file Oktober mammies 2010

16 years 2 months ago #82395 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Hahahaha vir ou brombeer Gerne! Hoekom speel hy nie maar saam nie? :woohoo:

Helene jou magie is pragtig! 'n Regte swangermagie! :P Ek ken ook nie vir Lollos nie, maar ek het nog nie kinders nie, so dis my verskoning! :silly:

Ralmarie Ludwig is baie fluks om vir julle koek te bak! Helene ek stem ook vir die icing! Is mal daaroor! Veral as dit so ekstra soet is dat dit jou eintlik naar maak! ;)

Anina geniet daai fudge! Ek dreig ook nou al hoe lank om dit te maak! Dalk is hierdie die regte naweek daarvoor! Ek dink die neute sal goed werk. :cheer:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #82377 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re:Oktober mammies 2010
lol! Ek het ook nie geweet wie is Lollos nie!! Ek dink dit is dalk rerig 'n Kaap ding! ;)

Helene, jou maag is so oulik, het op FB gesien!

Ek is nou lekker lui hier by die werk!! :blink: Willie meer werk vandag nie!

Gerne, geniet jou troue! Ek love troues, dis altyd so lekker!

Ek het nou weer 'n make-up trial more, o ja, julle btw, ek was voor ek die laaste paar jaar my nuwe werk doen, 'n make-up artist vir 5 jar. So ek doen nogsteeds make-up na ure.

Daarna het ons 'n 21st aan Sat middag, aand!

Ek het mos nou Bavaria se no alcoholic beer ontdek en dis nou maar my nuwe drink ding! Het julle dit al probeer? Dis regtig lekker en dit het 0% alkohol in. En dit proe darem soos bier!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #82359 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re:Oktober mammies 2010
ralmarie!!! jy stel my teleur. weet jy nie wie's lollos nie??? Anina en jy??? Dalk is Lollos n kaap ding....

julle mis defnitief uit. Lollos is ons eie afrikaanse 'barney' hy sing liedjies uit ons kinderdae, soos bobbejaan klim die berg, pollie ons gaan paarl toe, en ook opwindende nuwe liedjies soos 'die krokkodille hoe maak hulle?" gaan kyk op hulle website:
www.lollos.co.za/
Die kinders is MAL oor lollos, Anina veral jou kleintjie is nou op n lollos ouderdom. (hy is nou nie die mooiste kreatuur ooit nie, maar die kids love hom, en dis seker al wat saak maak!!)

perto, jy moet lekker verjaar! julle wat so praat van die lewe begin op 30...wel ek is ook nou daar. en ja, as ek gedink het ek het geleef, moet ek nou wakker skrik, want NOU begin die dinge eers!!

ralmarie, ek comment nie eens op jou koek nie..lol nie JOU KOEK nie, die koek wat ludwig gebak het....mmmm ek sal nou n HELE bak icing kan verslint...

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.


[/link]


[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #82266 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re:Oktober mammies 2010
Ek weet ook nie wat Lollos is nie. Mis my seuntjie uit op iets Helene?

Ralmarie, julle moet lekker sjokelade koek eet! Ek gaan nou nou jou beskuitjie fudge maak, met neute ipv marie koekies, hoop dit werk!

Lekker skoonmaak Elise!!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #82261 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re:Oktober mammies 2010
Helene, jou magie lyk pragtig - so lekker rond ne!!!

Daar is nie 'n beter belegging as 'n ordentlike bed nie :)

Ons het 'n lekker bedrywige naweek voor, moreoggend gaan ons gou metro toe om die lap uit te kies vir die sitkamer gordyne, dan is dit ons vriende se troue, my man is best man en moet die heildronk op die bruidspaar instel, hy is vreeslik op sy senuwees.
Sondag het ons 'n 1ste verjaarsdag aan.

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #82198 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
Helene, wie of wat is 'n lollos?

Ludwig het lekker sjokolade koek vir ons gebak, so ons eet weer koek die heeldag.

Petro jy moet 'n fantastiese dag he more.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #82151 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re:Oktober mammies 2010
ek het vanogg n nuwe foto van my maag op my profile gesit, as julle wil sien.

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.


[/link]


[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account