file Oktober mammies 2010

16 years 1 month ago #95061 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle

Die 4D was great! Sal vir julle 'n foto sit op my Gallery!

Sy het iets vreesliks beweeg! Het nie vir 'n oomblik stil gele nie. En sy gaap heeltyd en mens sien die tong te duidelik. Ek wens ek kon vir julle die DVD wys, maar nou ja :( Jy kon haar neusgate te mooi sien, an die hande is net heeltyd besig!! Dan is dit in die mond, dan op die gesig, dan is die vinger in die neus, dan lyk dit asof sy op haar vingers tel! :laugh:

Christa moet net doublecheck of hulle dit regtig geblok het. Myne het ook heeldag gewys blocked, maar dis maar net omdat die site mos groot probleme gehad het? Nou is alles weer reg!

Ek kry ook nou en dan hoofpyne, moenie worry nie, dit is nou beter as wat dit so maand terug was! Maar as ek hom kry, dan voel ek asof ek 'n baksteen in my kop het :( Dis maar alles hormone se die suster by die voorgeboorte klasse.

Gerne, hoop jy voel gou beter!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #95011 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
hi julle.

ai ek hoop hulle sort moomie gou uit.

Christa het laat weet hulle het haar moomie geblok by die werk so sy kan ongelukkig nie meer chat nie maar sal probeer in die aande ! :(

Carmen, hoe het dit gegaan????

Julle, ek is alweer vrot van die verkoue. Ek het gisteraand 9uur gaan slaap - all hunky dory en toe 12uur wakker geskrik en ek was SIEK :blink: My neus was geblok en het terselfte tyd geloop, ek het keelseer gehad en hoofpyn. ek klink omtrent dik vandag. ai. ek dink dis die simpel mense wat so heeldag in ons kantoor inkom wat die siektes hier in bring. hopelik sal panado my deur my verknorsing help!

Helene jy spaar baie met daai gas hoor. Ek skimp so vir 'n gas stoof - my man werk vir een van die grootste gas verskaffers in PTA - hulle verkoop die smart silwer oonde en hy mag gas verniet huis toe vat :woohoo: So ja, sodra ek sy base sien gaan ek lekker skimpe gooi :)

Ralmarie, dankie vir jou nommer! Is die kiddies beter?

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:

File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #94967 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re: Oktober mammies 2010
okay ek sit al reeds 20 minute hier, ek gaan nie eens facebook aansit nie, dan raak dit n uur. en ek moet nog by hospitaal uitkom.

lekker daggie vir julle. gesels weer more.

carmen geniet jou 4D! wil more fotos sien.

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.

[/link]

[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #94942 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re: Oktober mammies 2010
Christa, ek begin ook nou hoofpyne kry. En stem saam, panado doen niks vir my nie!! Ek dink ons moet maar gaan lê as ons so voel.

My gas stoof is die beste besluit wat ons nog ooit geneem het. My oond is elektries, maar die HOB is gas. werk soos n droom. Christa, gewoonlik is die hob's se onder kante wat in die gat moet pas standaard. julle behoort een te kry wat pas. en nou met die gas se prys was af is, is dit eers great. Die bottel wat ek gewoonlik koop het altyd R190 gekos, nou kos dit R145!! Wat n besparing!! Vir gewone huiskos maak ens hou so bottel jou baie lank, maar ek wat nou elke dag heeldag staan en kook, kom seker so maand en half met n bottel uit. (9kg bottel)

die plan is (was) dat ek my man vir lunch kry by hospitaal en dan gaan boek ons die bed, maar die potte staan en kook nog al te lekker hier, hoop ek kry betyds klaar.

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.

[/link]

[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #94771 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
More almal! Ek gaan liewer niks se oor slaap nie. :(

Ralmarie ek dink internet was oral 'n probleem. Ons het net so gesukkel hier by die werk. GAAN BOEK JOU BED VANDAG! :silly:

Carmen ek hoop Riley wys haar gesiggie mooi vir die 4D! Jy moet kom fotos post! Hoop jy het die DVD onthou. :huh:

Sukkel van julle ook met erge hoofpyne? Ek loop nou al drie dae met permanente hoofpyn. :( Het gister gevoel soos migraine, my oe wou nie eers fokus nie. En ek het geen sinus of sinus-drup of so iets nie. En die panando's help niks, dit troos net. :huh:

Hoop almal het 'n heerlike dag! :P

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #94769 by Kwaaitjie

16 years 2 months ago #94694 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo almal.

Sjoe my internet wou net nie vandag in Moomies in nie. En ek kon lekker heeldag omtrent niks doen nie en chat, maar nou ja.

Hier is my nommer : 082 859 8669

Carmen geniet jou 4D. :laugh:

Gerne lekker nou nie meer lank nie en jul is in jul eie plekkie. :P

Christa, Yipppiee vir daai ooievaars! :woohoo:

Elise ja jy maak ons almal nuuskierig. ;)

Heleen ek wil ook nog 'n gasstoof koop, dink dit spaar mens nogals. :)

Petro jou foto lyk mooi, ek sien net die baba walvis waar is die mamma? :lol:

Terloops my bed is ook nog nie geboek nie. Ek se elke keer ek wil en vergeet dan daarvan tot julle daaroor praat. :blush:

Ek sal maar liewer nie se wat ons op die plot vir krag betaal nie. :blink:

Lekker aand vir almal. Hoop my internet is more beter. :ohmy:

Toedels.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account