file Oktober mammies 2010

16 years 3 months ago #61434 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Woohoo!!! Oor twaalf weke en vier dae (88 dae) word Mare du Toit gebore! Ek kan nie meer wag nie!!! :woohoo:

(Vir die wat gewonder het, ek is verveeld!)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #61410 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Dankie Janine sal so maak. Lekker naweek en lekker rus! ;)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #61401 by Lily
Replied by Lily on topic Re:Oktober mammies 2010
More almal,

Ja nee Petro jou stouter wat ons almal so lus maak - jy sal maar moet aanstuur... ;)

Ai Gerne, gaan apteek toe en dan klim jy terug in die bed jong. Jy moet nou begin beter raak.

Christa, dis Metro Home Centre in Pretoria Middestad. Enorme verskeidenheid! Weet ongelukkig nie of hulle nog takke in res van die land het nie. :( Jy moet wraggies laat weet as jy nie regkom by julle winkels nie, dan kry ek vir jou foto en prys van hulle "under the sea" materiaal.

Anina, jou ma klink baie fluks. My ma het my so verras laasweek, kry ewe 'n sms om te hoor watse kleur wol sy kan koop om kombersie te hekel - het nie eens geweet my ma kan hekel nie en ons het defnitief nie groot geword met hekelpenne in die huis nie! :laugh:

Ek groet solank vir die naweek as ek nie weer tyd vir gesels het nie - soet wees, geniet dit en lekker rus! :silly:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #61390 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Nou waar is al die Oktober moomies vanmore? Dis Vrydag, julle is veronderstel om 'n hond uit 'n bos te gesels! :huh:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #61358 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
O ja Gerne, daar word beweer dat intelligente kinders bietjie later begin praat. En moenie dink hulle kan nie, hulle wil net nie! Henko gaan jou eendag net uitboul met vol sinne! :laugh:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #61341 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Goeie more almal! Jippieeeee dis Vrydag! Uiteindelik! :woohoo: :silly: :side:

Alweer rugpyn gehad! Uuugghh!!!! Sal seker oorleef. :(

Janine, moenie bekommer nie oor die gordyne nie, ek is bly jy het toe reggekom! Dis beter as om oor so afstand iemand met so iets te probeer help! Waar is hierdie Metro waarvan jy en Gerne praat? :cheer:

Annalize, geniet daai groot bederf vandag! Jy kan nog altyd 'n lae toppie aantrek, dra net 'n baadjie wat los hang bo-oor. Onthou om 'n foto te kom opsit! :woohoo:

Ai Gerne, dat jy nou so met die sinus moet sukkel! Hoop jy voel gou-gou beter! :) Ek het geen idee wat se blou goo jy van praat nie. Seker te oud! :blush:

Petro wens ons kon almal van jou plaasoom se fudge kry! Tuisgemaak is darem baie lekkerder as winkel-fudge! Geniet dit maar namens ons almal! Onthou net om Anina sin te stuur! :whistle:

En vir almal 'n heerlike dag! Onthou om Annalize se raad te volg en iets lekker te eet vir Vrydag! :P

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #61265 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re:Oktober mammies 2010
hallo dames

shoe ek lyk sleg vanoggend, opgestaan met bloedbelope oe wat geen druppels wil wegvat nie. shoe ek lyk sleg en voel sommer sleg, almal kyk my so aan LOL

ek gaan vanmiddag gou 'n voorskriffie kry vir my seer keel, die apteker se ass, daar is iets wat mens kan gebruik, hy was net lus om misluk te wees :blink:

oe lily, ek love metro, ek gaan sommer nie eers meer soontoe nie want ek soek iets klein dan stap ek daar uit met materiaal wat niemand weet wat ek meer gaan maak nie :laugh: Hulle het net die mooiste goed hoor.

Gelukkig kon ek my inhou gisteraand en het die fudge geskip, ek het wel 'n chomp saam my laaitie gehad maar dis nie so erg nie ne :woohoo:

ja petro, as mens alleen is kry mens baie meer gedoen. dis party keer lekker ne, maar net 'n dag of twee, nie te lank nie!

Oe Annalize, wat het jy gedoen dat jy so bederf word LOL :laugh: Jy is omtrent gelukkig. dit klink lekker, geniet dit hoor. en ja, stuur bietjie 'n foto asb!
ja die kids is so anders, my vriendin se seuntjie is ook Jan gebore, henko het sy eerste 2 tande op 5mnde gekry en moet nou net nog 4 sny. haar seun het sy eerste tand eers na 'n jaar gekry en moet nou nog 10 sny. maar - haar seuntjie praat al meer as 50 woorde en se al sinne en henko praat nie veel nie, seker 5 woordjies LOL. dis eintlik so lekker want sy stel my altyd gerus as ek worry oor sy spraak en dan stel ek haar weer gerus as dit kom by die tande, kids verskil maar almal!

snaakse ding wat ek nou wil vra..... ons het op skool sulke blou goo goed meer gespeel, ek praat van laerskool dae. dis sulke blou jellie tipe snottie tiepe goed wat jy so op die papier sit en dan kan jy nou jou prentjie met jou vinger teken en dan dink ek word dit hard. weet enige iemand waarvan ek praat LOL :silly: Ek soek die resep van dit!!!! ???

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account