file Oktober mammies 2010

14 years 11 months ago #211867 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi Voetjies

Aai man, toemaar ek verstaan oor die min slaap=humeurigheid. Dis maar net menslik.

Partykeer dan raak mens maar net moeg oorlat hulle nie wil luister nie, en ek is ook geneig om bietjie minder geduldig te wees partykeer as my man.

Riley slaap baie goed, maar sy het ook haar aande waar sy so ongelooflik stoei om wakker te bly, die oe van letterlik toe en dan net soos sy dink sy begin oorgee , dan kom die koppie op en sy kry 'n nuwe asem...en so gaan mens vir 'n ruk aan!

Sit bietjie onlangse fototjie van Mia op!!

Hier is madam met haar "pony", sy het so van die skool af gekom gister, die arme ding het nog nie baie hare nie!!

BTW, wat se jy van Lara wat 'n dogtertjie verwag??? Ek is SOOOOOO opgewonde vir hulle!!!! :rock:
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 11 months ago #211858 by Voetjies
Replied by Voetjies on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle!
Baie geluk aan almal wat verjaar het en almal se kids wat reeds verjaar het. Mag julle almal ’n wonderlike en geseënde jaar hê!
Daar’s soos altyd te veel dinge om op te reply, het alles gelees en bly vir die met goeie nuus, jammer vir die met slegte nuus en pragtige foto’s!
Hier gaan dit okay. Vakansie was ’n gemors, maar dis maar 1 van daai dinge. Mia het wel die 1 keer op die strand baie geniet, so ons sê dit maak die hele trip die moeite werd.
Ons slaap baie sleg en ek sal enige raad/voorstelle verwelkom! Mia sny kiestandjies, so dit pla haar erg, al was die vorige tande maklik, sy wil ook los van alles nou staan en wil graag loop, so dink dit het ook ’n invloed. Sy’s ook verkoue weens die slegte wind weer wat ons by die see gehad het, maar behalwe hiervoor alles, het sy reeds ’n maand voor die dinge begin sleg slaap. Fight (met toeoë) om nie te slaap nie, raak dan aan die slaap en slaap goed. Dan vanaf 12uur rond is sy moeilik, huil en skop en skree (steeds oë toe) en wil nie rustig raak en slaap nie. Hou ons dan wakker tot maklik 4uur die oggend. Ek kan nie meer nie. Is self siek, so my humeur is maar kort. Gisteraand het manlief sommer met Mia in die spaar kamer gaan slaap omdat ek met Mia baklei omdat sy nie wil slaap nie. Ai, ek voel vandag soos ’n failure mamma na my humeur en baklei van gisteraand (vanoggend se oggend ure)!
Ons gaan nie vir Mia ’n partytjie hou nie. Ek, manlief en Mia gaan die oggend net rondloop by Bester Birds & animals en die middag kom net die family braai. Ek’t wel bordjies, hoedjies en servette gekoop met ’n faerie op en my sus wat in Kanada bly het besluit sy koop ’n koek, so sy bestel dit via internet, ek sal maar sien wat ons kry, dis ’n verassing!
Verder nie nuus nie...wens die dag om en wens vir beter slaap!
Hoop dit gaan verder goed met julle almal.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 11 months ago #211798 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle

Oooi, ek was buite aksie vanaf Sat!! Ek het een vreeslike maagvirus opgetel en was paptyres!! is eers vandag terug by die werk!

Riley se bday was baie lekker Sat, ek en sy het net by my mahulle gaan kuier en gelukkig het Ouma en Oupa haar entertain terwyl el bleek en pap gele het op die Lazy boy bank.

Het ook toe sommer my tannie se ete ook gemis Sondag, ek was te flou :(

So Saterdag is nou Riley se bday partytjie, ek sien baie uit!! Dis alweer 40 grootmense wat bywoon en 12 kiddies, so dis 'n gedoente :ohmy:

Sal ook fototjies neem en vir julle wys!

Hasie, ek is bly jy het die kursus geniet!!

Ek is ook nou bly my man is terug, dis maar rof sonder hulle!! Hulle het darem lekker visgevang in Sodwana! Ek gun hom dit!

Donderdagaand is ons huweliksherdenking, sal kyk of ons darem bietjie kan gaan uiteet.

Lekker daggie

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 11 months ago #211697 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi daar!

Ons het 'n heerlike swemles agter die rug op hierdie uiters warm dag. Dis eintlik Claudia se les vandag, maar ek het sommer vir Stefan saam gevat om op die trappie te speel omdat hy more sy les mis en omdat dit sooooo warm is.

Siestog, toe ons by die huis kom, sit ek hom op 'n stoel neer en gaan trek vir Claudia aan, toe ek weer in die woonkamer kom om te kyk wat maak hy, toe sit hy net so vooroor, met sy handjies en koppie op sy voete, vas aan die slaap.

Kwaaitjie, hy het mos ander dag geval teen die koffie tafel en die onderste tande het deur sy lip gesteek en twee van die boonste tandjies het toe gekraak en toe het hulle Dinsdag heeltemal afgebreek. Nou moet hulle uit want hulle is tot in die lewe gebreek, so die tandarts se dit gaan absesse veroorsaak. Sy het antibiotika voorgeskryf omdat daar reeds infeksie in begin kom het, maar soos julle my ken, het ek net elke half uur vir die kind nr 4 tissue sout gegee (vir inflammasie) en ook 'n hele klompie nr 2 soute (om gesonde tande te bou) en die ou tandjies is glad nie meer seer nie en daar is geen teken van infeksie nie :cheer: :cheer:

Claudia kry nou ook sommer 'n nr 2 elke dag, ek wil nie he sy moet ook sulke bros tandjies bou nie...

Nou se die tandarts dat ek vir Stefan van die bottel af MOET haal as die tande uit is want dit veroorsaak tandbederf en kan die ander tande skeef laat trek. Dis vir my baie moeilik, want hy is nog glad nie gereed om die bottie op te gee nie. Maar ons sal maar kyk of ons iets kan uitwerk.

Klink my julle almal slaap sleg. Kwaaitjie, onthou skeidings angs kan regtig rowwe goed met slaap doen en ook die bereik van mylpale. En dit kan vir 3 maande aanhou. Maar ek dink ook nie dit kan skade doen om hom by 'n terapeut te kry nie, miskien iemand wat speel terapie doen? Maar ek sou nog biejtie wag voor ek begin wonder of daar regtig iets fout is. Kids gaan maar deur sulke fases. Stefan was lank in een, en hy het party nagte erg gegil. Maar dit het weer opgehou en nou kan ons dit skaars onthou.

Lekker week almal!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 11 months ago #211686 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Goeie dag julle!

Bollie dis nou elke aand se storie met Mare! Ek is pootuit! En die min slaap is glad nie vir my nie! Ek is sommer grumpy en mislik met almal! Arme manlief loop aanhoudend deur en hy probeer sy bes om my te help! Hy het voorgestel ek kry Mare by 'n arbeidsterapeut wat in babas spesialiseer, dalk kan sy help met die rusteloosheid. Dis of iets die arme ou seuntjie jaag! Hy kan net nie sy le kry nie. :ohmy:

Hoop Riley se verjaardag was pret en dat julle die verjaardag ete Sondag geniet het! :woohoo:

Stella hoop julle het lekker partytjie gehou! :silly:

Hasie, ja nee, ons is nie gemaak om sonder ons mans en kinders te wees nie! En dan moes jy nog stoksiel alleen ook bly! Kon niks lekker gewees het nie! Bly jy het darem die kursus geniet! So jy is nou 'n gekwalifiseerde hipnoterapeut! Baie geluk! Hoekom moet Stefan se tande getrek word? Sterkte vir julle! :P

Julle dis sooooo warm hier! Hierdie hittegolf is regtig erg! Dankie tog vir aircon-kantore! Weet nie hoe het ons voorheen sonder dit klaar gekom nie! :huh:

Lekker dag! :)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 11 months ago #211548 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo julle!

My kursus is regtig great. En deur die dag terwyl ek by die kursus is, is ek fine. Maar in die aande mis ek my man en kids vreeslik baie. Ek voel sommer huilerig vannaand...
Johan is na my ma toe vanmiddag, hy gaan saam met dit kids daar bly vir die naweek om te help met hulle. So nou is die 3 darem bymekaar, maar ek sit stok siel alleen in 'n beautiful Ballito. Die vriendin in wie se huis ek bly is Johannesburg toe vir die naweek, met haar man en baba, om 'n doula kursus te doen so ek is alleen hier.

Dis aan die een kant lekker om bietjie heeltemal op my eie te wees, maar dis baie lonely om in 'n vreemde plek te wees sonder enige iemand om mee te gesels. Hulle het nie eers diere nie, so daar is geen ander asempies in die huis nie.

Ek het maar vanmiddag vir my 'n bottel wyn gekoop, so ek sit darem met 'n glasie Rose in my hand, maar dit is 'n skrale troos.

Genoeg gemoan. Ek geniet die kursus regtig baie. Die eerste twee dae was nou hypnose opleiding en dis baie interessant, alhoewel dit nou nie regtig is waar my passie le nie. Ek wil eintlik meer van die geboorte dele leer as die hypnose. Maar nou ja, na dese sal ek nou 'n gesertifiseerde hypno terapeut ook wees. En baie van die tegnieke wat ons geleer het is ongelooflik toepaslik op geboorte en ek kan net dink hoe posetief ek dit selfs net in my doula werk kan gebruik, sonder om eers aan "hypno birthing" te raak. Daar is ook 'n magdom van tegnieke wat mens in jou eie lewe daagliks kan gebruik. Ek kan reeds sien hoe mens dit bv kan gebruik om jou gebeds lewe te verreik. Of dan ook om te fokus op 'n doel, goed te visualiseer en jouself "moed" in te praat vir moeilike situasies. Baie handige goedjies...

Stella, geluk met Xander se verjaarsdag!!
En Bollie, geluk met Riley se verjaarsdag more!!

Moeilik om te glo die eerste jaartjie is al verby ne. Ek dink as mens op ons ouderdom is, is 'n jaar maar nog 'n jaar, maar op so 'n kleintjie se ouderdom, is 'n jaar letterlik 'n leeftyd.

Dit gaan blykbaar goed met my kiddies. Ouma kyk mooi na hulle. Johan se Stefan het nie eers genotice toe hy daar aankom nie. Die spesialis tandarts het toe ook maar gese ons moet die tandjies trek. Maar sy het gese ons kan darem wag tot Dinsdag vir die operasie. So ten minste sal mamma daar kan wees. Rowwe week wat dan nou ook vir my voorle vlg week.

Hier steek nou 'n lekker stormpie op, maar ek sien die weer voorspelling se dit gaan more lekker warm wees. Gister was 'n wonderlike dag, maar vandag was weer bewolk en winderig. More voorspel hulle 32 grade... gelukkig het ons kursus lokaal aircon!

Lekker naweek vir almal.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 11 months ago #211524 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Kwaaitjie, shame ek verstaan hoe jy voel.

Riley het gisteraand sommer al half 7 uitgepass en toe slaap sy tot 8 uur, toe moes ek haar maar wakker maak, want die dingetjie moet bad. As sy nie sticky in haar hare gehad het nie, so ek haar gelos het en 'n paar wipoes in die oggend gebruik het :P , maar nou ja sy moes bad.

Toe is madam wakker tot 11:00, en ek wou ook omval van moegheid :pinch:

Julle moet 'n baie lekker naweek he!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account