file Oktober mammies 2010

16 years 3 months ago #64904 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re:Oktober mammies 2010
Hi julle, wat 'n dag! Ek is soooooo emosioneel vandag, ek bars sommer in trane uit vir niks en voel net lus om in die bed te klim en nie weer op te staan nie...

Ek kon nie vir Stefantjie sy inentings laat kry nie, want die stupid opsie wat ek gekies het op die medies, dek nie inentings nie. Mens kry dit mos gratis van die staat af, net jammer geen van die klinieke in ons area doen die staat inentings nie. Toe ek die medies bel om te vra waarheen om te gaan, toe se die girl ek moet hom na 'n staat kliniek toe vat. Die enigste een waarvan ek weet in Randburg, is die Randburg community clinic, dis net so goed ek gaan na 'n staats hospitaal toe! Rye en rye vuil stoele om op te sit, dodgy personeel wat nie Afrikaans verstaan nie, ek sien net nie daarvoor kans nie. So nou gaan ek maar later in die week Pretoria toe ry om dit te doen by my sussie se kliniek in Moreletta park, my sus se hulle doen byde die staat en privaat inentings... Wat 'n missie!!!

Hoop dit gaan goed met julle almal! Ek is seker ek sal more weer beter voel en minder tranerig wees. Maar vir nou gaan ek inni bed klim en boek lees...

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #64537 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re:Oktober mammies 2010
ek gaan eers my dag afsluit. gesels weer more met julle. lekker aandjie. hier in die kaap gaan ons maar koud kry vanaand!!

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.


[/link]


[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #64512 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Hi almal, kom loer net gou in om hallo te se! Het 'n wilde woeste dol deurmekaar maaneinde! Wil al weghardloop!

Helene, ons het jou ook vreeslik gemis! Bly julle het dit so geniet op die plaas! Ek droom ook van bly op 'n plaas, weet nie of dit ooit sal realiseer nie!

Carmen, jy is glad nie vet nie! Ek het al jou fotos bestudeer en kan regtig nie eintlik vet daar sien nie! Jy het 'n mooi skraal lyfie, so hou op stres! Jy sal nog vir Riley goed voel, glo my! Mare skop my dat ek hop! En dit word elke dag erger, het nou die dag eintlik gekrul toe Mare hier reg langs my naeltjie vastrap en weier om sy voet weg te vat! Dit was nogal seer! Ek begin hom nou al hier onder die ribbes te voel! En dis nogal eina!

Petro, geniet die regmaak vir daai opname! Klink na groot werk!

Gerne, sterkte met daai geswelde voete! Kan nie lekker wees nie!

Janine, ek gaan net vandag daai boekie koop! Is baie nuuskierig vir die inhoud!

Anina, bly daai vissie was heerlik en sooibrand vry!

Leker dag en aand verder! Gesels weer more met julle! :P

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #64506 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re:Oktober mammies 2010
ek kon nog heel ogg nie inlog by moomie nie?? ek vandag weer so bedrywig!

Petro, good luck met die Ontbytsake...dis mos daai girl wat so lekker brei..."bggy" ek lag altyd lekker vir haar. in watter dorp is julle, hulle is mos gewoonlik in n sekere dorp en watse besigheid?

julle die reen val nou weer hier neer!!

Ek het gister my lapdoek gekry. Anina, Elise. Julle moet die een uitcheck!! Ek is MAL daaroor, en dink dis baie cool. www.bamboobaby.co.za/ Anina, ek weet jy maak jou eie, maar ek is nou nie so handig nie.

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.


[/link]


[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #64336 by stella
Replied by stella on topic Re:Oktober mammies 2010
hallo julle

jammer ek is so stil

dis malhuis hier by ons. Ontbytsake van Kyk-net kom donderdag ons besighede verfilm vir uitsending , so almal hol rond om seker te maak als is 100%

Julle kan gerus kyk op 17Julie - dis wanneer die uitsending is

gaan goed met my en baba. ek voel regtig nog nie baie skoppe nie, raak soms bekommerd, maar ek voel so nou en dan net iets soos 'n jelly vis in my maag

hoop dit gaan goed met julle almal

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #64221 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re:Oktober mammies 2010
Hi helene, jy was omtrent skaars.
jou dag saam met lance klink sommer wonderlik, ai dis sulke kosbare tyd ne!

jy is gelukkig dat alles uitgesort is!

Lily, dit moes baie weird gevoel het op die naeltjie ne!

Carmen, weereens, moenie worry nie. ai ek weet jy wil haar so graag voel maar een van die dae gaan jy net een vet skop voel. en jy lyk pragtig - jy is nie groot nie hoor, jou verbeelding.

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #64079 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re:Oktober mammies 2010
Carmen, dit beteken jou man is nou 2 weke van die huis af weg. ai, sterkte vrou. ek kan nie eens n nag sonder my man nie. (ek is hopeloos te bang)
Ek is seker daai wat jy gedink het jy voel WAS baba. Ek het ook net so elke nou en dan iets gevoel, en was nooit seker of dit nou wel baba was nie. Ek wou elke 2de week dr toe om te kyk of alles nog reg is. En dis defnitief nie oor jy te vet is nie!! Jy moet nou ophou om jouself so vet te praat...ek het al na jou fotos gaan kyk, jy lyk goed!!

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.


[/link]


[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account