file Oktober mammies 2010

16 years 1 month ago #95850 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re: Oktober mammies 2010
agge nee! ek het nou my hele naweek nuus getik en toe ek reply toe verdwyn alles :dry: sal nou weer moet probeer.

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.


[/link]


[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #95769 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
carmen, ek het dit nie gehad nie, henko het nog al die tyd net op sy ruggie geslaap, ek het net sy koppie skuins gedraai. as ek hom wel op sy sy gesit het het ek sommer 'n kussing of kombers agter hom ingedruk. en hy het vir 6maande in sy carry cot geslaap so dit het hom mooi in die posisie gehou waarin ek hom wou he! :)
geniet jou klas vanaand.

Nee christa, daar word nou niks meer geskuif nie. die kot staan klaar in ons kamer - presies waar hy moet wees vir Ruben. Hy sal seker ten minste 6 maande daar slaap. Aantrek en doek change gaan net in Henko se kamer wees op die laaikas so al wat geskuif moet word is die klere. As ruben eendag na henko se kamer skuif sal ons dan maar sien hoe skuif ons die kamer met die kot en enkelbed.

ek dra glad nie 'n kamerjas in die somer nie, net in die winter! ek het 'n splinternuwe een in my kas wat ek 2 dae gebruik het met henko se geboorte so ek sal hom maar nou gebruik, weer vir 'n dag of twee.

hier is anina se nr: 0836698443

ag dis lekker ralmarie, nou hoef jy vir lank nie te worry oor klere nie.

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #95760 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi

Ralmarie, ja nee, daai lekker aches & pains :blink:

Dit voel vir my weer of my blaas pyn soos dit gedruk word of iets! Partykeer sal ek 10 min terug toilet toe gewees het en dan as ek opstaan, moet ek sommer so krom loop soos die drukking op my blaas is en dan gaat ek maar weer toilet toe :laugh:

Is julle velle ook droog en jeuk julle? Ek smeer elke oggend en aand my rome en creams en dinge aan, maar my rug en veral my onderbene, bly droog. Dan sal ek innie nag myself krap sonder dat ek weet en dan staan ek op met lekker krapmerke, lyk asof een of ander kat my aangeval het :laugh: Maar dis net my rug en onderbene?

Het al die rooibees tee bad ding gedoen en ek smeer aqueous cream en ek smeer Vaseline Intensive Care...ag gelukkig is dit nou nie 'n issue nie, sal maar net nog ekstra room moet smeer!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #95736 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re: Oktober mammies 2010
Ja julle ek het niks vermoed nie. Het oulike goed gekry, ek self het natuurlik nie veel klein goedjies gekoop nie omdat mense gewoonlik 0-3 maande of so gee. Wel, die keer het almal besluit om groot te koop. Dan praat ek van 12-18 maande en so. En baie van hulle ken mekaar nie eens nie, so iewers het die mense besluit om grote te koop. Het wel een of twee 3-6 maande goedjies gekry.
So ek kan nog lekker gaan shop. Die 6 babygrows wat ek het gaan definitief nie doen nie.

Carmen, ek weet ook nie wat mens dit noem nie, maar het nie met een van my kinders dit gebruik nie. Ek glo nie dis nodig nie, maar ander voel dalk anders.

Gerne ek kyk ook die weer so, en dink ek moet ook nie warm goedjies kry nie. En soos jy se kombersies kan warm maak as dit moet, maar as dit warm is...

Anina geniet die see.

Christa ek is ook vol aiks en pyns dei laaste tyd. Het vandag juis weer so bietjie seer en styf. Iets hier onder druk en steek en pyn en sommer alles. Ek waggel behoorlik om eers aan die gang te kom na ek gesit het. En dan loop ek weer te veel dan pyn dit weer en dan moet ek weer sit. Net om alles van voor af te begin. Ai tog die vreugdes van swangerskap.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #95732 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi Christa

Hier is my huidige lysie:

Moomie:

Elise 0832736738
Gerne 0825683121
Christa 0760455558
Janine
Petro
Ralmarie 0828598669
Anina
Sarah


My nommer is 0837633751 :-)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #95724 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Gerne klink of jy nog lekker moet kaste skuif en so! Plaas jy dit sommer klaar met die trek afgehandel het! Ek dink dis oor Henko nog jou ou babatjie is dat jy nie wil skuif met sy klere nie! Hy is darem nog klein! Nou moet hy al 'n groot kas gebruik! :)

Dankie julle laat my sommer beter voel! Ek is seker maar net benoud oor die onbekende wat voorle! Maar my instink gryp gewoonlik baie vinnig in, so ek sal survive. :silly:

Carmen my sus het dit met al 3 haar kinders gebruik en se dis lekker om te he, want dan kan hulle nie omrol nie. Jy sit net elke keer vir baba op die ander sy. Ek het ook nie van dit nie en het nog nie besluit of ek wil he nie. Kom ons kyk wat se die ervare mammas daaroor. Ek sal ook graag wil weet!

Lekker vir daai 3de klas vanaand! Ek wonder wat se lesing ons Donderdag gaan kry? Hoop dis oor borsvoeding! Anders gaan ek sommer vra!

Girls kom ons maak soos die hippies en verbrand die kamerjasse! Hulle het mos hulle bras verbrand! Emansipasie van die vrou! :woohoo: :woohoo: (Toemaar ek is sommer net in 'n lawwe bui vandag!)

Ek het nog min selnommers! Julle sal weer moet gee asseblief. Ek het Gerne, Ralmarie en Elise sin. kort nog al die ander! Het julle op FB gegee? Ek kan nie daar in nie, dis geblok! Dalk kna een van julle 'n sommer 'n lysie tik. Asseblief?! :dry:

Carmen wat van fotos van Riley se kamer noudat dit klaar is? Of is dit reeds op jou profile? :huh:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #95690 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi

Sjoe Christa, dis baie naby!! :woohoo: Nes Gerne gese het, jy sal 'n great ma maak, moenie worry nie ;)

Ek het 'n japon in my kas, dra hom ook nooit, sal maar net inpak vir in case, maar ek gaan nie spesiaal een koop nie.

Daai selnommers, is ek reg as Janine, Anina, Petro en Sarah nog nie hulle s'n gegee het nie?? Gee asb. dames, ons wil dit he!

Ralmarie, ag lekker, dit was seker 'n lekker verassing!! Het jy oulike goeters gekry??

Het vanaand 3de klas, vanaand is dit die keiser klas.

Luister, julle weet daai goedjies wat jy koop om langs die baba te sit in die kot, ek weet nie wat die naam is nie, die 2 langs kussingtjies wat verhoed dat hulle beweeg of rol, is dit regtig nodig, het julle dit gebruik?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account