file Oktober mammies 2010

15 years 1 month ago #212071 by Voetjies
Replied by Voetjies on topic Re: Oktober mammies 2010

Lekker nat, tong, soen vir mamma!


Mia se hare krul net soos myne altyd gekrul het by die see, toe ek klein was!
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #212068 by Voetjies
Replied by Voetjies on topic Re: Oktober mammies 2010

Dis lekker by die see!
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #212062 by Voetjies
Replied by Voetjies on topic Re: Oktober mammies 2010

Speel lekker in die poel water!


Mia wys biejie tande


Wakker en wil gesels.
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #212057 by Voetjies
Replied by Voetjies on topic Re: Oktober mammies 2010

Mia slaap en varkie kyk dvd...
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #212055 by Voetjies
Replied by Voetjies on topic Re: Oktober mammies 2010
Oppad see toe.
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #212047 by Voetjies
Replied by Voetjies on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi!
Mia het toe blykbaar onthou sy’s not kwaad vir my, sy’t my nie eers gegroet toe ek haar oplaai nie. darem later gisteraand weer met my nice geword.
Bollie jy’s reg, almal gaan maar deur so min-slaap stadium. Jy’s gelukkig dat R so maklik en goed slaap! Die ponytail is te cute hoor. Dink ek moet bietjie vir Mia ook 1 try maak. Het al probeer knippies insit, maar sy ruk dit uit. Nee, jong, dis die eerste wat ek hoor dat Lara ’n dogtertjie verwag. Weet nie hoekom ek nie meer in haar boekie belangrik is nie...ek’t maar by jou gehoor sy’s swanger ook! So dankie dat jy my se dis ’n girly. Bly vir hulle. Mia trek nou weer haar gesig so teen die glas skuif deur by die stoep, mond en neus plat teen die glas en tong uit...moet ook try ’n foto daarvan neem!
Kwaaitjie ek dink ek moet ook maar die soute begin gee en kyk of dit help! Wow, jy’t omtrent guts om hom al in ’n bed te sit! Ons is beslis nie naby daaraan nie...Mia slaap tot nog by ons in die kamer en klim elke aand half 12, half 1 rond tussen ons in die bed. Ek wag vir Desember vakansie om haar oor te sit in haar eie kamer, sien nie nou kans om dit te try en nog minder te slaap nie.
Hasie ek’s bly S se operasie tande trek het goed gegaan. Dit te flippen cute dat boetie en sussie so lekker saam speel en te oulik hoe sussa vir boetie vanoggend wakker gemaak het! Sterkte met die botties en doeke weggee, hoop dit gaan goed gaan en uitwerk vir julle.
Mia was so oulik gisteraand, gewoonlik as ons amper klaar gebad het, bring pappa haar tandeborsel en dan borsel hy haar tandjies vir haar. Wel, ek’t haar gisteraand oorgesit op die nommer 2 tandeborsel en sê toe vir pappa, gee vir haar ons kyk wat sy doen. Sy vat so-ewe die tandeborsel kyk vir my, kyk vir pappa en sit dit in haar mond, begin die koppie heen en weer swaai sodat die tandeborsel oor die tandjies gly. Ons klap hande en cheer haar en sy is so in haar noppies sy hou net aan tande borsel. Dan raak sy deurmekaar moet sy nou die kop stil hou en die tandeborsel beweeg of die tandeborsel stil hou en die kop beweeg. Dit was vreeslik oulik gewees!
Ek betaal vandag haar kleuterskool deposito so Januarie gaan madam met kleuterskool begin. Ek glo en vertrou ons het die regte plekkie gekies en dat sy gelukkig gaan wees daar.
Hoe maak julle met bad en slaap tyd? Manlief sê hy dink die bad maak Mia wakkerder en dit is hoekom ons sukkel. Ons kuier en speel glad nie in die kamer nie, dit is net ons slaap plek. Kuier en speel gebeur in die woonkamer, kombuis en buite. So ons bad (gewoonlik so net na 7) dan trek pappa haar aan en dan gaan lê ons al 3 op die bed, net ’n nag liggie aan en die aircon plus ’n baba CD. Dan gee ons haar nag-bottel. Die meeste van die tyd deesdae, wil sy hom nie hê nie. Dan gee ek net haar dummy. Dan begin die moeilikheid, sy is op en af op die bed, raak nie rustig nie ens. ens., als wat ek in gister se post geskryf het. Nou wonder ek, hoe kan ek haar weer rustiger kry vir slaap. Iemand het nou vir my voorgestel ons moet vir haar storie boek lees en kyk of dit help. Gisteraand het ek vir haar 2 van sister Lillian se pilletjies gegee en chamomile tee in haar bottel (wat sy actually eventually die bottel self by my gevat het en die ding opgedrink het). Ek’t ook lavender in die badwater gegooi. Steeds het sy nie rustig geraak nie, steeds het sy half 2 by ons in die bed geklim en weer ’n uur met toeoë gestry om te slaap.
Wat is julle roetine? Dalk kan ek êrens ’n tip vang wat vir ons ook sal werk?!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #212014 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Stefan het sopas al sy botties in 'n sak gepak en gese hy gaan dit vir Paulina se baba gee. Natuurlik was ek die instigator... kom ons hoop dit werk. Terselfdertyd wil hy ook sy doeke vir Paulina se baba gee, so ons het potensieel 'n groot seun op ons hande. Sal sien of ons botties en doeke saam kan los, ek wou een ding op 'n slag doen maar lyk my hy sien kans vir baie.

Hy slaap darem al in die middag sonder 'n doek en sonder om te pieps, maar nog nie deur die nag nie. Alhoewel hy dalk minder sal pieps in die nag as hy nie 'n bottie drink nie. Nou sal ek net meer parraat moet wees met die potty training en dit nie so casual vat soos ek tot nou toe het nie.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account