Hallo almal! Het 'n lekker wilde woeste dag, die dat ek nou eers inloer!
Ralamrie ek het daai lap gekoop! Was mal daaroor! Net uitgemis op die koorspen, my foon was by die huis.

Wat is die prys en tot wanneer is die special aan?
Anina, Ralmarie se lap winkel in Potch het wraggies "Under the Sea" materiaal ingekry! Dis die mooiste turqoise agtergrond met visse, seekatte, seeskilpaaie seesterre en skatkiste op. Ek het daarvan vir my duvet gekoop! My man wou hom doodlag toe ek uiteindelik tevrede is met die lap! Was omtrent soos 'n kind met 'n nuwe speelding!
Anina ek is mal oor daai laaste kamer se foto! Dis baie oulik gedoen!
Julle ek weet nou nie wanneer die derde trimester being nie, maar ek begin dit nou omwens! Hierdie baba druk my longe dood!

Ek loop 10 tree dan is ek uitasem! Dis vreeslik!

En ek het nog nie eers nagklere, pantoffels en wat nog alles nie! Kort nog 'n hoop goed vir baba ook! Het nog nie eers een vessie nie!

Hoop my sus gaan babatee reel! Ander moet ek maar die winkels invaar en gaan koop.
Elise, ek proe al daai kos van jou! Dit klink heerlik! Sulke lekker gebraaide aartappels en soet pampoen! Hhhhmmmmmmmmmmmmmmmmmmm!!!!!
Carmen ek gaan volgende Donderdag vir my eerste klas! Julie sin het mos deur die mat geval! Kan nie wag nie!
Janine jy was fluks met jou gordyne! Ek het by niks in daai babakamer uitgekom nie! Saterdag was net te dol!
Lekker dag almal!