file Oktober mammies 2010

16 years 2 months ago #82143 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re:Oktober mammies 2010
Ek slaap ook gelukkig nog lekker. Raak seker so 2/3 keer wakker vir n piepie, dis gewoonlik wanneer lance ook kerm of wakker is. Dink as hy deurslaap sal ek ook. Maar ek dink die lekker slaap is aan ons matras te danke. Ons het vroeer die jaar n kingsize bed gekoop met n ordentlike matras. dit was een van die 2 groot beleggings wat ons in ons huis gemaak het. 1.goeie matras & 2. leerbanke. Ons is elke dag dankbaar daaroor. Met lance het ek rugpyn gehad en my heupe het ook gepyn en ek was kort kort wakker, en ek dink ek kan dit gedeeltelik toeskryf aan die matras. Maar die keer, aaahhhh, ek slaap soos n baba en voel wonderlik in die oggende!!

Ons gaan more oggend n Lollos konsert kyk. Lance gaan iets oorkom, hy is n groot lollos fan. ek sien baie uit daarna om sy reaksie te sien....dalk moet ons maar vir hom n lollos pop kry.

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.


[/link]


[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #82130 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re:Oktober mammies 2010
Hi julle

Sjoe maar julle gesels iets ysliks!

Petro, jy moet jou bday vreeslik baie geniet!!!! :woohoo: Jip, volgende jaar is dit my beurt vir die groot 30!

Ralmarie, my man is ook 'n 77 baba :-)

Anina, ek hoop jy voel gou beter, le lekker innie bed, ek wens dis wat ek nou kan doen!

My man speel alweer golf vandag vir 'n golfdag, so hy is alweer 'n vreeslike happy chappy vandag! :laugh: As hy 24 uur 'n dag kan golf speel, dan sal hy!

Ek slaap weer heel lekker die laaste ruk en ek piepie weer minder! Maar vanoggend is ek weer al 5 keer toilet toe, so ek neem Riley is besig om met my blaas te werk! :silly:

Ok, ek loer weer later in julle!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #82076 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re:Oktober mammies 2010
Shoe 4uur is vroeg ne. Maar een van die dae gaan dit normaal wees vir jou om ook daai tyd wakker te wees :)

Jong, pappa is maar 'n ou brom beer in die nag so hy is nie mal daaroor as ons hom pla nie maar ek weet nie hoekom kla hy nie, hy staan eers 7 uur op in die oggend en 20 oor is hy by die deur uit werk toe. so hy kry genoeg rus LOL

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #81978 by Elise
Replied by Elise on topic Re:Oktober mammies 2010
ag nee lyk my nou is julle weer almal weg dan moet ek mmar aangaan met die skoon maak as julle te besig is

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #81939 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
Nou ja, ek gesels weer later, moet eers bietjie aangaan hier.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #81924 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Gerne ek spasieer ook nou my etes meer. Probeer maar elke uur so happie vat anders is ek so ongemaklik ek wil bars! :(

Ek slaap nogal nie te sleg nie! Het gisteraand 'n kontinentale kussing onder my gewone kussing ingesit en dit voel of my heupe minder seer word. Sal maar sien! Piepie net omtrent 6 keer elke nag! :huh:

Ralmarie sterkte vir die kamer situasie! Dis seker 'n konsternasie om te slaap in daai min spasie!

Anina sluk daai vit C en bly in die bed! Dis gaaf dat jou hoof so uitkyk op die situasie het! Dalk omdat dit 'n vrou is verstaan sy beter! :P

Gerne wat se pappa as jy en Henko so hare speel in die nag en hy wil slaap? ;) As hy kla se hy moet maar saamspeel! Ek hou ook van daai smooze knoppie, net jammer my man het nie een nie! En hy begin al van 4uur af "lui"! :blink:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #81913 by Elise
Replied by Elise on topic Re:Oktober mammies 2010
Julle laat my nou soos n skool dogtertjie voel hier tussen julle want ek is n '87 baba lol

Wel ek het die energie vir die skoon maak so ek doen dit maar terwyl ek nog kan manlief het gese van volgende maand af moet ek dit kalm vat en nie meer so aan gaan nie. ek wou my tannie se huis hulp gevra het om my te kom help om die kombuis te doen laar volgende maand maar ja kyk nou het ek dit sommer kla self gedoen. dis net asof daar nie keer is aan die skoon maak nie maar ek sal net nog vandag skoon maak more sal ek dalk net stryk en dan die res van die dag loaf alhoewel manlief werk so ja home alone again 4 me

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account