file Oktober mammies 2010

16 years 3 months ago #62751 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re:Oktober mammies 2010
More julle!!

Mensig maar ek het soos 'n klip geslaap!!

Maar ek is vreeslik bloated vanoggend, voel soos 'n walvis! :X

Ek gaan verseker daai fudge maak, sal net moet eers gaan ingredients koop!

Aai Gerne, maar jou DH klink vir my bietjie besluiteloos! ;) Ek dink nou weer Lemke klink na 'n vreeslike sterk naam en dis sooo uniek!! Maar nou ja! Dalk moet jy net jou voetjie begin neersit! :laugh:

Julle moet 'n lekker daggie he en ek loer nounou weer in!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #62732 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re:Oktober mammies 2010
Goeiemore

Jis ek het vanoggend gesukkel om uit die bed te kom, is altyd maandae so lui! daai foon van my is ordentlik gesnooze!

Anina, oe daai koek lyk soet maar SO lekker!!! :woohoo: Baie well done vir jou eerste try man. dit lyk pragtig. bly die dag het goed verloop.

Carmen, as jy easy fudge recipe search kry jy baie maklike vinnige reseppies!!!

Ralmarie, shoe daai klink lekker ne. ek dink ek gaan dit een of ander tyd bietjie probeer. ek het bietjie erg gekroek die naweek, choccies choccies, choccies!

More Petro, hoop jy het ook 'n lekker week. :)

Waar is Helene en al die ander girls, hulle was almal so stil laas week?

Christa kon jy toe regkom met die lap?

SO....... we are back to the drawing board :angry: DH voel dat Lemke vir hom te 'sag' is so hy wil nou weer 'n ander naam kies. Grrrrrrrrr........

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #62627 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
More almal! Hoop julle het die naweek geniet en lekker gerus!

Ralmarie, bly jy is terug op die lug na daai transformer geblaas het! Ek gaan iewers die week daai beskuitjie fudge maak. Dit klink heerlik en vinnig! Is jou oond al reg?

Anina, is mal oor Stefan se verjaardagkoek! dit het regtig mooi gekom! Ek kan nie wag om hierdie seuntjie se eerste verjaardagkoek te bak nie! Gaan groot werk wees met hom en pappa wat saam verjaar! Maar GROOOOOT pret! Wat van neute in plaas van Marie beskuitjie vir jou fudge?

Lekker dag vir julle almal! Ek loer weer later in!

:P

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #62600 by stella
Replied by stella on topic Re:Oktober mammies 2010
MOre moomie mammas

hoop julle het 'n lekker week

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #62533 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re:Oktober mammies 2010
Oe, Ralmarie! Daai is 'n reseppie uit my kinderdae uit!!! Ek kan dit nie meer eet nie agv die marie beskuitjies, maar ek kan dit sooooooo goed onthou! Ek gaan kyk waarmee ons die koekies kan vervang dan gaan ek dit more maak. Ons het die Allegaartjies genoem.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #62527 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
Beskuitjie fudge is BAIE maklik:

Smelt die volgende saam:
1 Pak versiersuiker (500g)
2 E KAkao
1/2 blok margarien (250g)

Klits dan 2 eiers en meng met bietjie van die mengsel. Roer dan in by die mengsel.

Maak 2 pakkies Marie beskuitjies fyn en roer in die mengsel in.

Druk vas in pan. (Ek gebruik 'n oondpan- dis net die regte hoeveelheid)

Laat afkoel en sny in blokkies.

En dis klaar.

Ons het ons pan omtrent al klaar. Ek dink dit sal binne die volgende 1/2 uur leeg wees.
:P

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #62497 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re:Oktober mammies 2010
Hi

Ag die koek is baie oulik Anina! My mieliebrood het ook heerlik uitgekom!!

Nee Ralmarie, nou maak jy my baie lus!!!

Hoe maak mens maklike fudge?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account