aaklig, maar gelukkig kan ek op n "groot mens" stoel sit en lekker met pappa gesels!
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #212072 by Voetjies
Replied by Voetjies on topic Re: Oktober mammies 2010

Ek soek ook n cocktail mamma, assebliefies!


Ek is lus om stout te wees!
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account