Hi julle!
Bollie ek hou baie van die honde soentjies wat sy kry! Pony lyk te oulik! Bind nou 'n llintjie om, dan lyk sy nog ouliker!

Sjoe klink na 'n erge maagvirus wat jy gehad het! Bly dis oor! En bly manlief is tuis! In geval ek vergeet, GELUK met jul huweliksherdenking! Lekker uiteet! En sterkte vir Saterdag se verjaardagpartytjie! Geniet dit!
Voetjies ek is met jou oor die kort humeur as gevolg van moegheid! Ly ook daaraan! En Mare stoei ook elke aand met klaasvakie! Toemaar sy het klaar vergeet mamma het geraas! Lekker cosy familie verjaardag vir Mia! Julle gaan dit geniet!
Hasie hoop alles het goed gegaan met Stefan se operasie! Sterkte vir die bottel afhaal! Ek gee ook elke dag no. 2 tissue salts. En no's 4,6 en 9 ook.
Okay hierdie brawe mamma het besluit om Mare van die kot na 'n bed te skuif. Moet se hy slaap al 4 nagte daar en alles gaan baie goed, behalwe vir die sukkel om aan die slaap te raak! Hy het mooi geleer om voete eerste af te klim.
Lekker aand vir julle almal!