file Oktober mammies 2010

16 years 1 month ago #99113 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re: Oktober mammies 2010
hallloooo!! wat n fantastiese naweek was dit nie. Ons het saterdag Lance se 2de bday gehad. die kinders het so baie lekkers geeeet en my huis het behoorlik op sy kop gestaan. maar dis vir my die lekkerste lekker as my huis so vol mense en kinders is!!

Hier het ook iets met Stefan gebeur. Hy moes gesak het, want ek kan eweskielik weer soos n mens asem haal en almal se my maag sit laer...

gelukkig gaan ek vanoggend dr toe, so sy sal mooi moet kyk wat hier aangaan.

Ek het vanogg 3uur wakker geword en kon nie weer slaap nie, ek begin toe worry, oor die deurmekaar huis en wat as Stefan besluit om vroeer te kom?? wel ek dink vanaand is die aand wat my tassie gepak word! ek het darem nou al my bed geboek.

sal laat weet wat dr sê :blink:

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.


[/link]


[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #99023 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Goeiemore girls.

hoop dit gaan goed met julle almal, en het 'n fab naweek gehad!

ons naweek was great, ek is so bederf, vrydag by die werk en saterdag by die huis. ek het vreeslik baie goed gekry saterdag en selfs henko en mamma het ook paar geskenkies gekry. My tannie het vir altwee die seuns springbok onderbaadjies gekoop - sulke stunning groen fleece maar dis eers vir 3-4 en 4-5 so hulle gaan dit later eers dra. maar hulle altwee se name is daarop geborduur, dis so stunning. Ek het vreeslik baie liners en goed gekry vir die lapdoeke en dan klere en klomp oulike goed. So ja, ek is gesort, ek het nog niks vir Ruben gekoop nie en hoef ook nie!!! Hoe great is dit.

Ek het Vrydag henko se hare so diep step laat sny, OMW dis te cute vir woorde, hy lyk heel anders (sy hare was vreeslik lank en het sy ore en vet wange weg gesteek) nou wys alles. hy lyk eintlik vir my soos 'n groot seuntjie, :( Sal kyk wanneer kan ek 'n fototjie opsit. my kamera se rechargebles is weg :(

Hoop julle het almal 'n lekker daggie.

Elise, klink jy het klomp bargains geslaan ne! great stuff.

Welkom terug Anina, bly julle het 'n lekker tyd gehad.

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago - 16 years 1 month ago #98967 by Elise
Replied by Elise on topic Re: Oktober mammies 2010
More mammies :silly:

Hoop almal het n lekker naweek gehad en al die partykies geniet my naweek was uitputtend

Saterdag oggend het ons vroeg gaan groceries koop seker net na 8 en toe wou ek nog slaap maar ja toe kom ons daar en die plek is n malhuis seker nie eens half pad deur die winkel nie toe voel my voete soos berge wat aan my vas is en dit lyk soos n rivier wat oorspoel so geswel was dit anyway het tog lekker geshop het my toiletries vir die hospitaal ook gekry so dit is nou uit gesort dankie tog. My ma hulle se toe nee hulle gaan uit die saterdag aand ons moet saam gaan ek se toe vir manlief ek is regtig nie lus nie en se toe vir hulle ons gaan nie saam nie en daar besluit manlief ons moet plaza toe gaan en al baba se goed wat ons nog kort gaan koop wat n hart aanval kom daar net so malhuis maar ons weet toe waar die winkel is wat ons die pram by wil koop. Kom by die winkel sien dat hulle darm nog ons pram en stoeltjie het wat ons soek en boom daar is hy toe net vir die naweek op n lekker special, hy is gewoontlik R2300 en special price R1850 :woohoo: manlief se nou kort ons n bad, matras en matras cover ok kyk na die compactum hys toe R999 ek se toe nee dit is baie en onnodig ons kry toe 1 van daai badjies op die stand (sal nou nou vir julle die fotos op is) hys gewoontlik R350 ons kry hom toe vir R290 :woohoo: matras 8cm dik met airholes is gewoontlik R230 ons kry hom vir R210 (R20 is nie baie nie maar tel al die discounts saam dan maak dit bietjie meer op) Matras cover kry ons toe vir R100 maar hys waterproof.

Gister kom my ma en my oudste broer se meisie nee ek moet nou gaan vleis en groente saam hulle koop want die mans werk aan die karre gaan koop vleis en gaan fruit & veg toe ek was kapoet daarna so besige naweek is nie meer vir hierdie walvis nie dit belowe ek julle toe besluit ek aan gesien manlief besig is gaan ek gou huis skoon maak dan hoef ek nie vandag te worry nie en gaan gooi die wasgoed in en hang dit op los dit toe sommer oor nag om droog te word dan kan ek vroeg vanoggend begin om babatjie se klere en komberse en spoegdoeke te was dan weet ek niks kan my onkant vang nie en toe pak ek sommer my tassie ook so dit staan reg om net gevat te word as baba se sak skoon gepak is kan my siel rus

Wel genoeg van my kant af

Ek het toe net n redelike stuk van my punte laat af sny en dit is nou net n lekker lente maar ek sal die kleur los vir nou wil dalk my ou kleur laat uit groei dan hoef ek nie meer te sukkel met kleur nie

Anina bly jy het so lekker vakansie gehou en hoop darem jy het nie van ons vergeet daar by die see nie

Oe oe oe ek sien ek is vandag op 21 days jipeeeeeeeeeeeeeeeeeeeee B) :) :laugh: :cheer: ;) :P :lol: :silly: :woohoo: :side:

Hoop jul le het almal n fab dag :lol:

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #98947 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi almal! Ek is terug van 'n wonderlike vakansie af!

Ek gaan nie eers probeer om alles op te vang nie... Hoop dit gaan super goed met almal!

Elise en Christa, daar is nou regtig min dae oor vir julle ne! Ek besef vandag ek is so +- 70 dae weg van full term af, scary! Ons wil die week die kamer verf, ek raak nervous omdat alles nog nie gedoen is nie.

Lekker week vir almal, ek sal more weer inloer!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #98927 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo almal

Christa hoop jy het 'n lekker ooievaars tee gehad.

Carmen ek sien jy het jou partytjies geniet.

Gerne, lekker om sommer twee ooievaars tees te he. Nou't jy seker alles.

Elise, jy kan gerus jou hare kleur. Ek't my gynie gevra met die vorige swangerskappe al, en dit is soos Carmen se dit was vroeer jare nie nou meer nie. Manlief wil ook nie he ek moet my hare sny nie, ek wou al telke male hierdie swangerskap.

Petro en Annalize ek kan nie onthou wat jul gese het nie.

Helene ag dis darem lekker werk as jy weet jou besigheid gaan vorentoe.

Sarah your pics are beautifull.

Verder weet ek nie meer wie het wat gese nie.
Lekker aand.

Sien jul more weer.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #98885 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle

Hoop jou babayshower was great Christa! :)

My vriendin se 2ste bday party was toe gekanselleer, die mannetjie het toe masels opgedoen :(

Het my niggie se 21st gehad gisteraand, was baie lekker, het te heerlik geeet!! :silly:

Manlief is klaar golf toe, ekke gaan maar net nounou die wasgoed aanpak, lekker Sondag vir julle!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #98870 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re: Oktober mammies 2010
Wel ek sien my post van vroeer is weg. En ek kan nie onthou wat ek alles gese het nie. LOL.
Sal maar weer een post later.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account