file Oktober mammies 2010

16 years 3 months ago #62496 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
Anina dis 'n baie mooi koek.
Nou is ek lus vir koek.
Ek dink ek moet beskuitjie fudge gaan maak. Dis lekker vinnig en proe lekkerrrrr. :woohoo: :woohoo: :woohoo:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago - 16 years 3 months ago #62469 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re:Oktober mammies 2010
Hi julle, hoop julle het 'n heerlike naweek sover!

My Saterdag was uiters rof!!! Stefan se partytjie was baie cool, maar die mense het nie mooi verstaan wat beteken 11 to 1 nie... Van die mense is eers half 4 weg en ons het 4 uur 'n ander afspraak gehad. Toe kuier ons gisteraand by my niggie tot wie weet watter tyd en arme Stefan is so deurmekaar van al die suiker dat hy nou nie eintlik lekker geslaap het gisteraand nie. Maar ek is trots op myself wat die eerste partytjie oorleef het sonder te veel dramas. Ek het net so 'n skelm traantjie weg gevee toe ons vir hom sing.

Kyk my cool karretjie koek! Ek het dit self gebak en versier, dis nou nie profesioneel nie, maar my eerste poging so eks baie trots daarop!!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #62452 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re:Oktober mammies 2010
More julle

Ek dog ek loer gou in, lyk my dis maar baie stil!

Gaan maar net rustig wees vandag en bietjie wasgoed was! :)

Het gister weer 'n vet hoofpyn gehad, dit was goor! :(

Ok, lekker daggie vir julle almal!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #62254 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
Nou ja my internet was af nadat 'n transformer geblaas het en die hele dorp sonder krag was.

Lekker naweek vir almal al is jul nou al weg.
Sal bietjie oor die naweek inloer.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #62190 by Cornel
Replied by Cornel on topic Re:Oktober mammies 2010
Nig kyk gou gou jou pm!

File Attachment:


File Attachment:


Probeer vir baba van 2007.......
2008 1ste Miskraam - Normaal
2009 2de Miskraam - Chemiese
24/06/2010 ~ BFP!
Ginekoloog afspraak~ 26 Julie 2010
2010 3de miskraam - Ektopies (buisswangerskap)
21/10/2010 ~ Begin Femodene vbpilletjie drink
04/12/2010 ~ Los Femodene begin Ginette vbpilletjie drink.......

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #62060 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re:Oktober mammies 2010
Hi julle

Jip, julle moet almal 'n besonderse lekker naweek he!

Ek bak 'n mieliebrood vir 'n braai more (julle en bak NOOIT NOOIT iets in my lewe nie) so kom ons hou duim vas dit gaan eetbaar wees!

Sal oor die naweek weer inloer! :P

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #62034 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Dames geniet almal julle naweek! He hope pret en rus genoeg! Doen alles wat julle beplan het, moet dit net nie oordoen nie! Pas daai pensies en hul inhoud mooi op! Anina en Carmen probeer tog om die naweek van die vloer af te bly! Netnou is daar erger blou kolle en seer lywe! :laugh:

Ralmarie hoop die skool / studeerkamer is reg na die naweek! Geniet dit in elk geval! :P

Helene en Elise, hoop ons sien julle ook weer Maandag! Ons het julle gemis vandag! :huh:

Annalize, onthou daai voor en na make-over fotos! Ons kan nie wag nie! Is sommer almal jaloers ook! :silly:

Petro, onthou Anina se fudge! ;)

Sien julle weer Maandag! :woohoo:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account