file Oktober mammies 2010

16 years 2 months ago #95295 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Ok, ek het gou nog 'n paar posts probeer lees...

Petro, jy lyk glad nie vir my na 'n walvis nie!!! Eerder 'n stylish preggie lady!

Ek sien ons krag is ook op die maand, nou weet ek hoekom, en dit na ek die vorige maand 'n baie lae rekening gekry het omdat ons al die ligte vervang het met energy savings lampe. En ons probeer regtig groen leef (sit nog nie die geiser af nie...) omdat ek 'n wetenskap onnie is en heeldag vir die kids vertel hulle moet groen leef!

Christa, jy moet kyk na daai bio-wash ball. Dis duur, R480 ek dink, maar jy gebruik dit in plaas van was poeier en dit hou iets soos 10 jaar. Mens moet blykbaar vir groter bondels 2 he, so die aanvanklike uitgawe is groot, maar dit sal jou plante bietjie spaar as jy die water in die tuin kan laat loop want dit bevat dan geen seep nie. Ons wil graag vlg maand so een koop, dit lyk of Stefan se velletjie allergies is vir was poeier.
Mens kan blykbaar net nie taai vlekke daarmee uitkry nie, maar daai moet mens maar in elkgeval vooraf bietjie in iets soak, so dis nie vreeslik abnormaal nie.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #95285 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle, ek was ook maar lanklaas hier en julle chat so baie, ek sal nie alles kan opvang nie.

Janine, eks bly jy is nou beter! Sterkte en hoop alles bly nou reg. Ja-nee, ek sal maar vinnig daai bed moet gaan boek!

Gerne, dis sleg van die ontvangsdame, hoop sy is ok, maar dit klink nie goed vir baba nie.

Christa, ek sien op die ouer posts van jou vriendin se kind. Dis verskriklik! Ek hoop sy kry haar krag van God, dis net Hy wat troos kan bring.

Petro, my due date is 5 Nov volgens my 12 weke scan (dr se dis die akkuraatste een) so dis waarvolgens ek werk. My ticker is nog op 7 Nov, maar ek los dit so sodat ek nie moedeloos raak as dit oor die tyd gaan nie... Ek dink wel sussa moet eerder einde Oktober kom, dan hoef sy nie haar verjaarsdag met iemand anders in die familie te deel nie. Dit voel alreeds asof my hele familie in die eerste week van November verjaar.

Ek het besluit ek gaan rasberry leaf tee drink van 34 weke af en evening primrose van 36 weke af om haar te help vinnig kom as sy wil. Hopelik mik ons dan vir 'n 38 weke swangerskap... Dit lyk darem volgens die scan of sy mooi groot genoeg is vir sulke stuff...

O, ja! Ek het toe daai preggie belly foto kompetisie gewen!!!!!!!!!!! Yipeeeeeee!!!!!!!!!!!!!!! Nou kry Claudia 'n oulike NOO wear outfit! Ek het gevra vir die ladybug of koei outfits, dis soooooo cute.

Na my laaste verkoue het ek net so mooi reggekom en toe tref 'n vieslike virus vir my en Johan Dinsdag. Ons was altwee heeltemal plat inni bed vir 2 dae! Gelukkig is Paulina terug want ons was defnitief nie capable om na 'n kind te kyk nie, dit was amper te veel moeite om dokter toe te gaan. Maar die dokter se dit lyk soos dieselfde simptome as varkgriep. Sy wou my nie tamiflu gee nie omdat my koors nie hoog genoeg is nie en dit nie heeltemal veilig is gedurende swangerskap nie, maar het gese as die koors nie afkom nie sal sy moet want die virus is gevaarliker as die antibiotika. Gelukkig voel ek vandag heelwat beter so lyk my haar judgement was reg gewees.

Hoop dit gaan goed met julle almal, sal more weer inloer! Ek kan nou nie meer wag vir my ooievaarstee Saterdag nie, eks baie opgewonde!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #95258 by Lily
Replied by Lily on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo julle!!!

Ek gaan nie eers probeer om alles te lees nie, daar's meer as 200 nuwe geselsies vandat ek laas gelees het. :)

Ons't 'n rowwe naweek gehad - Saterdag oggend was ek nog piekfyn met 'n effense pyn in my lae rug (ek dog dis 'n spier wat knyp) en so konstante drukking op my blaas, 11h00 het ek begin sleg voel (koors, naar, erge pyn in my sy) en 15h30 word ek toe opgeneem met urienwegobstruksie (heelwaarskynlik a.g.v. 'n niersteen) wat toe kompliseer het in 'n urienweginfeksie. Was vir 2 aande in Femina vir antibiotika deur die drip en darem Maandag middag weer ontslaan. Ilse genadiglik piekfyn en gesond deur dit alles!! (Dr. sê dit kan maklik kompliseer in vroeg geboorte so laat in die swangerskap, maar ek't glad nie kontraksies gehad nie).

My bed was gelukkig al geboek by Femina so die opname was vinnig (julle outjies wat nog nie geboek het nie - GAAN BOEK JOU BED!!!), maar my hospitaal tassie was nog non-existent, so ons was heel onkant gevang toe my man alles moes kom inpak by die huis. Hy dog byvoorbeeld daar is seep in die hospitaal en omdat sy hare kort afgeskeer is was 'n borsel glad nie prioriteit om vir my in te pak nie... :laugh: Gelukkig kon hy Sondag oggend alles bring wat ek toe nog nodig het.

So dames, prioriteite - PAK DAAI HOSPITAALTASSE!!! Dit gebeur vrek vinnig, as iemand Saterdagoggend vir my gesê het ek slaap die aand in die hospitaal het ek gedink hulle grap.

Right, so dis my storie vir die week, was tot gister nog op siekverlof en vandag weer rustig begin werk, voel darem al stukke beter!

Lekker aand vir julle!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #95230 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
haai julle, hulle het nou net ons ontvangsdametjie weggevat met die ambulans. sy het verskriklik gebloei. was 8 weke swanger maar het vir niemand gese nie. shame.

wel ek gaan groet, dis amper huis toe gaan tyd. toedels.

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #95187 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi

Gerne, ek verstaan van daai gums wat so bloei! Myne bloei al amper van die begin af!! Dis nogal scary as ek tandeborsel, ek gross my man lekker uit as ek hom wys hoe vol bloed dit is :laugh: Hulle se dis van hormone, maar hoofsaaklik oor die esktra bloed wat deur jou lyf vloei :-)

Ek begin nou dim en bright - ek wil nou huis toe gaan jong! :S

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #95181 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Helene - gaan boek nou daai bed jong, kom nou :P

Carmen, ek kan sommer klaar sien jou dogtertjie is te pragtig. en soos jy verduidelik klink sy lekker bedrywig!!!
Sy lyk sommer so petite op die fototjies! ek is so bly julle kon haar so mooi sien.

Ja Helene, ek het al gehoor van die neus bloei tydens swangerskap. my mond bloei weer so, my gums.

ek voel nog erger hoor, ek het net voor ete begin koors kry en my kop pyn so. as ek nies voel dit of my brein ontplof. as ek nie moreoggend beter voel nie gaan ek dokter toe, ek gaan nie kanse vat nie.

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #95166 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re: Oktober mammies 2010
gerne, julle het mos nou n nuwe huisie so jy sal defnitief n gas stoof moet kry. en veral as jou man gas verniet kan kry!! dammit man, dis mos n moerse bargain!

Ek het ook vandag weer n snaakse kwaal. Vanogg toe ek opstaan toe bloei my neus. Ek het gelees dit is ook met swangerskap te doen. maar dit was weird, my neus het op laerskool laas gebloei.

okay my kossies is gekook en ek is nou regtig op pad hospitaal toe. (om my bed te boek) !!

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.


[/link]


[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account