file Oktober mammies 2010

16 years 2 months ago #94668 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi

Gerne, ek gaan moreoggend 08:00 vir die scan!

Ek dink die ligte aanlos is 'n man ding! My man sal ook alewig 'n lig aanlos, dan sit ek heeltyd agter hom af, en hy kannie verstaan wat die probleem is nie. :huh:

Maar dis omdat hy nie die water en ligte betaal nie, ek doen! :angry: Hehe, maar ek "nag" net baie oor die ligte, hy kom nou reg! :laugh:

Julle moet 'n lekker aand he, ek gaan nou groet!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #94643 by christadt
Replied by christadt on topic Re: Oktober mammies 2010
Gerne manlief se seuns doen dit ook! Sit al wat lig is aan en NIKS weer af nie! :huh:

Ek het ook agtergekom die seuntjie-klre is maar skaars in die winkels. Ek gaan kyk vir so 2 patrone en dan maar maak wat ek wil he. Pas maklik patrone aan om dit te verander. Ek wou nou die dag 'n dungaree-broekie met 'n t-hemp koop, maar die goed kos R70! Ek kan dit maak vir die helfte van die prys! :blink:

Helene ek wil ook graag 'n gas-stoof he. Ons soek nog maar rond, want dit moet in dieselfde gat as die ou stoof pas wat in 'n gat in 'n marmer-blad rus. Dit gaan ons nog redelik laat rondsoek! Ek wil die elektriese oond behou.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #94613 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re: Oktober mammies 2010
sjoe, christa, maar julle is omtrent goed met die spaar...dis n GROEN lewe, jy moet mos eintlik lap doeke gebruik!! :woohoo:

Gerne, my man is n regte handy man, so hy kan al hierdie gadgets installeer. Dis n timer wat hy by n elektriese plek gekoop het en op die kragbord by die geaser switch geinstalleer het. Ek kook heeldag ja, maar gebruik nie krag nie, ons het n gas stoof. En daar was ek darem nou gelukkig, gas se prys het baie afgekom!! Ek het ook n ketel wat ek op die gas gebruik - so daar spaar ek ook!

Christa, jy gaan die privaat kamer so geniet. Dit het laas soos n hotel vir my gevoel. En daai oomblike wat daar niemand in jou kamer is behalwe jy en jou baba is soo sooo kosbaar, jy kan hom net sit en bewonder!

Petro, jy is een van daai stunning swanger mammas wat net n balletjie vir magie het!! Jy lyk baie mooi!

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.


[/link]


[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #94597 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Wow christa, jy is 'n baie goeie voorbeeld, wat ons probeer doen is nie eers 'n druppel in die emmer nie.

weet wat my de hel in maak as ek mense kry (my swaar en my nefies) wat nie ligte agter hulle gatte kan afsit nie. ek loop regtig heel naweek en ligte afsit. nou verstaan ek nie worry my swaar nie oor sy rekening by sy huis en leer my neefs se ma hulle nie maniere nie :P

Carmen hoe laat gaan jy?

Ag jis ek is skoon jaloers - Pep cater NET vir dogtertjies. hulle het soos 3 rakke pragtige rokkies en kleure volle hempies dan hang daar een rak plein blou hempies vir die seuns. wtf. Daar is die cuteste groen en blou rokkies vir die girlies vir R29.
Gelukkig het ackermans cool seuntjie klere, hulle is party keer net so bietjie duurder :S

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #94580 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Dankie Carmen, ons probeer maar net op elke moontlike manier bespaar! Elke sent in jou eie sak help op die einde van die dag!

:P

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #94561 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Christa, weel done!!!


Laat sak ek nou my kop in skaamte, want ons doen glad nie hierdie tipe van goed nie...behalwe die ligte ding, ek is nogal erg daaroor! :blush:

Jy is 'n voorbeeld van hoe dinge baie beter gedoen kan word. :)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #94539 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Ons sit ons geaser manual an en af. Dit werk heel goed met die dat ek en manlief altwee sistematiese mense is. Wanneer ons van die werk af kom, is dit die eerste ding wat ons aansit vir +- 30 minute. En in die oggend wanneer ons opstaan is dit ook die eerste ding wat ons aansit en dan weer af net voor ons ry.

Verder brand daar net ligte waar ons is, die res is alles af. Die ketel kry net genoeg water vir die hoeveelheid wat dan benodig word.

Ons stort altwee in die oggend en die eerste koue water wat uitloop voor mens dit kan gebruik word in 'n emmer opgevang en dan weer in die toilet ingegooi sodra dit gespoel word. Verder het ons 'n 2500 liter tenk buite wat reenwater opvang in die somer en dan op die een toilet gekoppel word vir spoelwater. Ons wil nog 'n tenk koop vir die ander toilet ook. Dit spaar mens nogal baie.

En dan wil ons die wasmasjien se water ook probeer opvang om die stukkie gras nat te maak. Die seep wat daarin is, hou net die molkrieke en ander goggas weg, so dit werk alles heel goed uit!

Okay ek hou dadelik op met my lesing oor besparing! SORRY! :silly:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account