file Oktober mammies 2010

16 years 4 months ago #54611 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
En daar is almal al weer weg! :(

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #54586 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Helene, baie bly dit gaan goed met mamma en Stefan! So bly jou man het ingestem vir die naam! Nou moet ons net duime vashou vir Ralmarie se Andrico! Op jou vraag van dei borste wat lek, nee darem nog nie. Ek het iewers gelees dat dit nou enige tyd kan begin, maar ek sien nog niks nie. Ek kan ook nie wag vir Oktober nie! Dan hou ek hierdie ou klein babatjie vas! :woohoo:

Gerne, swart ryp is gewone ryp wat saam met 'n ysige vind gebeur. Dit knou nie net die plante nie, hulle vrek sommer op die plek! Snaaks genoeg oorleef die gras dit gewoonlik, maar die arme struike en goed vrek alles op hope!

Petro, ek het ook 'n sakkie van daai tee saam met 'n tydskrif gekry. Is nog bang om dit te probeer, die gemmer doen dit nie vir my nie. En ek is so bang vir die sooibrand!

Gerne, geniet jou afspraak vandag! En onthou om te kom vertel!

O ja, amper vergeet ek. Ek het gister amptelik begin om Mare se kamer en kaste uit te sorteer! So jippieeeee en hoeray vir my! Arme manlief wou nog protesteer toe se ek net nee, ek begin nou dadelik. Toe moet hy maar net inval en help, want hy is so bang ek maak my seer of iets! Ag hy is so dierbaar!!!

Anina en Ashleigh, wanneer verjaar julle. Ek het vir ons 'n verjaardag lysie opgestel, maar kort nog julle datums saam met 'n paar van die ander sin.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #54549 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re:Oktober mammies 2010
Hi julle!

Petro, julle moet die af daggie more geniet!!

Ralmarie, dankie vir die lysie, ek is nog skaars hier en my naam is al op. Ek voel geeerd!

Ons het ook gister lekker niks gedoen nie, maar wel al die hot chocolate op gedrink, nou het ek net tee vir vandag en die melk is ook op so alles is swart...

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #54484 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re:Oktober mammies 2010
n vragie vir julle:

Lek enige van julle borste vloeistof?

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.


[/link]


[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #54481 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re:Oktober mammies 2010
môre môre!! ;)

Ek kan nie wag vir Oktober nie, dan sal die weer beter wees en ons almal kry babas! Ag dit was so lekker by die dr, ons seuntjie is te mooi, alles in plek en baie lewendig! My suster het saamgegaan, want my man het toe n vergadering in daardie tyd. Na die bevestiging van n seuntjie, het hy sommer ook ingestem dat sy naam Stefan kan wees. Jipppeee. Lance en Stefan Swanepoel. My 2 seuns!!

Oe, ek scrapbook nou elke aand te lekker. Lance se boek is nou amper klaar, dan kan ek een vir Stefan begin....(ek begin by sonar fotos, so ek sal n halwe blad kan maak.)

Ek wil actually weer die kamera se fotos aflaai. Ek het nou die dag weer my maag afgelaai en nog nie tyd gehad om dit op te sit nie. sal kyk of ek dit nou nou kan doen.

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.


[/link]


[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #54400 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re:Oktober mammies 2010
goeiemore julle

shoe maar dis koud daar in die NKaap en Nwes! Flippit. dan is ek maar bly ek sit in die stad :)

petro, ek het nog nie daai tee probeer nie, het 'n sakkie by die huis. ek hou van gemmer maar nie te sterk nie. Sal laat weet wat ek daarvan dink ;)

Christa, ek het nog nooit swart ryp gesien nie. shame, arme grassies!

ralmarie, dankie vir die lysie!!!

helene, hoe was jou afspraak Dinsdag? Ek gaan vandag, jippie yay!

Annalize, bly dit gaan goed met klein G in die pensie!!! Solank hy gesond is is dit seker okay dat hy bietjie kleiner is of hoe? Shame mamma, dis nog maar klein ne!

Carmen. Hoop jy het al die wasgoed oorleef.

Ons dag gister was SO LEKKER. ons het absoluut NIKS gedoen nie :P Matras voor die tv, gas heater aan die heel dag en flieks gekyk. Henko het so 2 ure buite gespeel maar toe is dit ook te koud toe moes hy inkom.
O en vanoggend toe bel ek half tien toe slaap die klein klits nog, van gisteraand half 8 af. Vanaand slaap hy weer nie :). Die bersies was seker net te lekker!

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #54283 by stella
Replied by stella on topic Re:Oktober mammies 2010
ek het nou net 'n koppie van purity se tea vir pregant women gedrink. die rooibos en ginger. ek hou actually nie so baie van die gemmer smaak nie

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account