file Oktober mammies 2010

16 years 3 months ago #61530 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re:Oktober mammies 2010
Christa, ek werk naby metro, so 10 blokke so ek ry partykeer sommer in etenstyd soontoe. ek sal ook enige tyd help as jy wil hoor!

Oe lekker Lily, daar is niks mooier as gehekelde goed vir babas nie (okay ek voel so :) ). veral die klein skoentjie sokkie goedjies, hulle voetjies lyk SO DIERBAAR in dit!

Ralmarie, baie dankie vir jou raad jong, sal maar hoor wat die dokter se vandag.

Ek gaan hom gou sien so half een, dan gaan ek salon toe vir 'n long overdue highlites en definitief 'n lekker chocklit kry, ek verdien dit (die chomp was bietjie klein :) ) En hopelik is ek vroeg genoeg by die huis om nog 'n uiltjie te knip.

Sherbet Christa, 12 weke, nee hel dis te vinnig :)

Jay Carmen, nou gaan jy weet waarna om te voel en ek glo jy gaan elke dag net al meer en meer voel!

Ja Anina daar is baie om te doen maar mens kan dit ook so vinnig uitsort ne. moet net nie wag tot die einde nie, nou nou kom sy vroeer :woohoo:

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #61523 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re:Oktober mammies 2010
Lol, ek hoor dit kan nogal seer wees as hulle jou ribbes so skop! :laugh:

Ek sal laat my man 'n foto neem as hy terug is!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #61492 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
Christa ek het gereply.

Carmen ek is saammet jou in die so groot soos hulle almal saam.
Ek kry net nie foto geneem nie.

Toedels vir eers. :P

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #61477 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re:Oktober mammies 2010
More julle!

Petro jy kan gerus vir my van daai fudge stuur!

Annalize, ons bly in die Noorde, in Broadacres.

Christa, daar is 2 Metro takke waarvan ek weet, ongelukkig is hulle alby in Pretoria. Die een waarna ek gewoonlik gaan is in Pta Oos by Menlyn retail park. Dis 'n huge winkel met meestal lappe maar soos alle plekke wat deur Indiers gerun word is daar alles onder die son, lappe, skoene, wasmasjiene, alles!! My ma sleep my gereeld soontoe, dan knou dit gewoonlik my beursie erg soos sy my geld spend op al die lappies wat sy vir my kiddies aanmekaar wil werk... Ek knyp maar net oe toe en bid ek kry ook 'n toppie of twee uit die deal uit!

Carmen, eks bly jy voel vir baba, en ek is seker dit was baba. Die bewegingtjies is nie altyd so opvallend dat dit mens tot stilstand ruk nie. Ek voel vir Claudia meestal net as ek le of sit en ontspan, terwyl ek besig is kom ek niks agter nie. Geniet dit, een van die dae skop Riley jou ribbes af!

Ek is so bly ek is darem ook nou aan die aftel met die tyd tot baba gebore word. Nog nie naastenby so naby soos Christa nie, maar ek is (vlg die laaste 3 sonars...) vandag 21 weke, so daar is nog 19 weke oor!! O gonna, so baie om te doen in 19 weke! Ek sal moet ophou klets en begin werk!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #61459 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Ralmarie wil more daai belt gaan koop. Dankie vir die sterkte! PM gestuur. Sterkte vir daai terugpak, span maar die kleinspan in! :laugh:

Carmen so bly jy voel eindelik vir Riley! Voor jy mooi weet is dit sulke wilde skoppe wat nogal seer kan wees! Ja, ek het met 'n skok besef hoe die tyd vlieg! Voor ons weet is ons almal mammas! :woohoo:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #61449 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re:Oktober mammies 2010
More julle girlie wirlies! B)

Anina, jy lyk baie oulik en ook soos 'n kraak innie muur! :laugh: Ek vermoed ek is omtrent so groot soos Gerne, Petro en Anina saam! ;)

Ekke het gisteraand biet jie Chinese take-away gehad, was baie yummy!!

Annalize, toemaar ek het klaar ietsei lekkers op hierdie Vrydagoggend! Ons canteen maak sulke heerlike vuurwarm vetkoekies met jam en botter of kaas en ek het een verslind vanoggend! :blush:

Ok julle, ek voel nog nie regtig die baba nie, maar ek het vanoggend in my bed tjoepstil gele en regtig prober konsentreer en ek dink ek het ligte beweging gevoel! Ek kon my verbeel het, maar ek dink ek het iets gevoel! Dis nou nog skoppe soos julle almal al voel nie :( maar dis darem iets!!

:woohoo: Jislaaik Christa, Mare se geboorte is om die draai!!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #61444 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
More almal.

Ek gaan maar skaars wees soos gewoonlik. Moet nog alles terugpak vandag. :dry:

Annalize geniet dit, sjoe wens my man wil so oulik wees.

Gerne sterkte met jou keelseer, ek dink nou net aan iets, het jy al Vinceel probeer? Dis natuurlik en ek gebruik dit. Dink dis 'n homopatiese middel. Ek koop dit sommer by Clicks. Op die bottel staan die volgende: Relief from sore throat - Gingivitis- Pharyngitis - Painful dentition- inflamation of the eustachian tube and middle ear.
Weet nie hoekom ek nie vroer onthou het nie.

Lily lekker naweek vir jou.

Christa sterkte met daai rugpyn. Het jy al 'n band gekoop om te dra? Ek kan nie onthou nie. Ek het sommer 'n goedkoop een by Diskem gekoop en dit help so bietjie. Enige nuus oor more?

Lekker dag verder almal.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account