file Oktober mammies 2010

16 years 2 months ago #83035 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re:Oktober mammies 2010
Dit is nogal stil ja, ek is lekker honger en lus vir beef stew. Lekker kook!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #83020 by Elise
Replied by Elise on topic Re:Oktober mammies 2010
ek wonder waar is almal hulle is nogal stil vanoggend. Wel ek gaan gou kos op sit ek wil lekker kook vir vanaand so ek gaan wortel pampoen gebakte aartappel en lekker beef roast maak yummmmmmmmmy.

Julle maak my jaloers wat so julle eie goed kan maak ek is heeltemal te dom daarvoor ek sal my vingers saam die goed vas werk lol

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #82958 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re:Oktober mammies 2010
Janine, die gordyne in die kamer is koningsblou en turqoise (spelling...), my plan is om die mure te verf en dan net so een of twee van die muur vissies op die bed ook te sit. Ek gaan die duvet oortreksel ook net koningsblou maak. Ek besluit nog of ek net strooi kussings gaan verf en of ek op die duvet self gaan verf.

Maar ek soek lap vir die cot bumpers ens, ek dink ek sal dit op die ou end maar plain pienk maak vir sussa, boeta se kot is blou en hy is al te groot vir bumpers, so ek sal net vir hom en sussa dieselfde kot duvetjies maak om die twee te bind. Dalk 'n lemmetjie groen? Sussa se kot is wit.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #82946 by Lily
Replied by Lily on topic Re:Oktober mammies 2010
Ja nee, die info wissel omtrent oor die trimesters. Die meeste bronne wat ek kon kry sê derde trimester begin einde van week 27 / begin van week 28, en dis net mooi waar ek nou is en dan was Saterdag presies 3 maande oor tot my due date, so ek's nou 3e trimester en klaar. :laugh: Gelukkig kan niemand stry oor wanneer die derde trimester eindig nie....

Anina, die vissies is regtig mooi! Ek onthou jy't gesê jy wil materiaal vir gordyne verf, gaan jy die mure ook verf?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #82918 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re:Oktober mammies 2010
Ek dink die 3de trimester begin by 28 weke, maar dit maak die 2de trimester soooooo lank!! Dis confusing omdat dit nie regtig 3 ewe lange trimesters is nie. 1ste een is 12 weke, 2de is 16 weke en 3de is weer 12 weke.

Ek sal maar in my kop hou daarby dat die 3de trimester op 28 weke begin, dan is dit nou lank maar die 3de trimester is weer kort!

Ek gaan die week my eie tassie begin pak, sal baba sin eers later pak, ek het nog nie genoeg klere en goed om daar in te sit nie. Maar ek begin nervous raak want my pelvis skuif al klaar en ek is bang die baba kom vroeg.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #82857 by Elise
Replied by Elise on topic Re:Oktober mammies 2010
toemaar nes julle is ek baie bly oor daai kamer want sjoe dit was baie deurmekaar en het soos n warehouse gelyk maar nou begin dit heel oulik lyk. Manlief was so verbaas toe hy by die huis kom en sien dit is so mooi skoon maar toe het ek ook n preek gekry want ek doen te veel op 1 slag en ek skyf goed wat volgens hom te swaar is en ek moet dit begin rustig vat want my tyd raak min en hy wil nie he ek moet seer kry nie. lol. o ja en ek het amper die huis se dak af geskree want ek het outfits vir baba uit gesoek om hospitaal toe te vat en ek soek toe babygrows en in my babygrow laai is daar is flippen dooie muis ek het amper n hartaanval gekry dit is iets waarvoor ek myself dood gril en toe moes ek maar wag tot manlief kom om hom uit te haal en gister het ek toe die kleure gesaok in die wasmasjien want ek gril my dood net om te dink daar was n muis daar in nou hang my hele sitkamer vol skoon baba kleure en dit ruik so lekker.

baie van die site reken jy is eers in jou 3rd trimester as jy 28weke is kan hulle nie hulle minds op maak nie of wat

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #82824 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re:Oktober mammies 2010
More julle!

Bly om te hoor almal het 'n lekker naweek gehad!

Anina, sjoe daai prentjies is baie mooi!

Well done Elise met jou kamer wat ook nou ampertjies heeltemal uitgesort is :woohoo:

Janine, geluk met die 3de trimester! Dis nogal confusing, want party bronne sien week 26 as die begin van 3de trimester en dan sien jy 27 weke as die begin van die 3de trimester?

Maandag oor 'n week het ek my eerste klas, ek sien vreeslik uit!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account