file Oktober mammies 2010

15 years 3 weeks ago #212621 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Stella en Pampoenpit gaan julle kom saam kuier? Aaaag tooooeeeeeee! Asseblief! :woohoo:

Terloops waar het Pampoenpit heen verdwyn? :huh: En Grenaat? :dry:

Hasie jy moet vir niggie ook saam nooi! Wat is haar naam nou weer? Van haar gepraat ek hoop en bid hulle kry dinge uitgesorteer! Huwelike met 'n man wat so ver weg werk het definitief ekstra stremming! Kyk net hoe mis ons ons mans as hulle net 'n aand of twee nie tuis is nie! Kan hy nie terugkom SA toe en hier kom werk nie? Hy werk mos op 'n olie-boor? Dus kan sy ook nie soontoe nie. Of onthou ek verkeerd?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 weeks ago #212615 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo julle dames! Sorry ek was bietjie missing.

Ek gaan nie eers probeer onthou wat almal gese het nie. :blush: :silly:

Hasie ek sal eerder by my tannie-hule as by my ma-/skoonma-hulle. Minder familie onderonsies. Dit gaan nou baie goed, maar mens wil eerder enige kans vir struweling vermy. Jou kids raak te oulik! Klink of Stefan mooi regkom met die potty training en nog sonder die bottie ook!

Stella en Bollie die koeke is pragtig! Bly julle het die verjaarsdae so geniet en dat die weer saamgespeel het Bollie! :P

Stella Xander is dierbaar! Ek sal daai bekkie net heeldag wil soen! :kiss:

Bollie jou klein patroon raak net ouliker by die dag! Lyk of sy haar donkie geniet! Jy moet Tori Amos geniet! Ek kan nie eers meer onthou wat sy gesing het nie. :blush:

Dragonfly julle moet die uitkamp geniet! Al gehoor van Klein Kariba? Dis ook by Warmbad. Bietjie goedkoper ook! Gaan kyk by www.kleinkariba.co.za , hulle pryse is ook daarop. En die swembaddens is verhit ook. Bly julle het kings of Leon geniet!

Het julle gesien die Crazy Plastics winkels verkoop nou die skulp sandbakke vir R100? Hulle kos normaalweg R160. (Soos Hasie se fotos)

Ek stem ook vir die kuier! Vir my is naweke moeilik, want dis regtig al familietyd wat ons het! Ek sal 'n weeksdag verkies, sal ook moet verlof insit, maar doen dit met 'n smile om almal weer te sien! Het julle enige venue in gedagte? Ek ry maklik Pta of Jhb toe. Handjievol sal ook soontoe ry. So as julle dit daar wil hou is dit reg so. Wie gaan die keer die reelings tref?

Lekker dag!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 weeks ago #212594 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
Ons gaan hierdie naweek warmbad toe.......in n tent....lekker brave ne'
Ons like gewoonlik die self catering chalets maar het wraggies nie nou R850 per aamd nie....
Eks net lus vir n klein weg breuk en we'll ja, toe dink ek aan warmbad...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 weeks ago #212567 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
Hello almal,

Jip Bollie, die konsert was baie nice gewees. Ek is mal oor kings of leon. Het daarna geluister elke liewe aand in die bad terwyl ek swanger was.
Bollie ek ken haar glad nie... Maar eks nie goed met sulke dinge nie- ek kyk na die wereld met vlappe oor my oe teen die beste van tye!

Hasie, die regte plek vie julle sal kom. Ek glo so. Dis kan net moeilik wees om by skoon ouers te woon so sterkte met die besluit- gelukkig kom julle oor die weg, maar dis net vir n ruk tot ju besigheid optel...


Julle, waar is Kwaatjie, ekt lanklaas van haar gehoor?

Ek verkies ook n Saterdag, dis moeilik vir my om nou tyd af te vat by die werk na die episode met my pa....maar as n ek moet sal ek probeur-kan niks belowe nie! Ek sal Pretoria verkies eerder as Potch,maar laat maar weet.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 weeks ago #212516 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Ek dink Kwaaitjie het laas gese sy verkies 'n weeksdag. Ek is natuurlik ook maklik deur die week, naweke is ons redelik besig met familie stuff maar deur die week is ek mos af... Maar ek sal ook 'n Saterdag kan afknyp as dit moet. So laat weet maar.

Grenaat, Kwaaitjie, Dragonfly, Voetjies ens wat dink julle? Sal ons dit maar in Pta hou omdat die meeste mense daar bly of gaan ons deur ry Potch toe en vir Handjievol gaan kuier?

Ons het nou net nog 'n opsie gekry in Pta, my tannie het ook 'n tuin woonstel en haar kinders bly tans daar, maar hulle het nou 'n plekkie gekoop en trek Januarie uit. So ons gaan bietjie kyk hoe lyk dit daar. Dis miskien makliker om nie by 'n ma / skoonma te bly nie en ek dink hulle flat is groter ook.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 weeks ago #212503 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi

Aai, dis exciting dat jy weer Pta gaan trek!! Dit gaan nie maklik wees om by die skoonouers te bly nie, maar dit maak 100% sin finansieel!

Ons moet verseker bymekaar uitkom! 'n Saterdag is natuurlik makliker vir my, maar as ons dit moet in die week hou sal ek net 'n daggie verlof moet insit!! Kom nou, laat ons dit nou reel!!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 weeks ago #212483 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi daar!

Bollie, ek hoop R se partytjie was hope pret!! Die koek lyk baie mooi.

Hoe was die res van julle naweek? Ons het Saterdag 'n heerlike by die huis dag gehad. Net lekker met die kids gespeel en actually by 'n paar goed uitgekom by die huis wat al lankal gedoen moes geword het.

En Sondag was ons plot op skou, toe vlug ons na die oumas toe. Ons gaan moet trek want hulle verkoop die plek. Dis so sad want dis 'n vreeslike mooi huis en 'n ongelooflike setting. Maar ons het besluit om maar sommer dadelik te trek en soveel geld as moontlik te bespaar. So ons gaan vir 'n rukkie in my skoonouers se garden flat intrek tot my besigheid van die grond af is. Ons kom nie regtig heeltemal uit met ons geld op die oomblik nie, en ons gaan minimaal huur betaal by hulle. Ek is nie baie excited daaroor om by my skoonouers in te trek nie, maar dit gaan soveel finansiele druk van ons afhaal dat dit die moeite werd is. Gelukkig kom ons goed met hulle oor die weg.

Ons het gister alles met hulle bespreek. En besluit dis die beste opsie op die oomblik. Johan gaan maar gautrein ry werk toe, dit werk actually minder uit as wat ons op die oomblik aan petrol bestee omdat ek hom meeste dae moet werk toe vat en weer gaan haal. Nou gaan hy 'n motorfiets koop en daarmee stasie toe ry elke dag. Dit sal baie stres van ons afhaal as ons nog 'n ryding het ook.

So een van die dae is ons weer Pretorianers!

Kom ons reel nou daai kuier man, dis amper 'n jaar terug wat ons gekuier het!! Gee vir my 'n dag wat julle pas. Ek kan enige weeksdag doen. En ek dink ons moet dit November maak sodat ons dit nie te lank uitstel nie.

Lekker daggie!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account